{"title":"AKTV 26 Afrikaans Fiksie","description":"","products":[{"product_id":"9780795710346","title":"Geheim van die Gruwelsand","description":"Moordenaars. Afpersers. Nazis in die Namib. En dis by verre nie die ergste waarmee die diamantsmokkelaar Barra Nel te kampe het nie. Nie as die Nazi-navorsers se eksperimente skeefloop en liederlike gedrogte in die woestyn ontketen nie. Hy moet wegkom. Maar wat dan van Hedda, die Duitse laboratorium-assistent wat allerlei lyflike fantasieë by hom wakker maak? Geheim van die gruwelsand is ’n barre konkoksie van lekkerlees-genres: ’n skop-skiet-en-wonder-storie.","brand":"Zirk van den Berg","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":45858512109886,"sku":"9780795710346","price":145.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0784\/4357\/7662\/products\/9780795710346_3e0e04d7-9611-4814-9172-6ff4df6b8ed4.jpg?v=1707327369"},{"product_id":"9780798180856","title":"Somtotaal","description":"Ester Labuschagne en Nonthando Majolo het saam groot geword op 'n afgelee plaas in die Oos-Kaap. Boesemvriendinne gewees - tot een dag van verraad. Nou, soveel jare later, met Nonthando se dogter Mila self al 'n volwasse vrou, kom spook die verlede by Ester. Sy besef sy kan nie langer hul geheime met haar haar saamdra nie.    Met Somtotaal vestig Troskie haar opnuut as meevoerende skrywer. Dit is 'n storie wat geen leser onaangeraak sal laat nie.","brand":"Anchien Troskie","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":45861388419390,"sku":"9780798180856","price":130.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0784\/4357\/7662\/products\/9780798180856_52d9b5d2-5b93-4467-8b8d-90b6e1284fc6.jpg?v=1707328414"},{"product_id":"9780798182096","title":"Kies-jou-avontuur 3: Die gevaarlikste fliek op aarde","description":"Dieter is 'n ware fliekvlooi. Maar gaan al sy filmkennishom help as 'n hologramreus hom en sy tweelingbroer, Darius, na 'n virtuele fliekwereld ontvoer? Hulle moet van ruimtewesens, booswigte en monsters vlug, saam met 'n superheld veg en nog meer - alles om vier fliekkaartjieste vind en te ontsnap. Maar wat het die ou wetenskaplike in die spookhuis op die bult daarmee te doen?  'n Kies-jou-eie-avontuur-storie propvol avontuur en naelbyt-aksie!","brand":"De Wet Hugo","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":45861397397822,"sku":"9780798182096","price":75.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0784\/4357\/7662\/products\/9780798182096_1d4b8578-4608-4c21-ae7e-79b291a50fe6.jpg?v=1707328418"},{"product_id":"9780798181914","title":"Elisabet se Oorlog","description":"Dis 1938 en Elisabet Uys se onrus oor haar voorgenome huwelik met Johannes Barnard groei saam met die gerugte dat daar dalk 'n tweede Groot Oorlog mag uitbreek. Gepantser met Ouma Liesbet se raad besluit sy kort voor haar troue om die verlowing te verbreek en vrou-alleen na Europa te reis.    Sal Elisabet in die oorloggeteisterde London vryheid en onvoorwaardelike liefde vind? Helene de Kock op haar beste.","brand":"Helene De Kock","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":45861397561662,"sku":"9780798181914","price":140.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0784\/4357\/7662\/products\/9780798181914_05cecfe4-3b48-47cb-9bf2-3092e646ff00.jpg?v=1707328418"},{"product_id":"9780798183635","title":"Sagie se Storie","description":"Die storie van Sagie, seun van die Klein-Karoo, wat oor soveel jare heen in soveel harte gekruip het, word eindelik hier in een band klaar vertel.Van begin tot einde. Is Sagie het die eerste keer in 1987 verskyn, Is weer Sagie in 2013, en nou, tien jaar later, verskyn die slot in dié besonderse trilogie: Sagie is.","brand":"Jan van Tonder","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":45861422072126,"sku":"9780798183635","price":140.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0784\/4357\/7662\/products\/9780798183635_4474d645-ccf3-449d-b1cb-3879013960e0.jpg?v=1707328423"},{"product_id":"9780624094630","title":"Die melkweg en die miskruier","description":"","brand":"Jeanette Ferreira","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47460096246078,"sku":"9780624094630","price":150.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0784\/4357\/7662\/files\/9780624094630.png?v=1719322407"},{"product_id":"9781779870155","title":"Veilige hawe vir die hart","description":"Paula Swart het baie empatie met die pasiënte by die kliniek waar sy ’n arbeidsterapeut is. Vir haar kollega se vriend Derick het sy egter nie ooghare nie, al het sy hom nog nie eens ontmoet nie. In haar oë is hy ’n swakkeling en vir sy soort het sy nie tyd nie.Toe Derick Boland toe trek en tydelik blyplek nodig het, beland hy in Paula se huis. Hy daag egter nie alleen op nie. In sy arms is ’n vuil, verwaarloosde brakkie wat hy langs die pad opgetel het en summier Paultjie gedoop het.Teen wil en dank moet Paula leer om Derick én Paultjie te verdra. Kan verdraagsaamheid die eerste tree na liefde wees?","brand":"Marilé Cloete","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":48590987329854,"sku":"9781779870155","price":65.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0784\/4357\/7662\/files\/9781779870155.jpg?v=1753959388"},{"product_id":"9781779870148","title":"n Tyd om te sing","description":"Tien jaar gelede het hy haar hart verniel. En hier, sonder waarskuwing, stap hy weer in haar lewe in – met daardieontstellend sexy stoppelbaard ...Destyds was hy Ruan Smit, nou is hy die bekende Christelike sanger Jacques van die groep Storms en Stilte. Sy is egter steeds Amy, dieselfde Amy wie se hart hy destyds gebreek het. Sy kan hom nie toelaat om haar weer te misbruik nie, maar hoe weerstaan sy die aantrekkingskrag tussen hulle?Intussen soek hy huis saam met die liefdevolle Stella aan sy sy. Maar toe sy nuutste treffer vrygestel word, het dit almal aan die gis: Vir wie het hy dit geskryf en hoekom is dit ’n liefdeslied? Kan Amy haarself toelaat om te glo dit is vir haar? Of stel sy haarself opnuut bloot om weer seer te kry?","brand":"Lizelle von Wielligh","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":48590988247358,"sku":"9781779870148","price":65.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0784\/4357\/7662\/files\/9781779870148.jpg?v=1753959336"},{"product_id":"9780798184458","title":"Foto's en Fairy Lights","description":"\u003cp\u003e\u003cspan\u003eElzandri, ’n holderstebolder plaaskind uit ’n groot, hegte familie, het ses maande om aan haar pa te bewys sy kan haar eie toekomsbesluite neem voor hy haar dwing om ná\u003c\/span\u003e\u003cbr\u003e\u003cspan\u003ematriek universiteit toe te gaan. Wanneer haar oudste niggie verloof raak en Elzandri vra om die troufoto’s te neem, is dit die perfekte geleentheid om haar geliefde stokperdjie in ’n besigheid te omskep. Daar’s net een probleem: sy moet die knorrige buurseun vra om haar te help.\u003c\/span\u003e\u003c\/p\u003e","brand":"An-Mari do Carmo","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":50246613631294,"sku":"9780798184458","price":135.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0784\/4357\/7662\/files\/9780798184458_927f42ca-5a9e-4214-a262-2c4a1af59311.jpg?v=1745353045"},{"product_id":"9780795802836","title":"Heks","description":"\u003cp\u003e\u003cspan\u003eDie verteller in Heks vind haar toevlug in sprokies en mites. Terwyl die wêreld die oorlog in Oekraïne op TV-skerms gadeslaan, verdiep sy haar in die mitologie van dié land – ook as skans teen die toenemende vyandelikheid in haar huwelik.\u003c\/span\u003e\u003cbr\u003e\u003cbr\u003e\u003cspan\u003e’n Ongeoorloofde verhouding maak ’n besieldheid in haar wakker. Sy beroep haar op dié nuwe krag toe sy van ongerymdhede bewus word by die kosmetiekmaatskappy vir wie sy bemarkingskopie skryf.\u003c\/span\u003e\u003cbr\u003e\u003cbr\u003e\u003cspan\u003eDis tyd om beheer van haar eie verhaal neem.\u003c\/span\u003e\u003c\/p\u003e","brand":"Dibi Breytenbach","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":50344734359870,"sku":"9780795802836","price":170.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0784\/4357\/7662\/files\/9780795802836_d4ef1a8b-005e-43e3-bf77-97e57834d0f9.jpg?v=1745352984"},{"product_id":"9781529433821","title":"Alaska Sanders Affair","description":"\"One of the world's most original voices in crime fiction\"A. J. Finn, #1  bestselling author of The Woman in the WindowThe murder of Alaska Sanders was quickly solved. Within days, two suspects were identified. One died, the other pleaded guilty. Case closed.But, eleven years later, the death of another woman in a fast-food parking lot changes everything. Marcus Goldman, celebrity author and amateur investigator, picks up a thread that will unravel not only an open and shut case, but the very fabric of his best friend's life.Sergeant Perry Gahalowood, who led the original investigation, is hell-bent on setting the record straight. Teaming up with Marcus, he seeks redemption in most the intricate and testing case of his career.In this sequel to the phenomenal worldwide bestseller The Truth about the Harry Quebert Affair, Joël Dicker delivers the last word in slow-burn police procedurals. Clue by clue, witness by witness, question by question, his characters solve an unguessable puzzle that could only have been set by the master of the plot twist.Translated from the French by Robert Bonnono","brand":"Joël Dicker","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":50366947131710,"sku":"9781529433821","price":170.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0784\/4357\/7662\/files\/9781529433821.jpg?v=1745310411"},{"product_id":"9781779870537","title":"Hemel op aarde","description":"Celeste is die jongste kind en voel haar familie onderskat haar. Toe sy hoor van ’n pos by ’n seunskoshuis op die kleinhoewe Hemel-op-aarde wat dringend gevul moet word, gryp sy die geleentheid aan.Maar die aantreklike Arno Hougaard meng met haar werk in en laat haar aan haar vermoëns twyfel. Haar vriendinne beskou hom as ’n vangs, maar in haar oë is hy sommer net ’n pyn. Gaan Celeste haar voete en liefde kan vind?","brand":"Hemel op aarde","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":50367279956286,"sku":"9781779870537","price":65.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0784\/4357\/7662\/files\/9781779870537.jpg?v=1745865650"},{"product_id":"9781779870308","title":"Die lys","description":"Toe Karen se man haar vir ’n jonger weergawe los, besluit sy: Dis tyd om te waag. ’n Vriendin vertel haar van die eienaar van ’n toermaatskappy wat glo ’n bobaasverleier en uitstekende minnaar is … Hy stem in om Karen uit haar penarie te red en gou beleef sy avonture waarvan sy voorheen net kon droom. Avonture het egter ’n manier om jou onverhoeds te betrap en jou op afdraaipaaie te neem wat jy nooit sien kom het nie.","brand":"Erla-Mari Diedericks","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":50367280513342,"sku":"9781779870308","price":65.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0784\/4357\/7662\/files\/9781779870308.jpg?v=1745865601"},{"product_id":"9780798184809","title":"Droomman vir Carmi","description":"","brand":"Droomman vir Carmi","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":50468466229566,"sku":"9780798184809","price":290.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0784\/4357\/7662\/files\/9780798184809.jpg?v=1745353040"},{"product_id":"9781779870599","title":"Passie in Parys","description":"“Die atmosfeer is gelaai toe Dawid die deur agter hulle toestoot. Hy trek haar tot teen hom en soen haar vurig. Sy baardstoppels rasper teen haar vel en laat haar lyf van opgewondenheid en begeerte tintel. Hy sukkel om haar rok los te knoop, maar uiteindelik gly die sagte materiaal van haar lyf af en gaan lê in ’n poel by haar voete. Sy oë wat oor haar amper naakte liggaam streel, maak haar asemloos van opwinding. “Dis ’n feesmaal wat op my wag ...” Hy tree nader, tel haar op en stap slaapkamer toe. Die verwagting pols deur haar toe hy haar neersit en behendig haar bra losmaak. Sy oë gaan oor haar naakte borste en hy vou sy palms om hulle. “Is dit waaroor jy gedroom het toe jy daardie sketse gemaak het?” Margaux probeer wegtrek. “Jy het geen reg gehad om na my tekeninge te kyk nie.” Hy laat haar los en sy draai haar rug op hom. “Nee,” kry sy dit in ’n hees stem, wat sy amper nie herken nie, uit. Sy hande rus op haar skouers voor hy dit weer om haar borste vou. Saggies streel sy duime oor haar tepels wat dadelik ferm word. “Moet ek ophou?” fluister hy. Sy sukkel om haar asem in te trek en raak bewus van sy lyf wat hard teen hare druk. Met sy een hand begin hy haar arm streel. “Nee.” Margaux is op pad Parys toe. Sy wil ’n kunstenaar word, daarom draai sy haar rug op haar familie, hul besigheid en ’n amperse gereëlde huwelik. Met Saint-Émilion se oesseisoen op hande is die Kaapse wynboer Dawid Malan te besig om hom deur ’n paar sexy bene te laat verlei. Veral nie die bene van ’n kunstenaar nie – daardie les het hy op die harde manier geleer. Maar Parys word nie verniet die Stad van Liefde genoem nie …","brand":"Passie in Parys","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":50513442963774,"sku":"9781779870599","price":65.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0784\/4357\/7662\/files\/9781779870599.jpg?v=1745865625"},{"product_id":"9781779870575","title":"Hart onder arres","description":"Joernalis Cecile se humeur is net so warm soos haar vlamrooi hare en kaptein Ruan de Wet laat dit elke keer opvlam. Cecile is nuut by die plaaslike koerant en niks gaan haar keer om die scoop te kry oor die diefstal van die blou diamante nie. Dit plaas haar egter direk in die spervuur. En dan dreig haar hart boonop om sag te word om Ruan. Gaan hy haar hart kan vasboei of gaan sy weereens eerder vlug as veg?","brand":"Hart onder arres","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":50513445781822,"sku":"9781779870575","price":65.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0784\/4357\/7662\/files\/9781779870575.jpg?v=1745865575"},{"product_id":"9781779870605","title":"Volbloedvrou","description":"\u003cp\u003eJoga-instruktrise Lexi Retief glo aan dankbaarheid en om in die oomblik te leef. Toe fisioterapeut Alex van Aarde Lexi se geliefde hond Hilde kom behandel, bly nié Hilde of Lexi se hart onaangeraak nie. Maar Lexi is besig om haar besigheid op te bou en hou nie van rooikoppe nie, al is sy self een.Kan twee mense wat so eenders is werklik ’n gesonde verhouding bou? En wat van Alex se moeilike ma en Lexi se oom Danny?\u003c\/p\u003e","brand":"Marilé Cloete","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":52382573330750,"sku":"9781779870605","price":65.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0784\/4357\/7662\/files\/9781779870605.jpg?v=1761155474"},{"product_id":"9781779870858","title":"Die hart het geheime","description":"\u003cp\u003eClaire Odendaal moet geld verdien vir haar verdere grade om sielkundige te word. Sy word ’n au pair vir die moeilike stiefdogter van wewenaar Adrian Lawrence, eienaar van ’n landgoed en ’n tegnomaatskappy. Claire en Adrian is aangetrokke tot mekaar, maar sy is ambisieus en hy wil nie weer trou nie. Daarby is Adrian se rokjagterbroer Wayne agter Claire aan en daar is kriminele aktiwiteite in die Lawrence-familie. Kan Claire Adrian vertrou? En wil sy in so ’n opset inpas?\u003c\/p\u003e","brand":"Malene Breytenbach","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":52387101081918,"sku":"9781779870858","price":65.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0784\/4357\/7662\/files\/9781779870858.jpg?v=1761164875"},{"product_id":"9781779870674","title":"Wat die hart wil hê","description":"\u003cp\u003eNá ’n nag van passie het Jacqueline en Boshoff hul harte op mekaar verloor, maar haar noodgedwonge leuens oor haar verlede het hulle uitmekaar gedwing. Dan besoek Jacqueline ’n gewilde wynplaas om ’n artikel na te vors, net om uit te vind Boshoff is mede-eienaar. Boshoff maak asof hy haar nie ken nie en dan hoor sy dat hy boonop verloof is. Jacqueline moet veg teen haar eie gevoelens en Boshoff se giftige verloofde. Gaan Jacqueline en Boshoff mekaar weer vind?\u003c\/p\u003e","brand":"Alta Steyn","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":52387101245758,"sku":"9781779870674","price":65.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0784\/4357\/7662\/files\/9781779870674.jpg?v=1761164875"},{"product_id":"9781779870728","title":"Spoke van gister","description":"\u003cp\u003eKathleen Porter wil wegstap van haar familiegeskiedenis in Leydsdorp maar John Perkins oortuig haar om hul voorsate se verhale in die Bosvelddorpie te gaan naspoor. Al is daar net spoke oor.Dit is die einste spoke, Ou Sandy en Karla, wat die verlede se geheime verklap. Kathleen besluit om as erfgenaam die oorgelewerde geskiedenis tot ’n einde te bring, maar haar hart wil saamspeel nie.Gaan sy die lewendige spook uit John se die verlede kan besweer? En sal hulle hul verskille kan oorkom?\u003c\/p\u003e","brand":"Judy Troskie","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":52391324975422,"sku":"9781779870728","price":65.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0784\/4357\/7662\/files\/9781779870728.jpg?v=1761173201"},{"product_id":"9781779870896","title":"Boomhuise en beloftes","description":"\u003cp\u003eToe Adelie haar aantreklike Franse tutor ontmoet, begin haar hart volksvreemde tale praat. Sy moet besigheidsterminogie leer, maar bewys gou sy is dit reeds baas. Daarna maak Sihan elke oomblik tussen hulle kosbaar en leer haar die werklike betekenis van die sinnetjie “Je t’aime”. Dis nou tot haar eerste liefde, Shane, weer op die toneel verskyn. Dieselfde Shane wat in die boomhuis in hul agtererf talle beloftes aan haar gemaak het en toe haar hart gebreek het. Al uitweg wat Adelie sien, is dat sy en Sihan hul eie boomhuisbeloftes moet maak. Tot die dag toe alles skielik in duie stort ...\u003c\/p\u003e","brand":"Zinèt Oosthuizen","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":52403243712830,"sku":"9781779870896","price":65.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0784\/4357\/7662\/files\/9781779870896.jpg?v=1761196080"},{"product_id":"9781779870827","title":"Volbloedman","description":"\u003cp\u003eDenise vind nog haar voete in die Boland nadat sy uit ’n toksiese huwelik ontsnap het. Dirk is ’n toegewyde polisieman, maar sy eksvrou het hom oor ’n enkele fout in sy verlede finansieel afgepers. Toe Denise se woonstelgebou afbrand, vermoed sy haar eksman is verantwoordelik. Maar sy bly uit skaamte stil oor haar verlede. Dirk vind uit hoe Denise van haar eksman ontkom het en moet besluit of hy hom daarmee kan versoen. Sal hulle saam liefde en aanvaarding bymekaar kan vind?\u003c\/p\u003e","brand":"Marilé Cloete","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":52403251315006,"sku":"9781779870827","price":65.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0784\/4357\/7662\/files\/9781779870827.jpg?v=1761196107"}],"url":"https:\/\/exclusivebooks.co.za\/collections\/aktv-26-afrikaans-fiksie\/products.oembed","provider":"Exclusive Books Online","version":"1.0","type":"link"}