{"title":"AKTV 26 Top Verkoopers","description":"","products":[{"product_id":"9781776391837","title":"Binnerym van bloed","description":"\u003cdiv\u003e\u003cem\u003eEk het die land leer ken, my lewe bedryf nie beter of slegter as ander nie. Die oes was nie ryker of skraler as dié van ander nie, maar dit was vol goeie are. Tog het ek geweet dat ek kom doodgaan langs die Valschrivier. Ek het dit kom soek soos die olifante.\u003c\/em\u003e\u003c\/div\u003e\n\u003cdiv\u003e \u003c\/div\u003e\n\u003cdiv\u003eDigter Antjie Krog keer terug na die landskap van haar kindertyd. Die Vrystaatse vlaktes bekoor haar – dit is haar tuiste; ook die tuiste van haar ma, die skrywer Dot Serfontein. Dot is by die negentig. Sy is verswak en moet voltyds versorg word, maar haar intellek en humorsin is vlymskerp en haar skrywerskap vergelykbaar met die van haar dogter.\u003c\/div\u003e\n\u003cdiv\u003e \u003c\/div\u003e\n\u003cdiv\u003eIn \u003cem\u003eBinnerym van bloed  \u003c\/em\u003ebreek Antjie Krog die grense tussen genres af en skryf sy oor hierdie verhouding wat haar bly fassineer en kasty. Sy gebruik briewe, dagboekinskrywings en versorgingsverslae om verrykende benaderings tot kreatiwiteit, ideologie en die waarheid van oud word bloot te lê.\u003c\/div\u003e\n\u003cdiv\u003e \u003c\/div\u003e\n\u003cdiv\u003eKrog spoel die onoorkombare verskille tussen geslagte oop, maar wys ook die liefde en wedersydse bewondering tussen twee hoogs bekwame skrywers. Pragtig en indringend geskryf, delf Die binnerym van bloed in kulturele erfgoed, die land se Anglo-Boereoorlogverlede, kwessies van grondbesit en ras, ook romantiese verhoudings oor rasgrense heen.\u003c\/div\u003e\n\u003cdiv\u003e \u003c\/div\u003e\n\u003cdiv\u003eHierdie verhaal oor die verhouding tussen ’n ma en ’n dogter is Krog se mees persoonlike, ook haar mees universele.\u003c\/div\u003e","brand":"Antjie Krog","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":51609680740670,"sku":"9781776391837","price":380.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0784\/4357\/7662\/files\/9781776391837.jpg?v=1744798133"},{"product_id":"9780798185677","title":"Skorpio","description":"\u003cp\u003eBennie Griessel en Vaughn Cupido ontvang die blye tyding dat hulle uiteindelik weer bevorder is tot die rang van kaptein. Maar hul vreugde is van korte duur.  Die vergruisde liggaam van een van Cupido se beste vriende is gevind onder die motor waaraan hy in sy motorhuis gewerk het . . . was dit 'n ongeluk, of koelbloedige moord? En op ’n imposante plaas buite Stellenbosch ontplof ’n woonwa. Onverklaarbaar. Nadat die vuur geblus is, word ’n liggaam in die wrak gevind . . .\u003c\/p\u003e","brand":"Deon Meyer","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":52449322271038,"sku":"9780798185677","price":385.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0784\/4357\/7662\/files\/9780798185677_01559dcb-780c-43d4-8330-b75fedaeea34.jpg?v=1761719920"},{"product_id":"9780798186025","title":"Kanniedood","description":"\u003cp\u003eSpeuradjudant Storm van der Merwe en kollega Shirien Niemandt is vroegoggend eerste op die toneel, in ’n eenslaapkamerhuis in Zwelihle digby Hermanus. Op die oog af lyk die bejaarde Gerty Jonas se afsterwe na natuurlike oorsake, maar hoekom het Kai nie by sy mase lyk gewag nie? En hoekom het hy soos mis voor die son verdwyn? Die lysie raaisels raak al hoe langer.  Shirien ignoreer skielik haar oproepe, en kolonel Mier Ritchie kom met die storie vorendag dat Storm oneties opgetree het, en sy word summier tydelik ontslaan. Sy besluit op ’n kort blaaskans op Jane English se wildsplaas buitekant Barrydale. Maar Jane vertel haar ’n sindikaat het net die vorige week skaars vetplantjies gestroop en sy smeek Storm om te help om die internasionale smokkelnetwerk oop te vlek. Toe sy instem, verskyn die einste Kai Jonas weer op die toneel. ’n Blitslekker krimi, deur die topverkoperskrywer Irna van Zyl, wat afspeel in Hermanus en die Klein-Karoo.\u003c\/p\u003e","brand":"Irna van Zyl","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":53016860131646,"sku":"9780798186025","price":360.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0784\/4357\/7662\/files\/9780798186025_2387bf58-a175-47e9-b785-e914402a2692.jpg?v=1776935244"},{"product_id":"9780637003179","title":"Rebekka van Kameeldoornplaas","description":"\u003cp\u003eTussen oorloë, tussen families, tussen wêrelde.Getoë as ’n kampkind tydens die Anglo-Boereoorlog, word Rebekka as arm bywoner groot op Kameeldoornplaas, wat aan die ryk Wright-familie behoort. Bekkie is ’n skrander leerling, lief vir skool en haar boeke. Toe sy noodgedwongedie skool verlaat om na die Wrights se dogtertjies te kyk, dink sy dis tydelik. Maar haar versukkelde, verminkte pa “verkoop” haar aan die Wright-gesin. Nou moet sy haar land en mense agterlaat om in Engeland kinderoppasser te word. In die sprokiesmooi Oxford moet sy haar voete in die volksvreemde vind. Gelukkig is prof. Wright die leergierige Bekkie goedgesind. Onder sy leiding verbreed haar kennis oor alles van Britse kookkuns tot wêreldpolitiek. Dis hier waar haar oë oopgaan. Dis ook hier waar sy die professor se broerskinders, Richard en David, bevriend. Maar oorlog broei op die horison en die noodlot is nog lank nie klaar met Rebekka nie. Waar pas sy in hierdie wye wêreld in? Is sy Boer of Brit? Is sy regtig die jong dame van die herehuis in Oxford?Wat dan van die kaalvoet kind van Kameeldoornplaas?\u003c\/p\u003e","brand":"Irma Joubert","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":53076093731134,"sku":"9780637003179","price":360.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0784\/4357\/7662\/files\/9780637003179.jpg?v=1772632876"},{"product_id":"9780795803338","title":"Mei en Alles Daarna","description":"\u003cp\u003eNá haar egskeiding, bevind Juna Ferreira haar in ’n klein dorpie sonder ’n plan vir haar toekoms. Wanneer sy ’n unieke litteken op ’n dorpenaar se wang herken, stuur dit haar in die teenoorgestelde rigting – ver, ver die verlede in. Sy herbesoek haar grootwordjare op die Vrystaatse goudvelde; ’n tyd wat sy as sorgvry en gelukkig onthou.  Maar was dit regtig so? Hoekom onthou ander mense dit anders? Hoeveel donker geheime lê vasgevang in die ruïne van die eens statige Limestone House?\u003c\/p\u003e","brand":"Zelda Bezuidenhout","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":53134122287422,"sku":"9780795803338","price":330.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0784\/4357\/7662\/files\/9780795803338_41f1e50f-e928-4430-8816-16e01f45b723.jpg?v=1785475328"},{"product_id":"9780795803390","title":"Enigma","description":"\u003cp\u003e’n Angolese sakeman word met twee koeëlgate in sy bors in ’n hotelkamer in Kaapstad aangetref, en Kassie en Rooi moet die saak ondersoek. Die kokaïen, ongeslypte diamante en edelgesteentes in sy bagasie slaan hulle dronk. Wat doen ’n gesiene persoon, wat ’n minister kom adviseer het, met vermoedelik smokkelware in sy besit?  Kassie en Rooi moenie net ’n moord oplos nie, maar ’n gevaaarlike internasionale netwerk van kriminele aktiwiteite ontbloot.\u003c\/p\u003e","brand":"Rudie van Rensburg","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":53134122418494,"sku":"9780795803390","price":375.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0784\/4357\/7662\/files\/9780795803390.webp?v=1781091138"},{"product_id":"9780796323828","title":"Goed genoeg","description":"\u003cp\u003eGerridene Berg wil vroue help sodat hulle hul roeping kan instap met oorwinning. Sy vertel haar eie storie aan die hand van sake soos  trauma en vrees, aanvaarding, vergifnis en om elke dag jou identiteit as oorwinnaar te kies en daarin te leef uit. Gerridene wil graag mense inspireer om genesing te vind. Hierdie boek is 'n getuienis van hoe 'n liefdevolle God 'n gewone vrou gebruik om buitengewone dinge te doen.\u003c\/p\u003e","brand":"Gerridene Berg","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":53134122615102,"sku":"9780796323828","price":280.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0784\/4357\/7662\/files\/9780796323828_a553c4fb-3df5-4734-9d2b-2a98164f3903.jpg?v=1785475041"},{"product_id":"9780624090854","title":"Oorkant","description":"\u003cp\u003eTwintig jaar gelede moes Ada Bloukoeniekraal, haar geboortegrond, noodgedwonge verlaat. Nou keer sy terug na die geheime van haar kinderjare wat aan die oewers van die getyrivier lê. Deur haar skryfwerk probeer Ada die skimme van die verlede tem. Maar hoe word jy vry van ’n verlede wat steeds hier rondspook? In sidderende tonele word die verlede laag vir laag blootgelê. Is die troos van die rivier en die grond waarmee Ada so onlosmaaklik verbind voel genoeg?\u003c\/p\u003e","brand":"Annemarié van Niekerk","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":53184378896702,"sku":"9780624090854","price":360.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0784\/4357\/7662\/files\/9780624090854_ff63017d-5631-4d8c-a2af-b7add2dc1d54.jpg?v=1785475608"},{"product_id":"9780795803376","title":"My skaduwee loop los","description":"\u003cp\u003eOp sy ma se begrafnis in die Kaap maak André Verreyne die verbysterende ontdekking dat hy ’n identiese tweelingbroer het van wie hy in die wieg geskei is. Hy het net enkele dae om sy broer te probeer opspoor voordat hy moet terugvlieg Nieu-Seeland toe vir sy dogter se troue. Gou begin ’n prentjie vorm van ’n persoon wat héél anders as André self is. Hoe meer hy oor sy broer uitvind, hoe meer begin hy sy eie lewenskeuses bevraagteken.\u003c\/p\u003e","brand":"Zirk van den Berg","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":53316537024830,"sku":"9780795803376","price":310.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0784\/4357\/7662\/files\/9780795803376.png?v=1785475551"},{"product_id":"9780624096863","title":"Aanstap Boere: ’n Ooggetuie van die Ontrafeling van Wit Mag in Suid-Afrika","description":"\u003cp\u003eVoor Max du Preez as skrywer bekend – en omstrede – geword het, was hy ’n kaalvoetseun van Kroonstad. As joernalis by Beeld skuur hy skouers met ministers en groot kokkedore soos Lang Hendrik, PW Botha en Adriaan Vlok. Op 16 Junie 1976 hoor hy skote in Soweto. Hierdie aangrypende memoires deel wat ’n keerpunt dit vir hom was en hoe dit hom gedryf het om apartheid se donker werkinge oop te vlek. Aanstap Boere is sy eerlike relaas oor vyf dekades in Suid-Afrika, vol onthullings en selfkritiek.\u003c\/p\u003e","brand":"Max du Preez","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":53316537057598,"sku":"9780624096863","price":350.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0784\/4357\/7662\/files\/9780624096863_d723a0a2-f2ca-4d93-ad94-32ab40544780.jpg?v=1785475272"},{"product_id":"9780624095583","title":"Grensloos","description":"\u003cp\u003eSabine Maartens is nie iemand wat jy kan tem nie. Ná haar pynlike verlede het sy haar eie pad geloop, hier as vlieënier in Botswana. Haar pad het jare gelede gekruis met dié van Max Krige, eks-Interpol-agent . . . en toe het die vonke gespat. Nou bevind Sabine haar in ’n lewensgevaarlike situasie, as een van ’n klompie gyselaars wat weggevoer word uit die deltagebied. Reeds is daar ’n bloedspoor agtergelaat. Kan Max verdere bloedvergieting voorkom?\u003c\/p\u003e","brand":"Wilna Adriaanse","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":53316537123134,"sku":"9780624095583","price":360.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0784\/4357\/7662\/files\/9780624095583_953cf510-03f4-4f3b-ab0f-fc474d402324.jpg?v=1785474989"},{"product_id":"9780798186209","title":"Donkerhart","description":"\u003cp\u003eNá haar tweejarige dogter, Mia, se raaiselagtige verdwyning ses jaar gelede, worstel Tilla Allers steeds met erge PTSS. Die veroordeelde reeksmoordenaar Ricky Erwee is agter tralies, maar klein Mia se oorskot is nooit gevind nie. Tilla het haar veeartsenypraktyk prysgegee en haar tienerdogter, Petra, by eksman Altus en sy nuwe vrou agtergelaat om ’n kluisenaarsbestaan op die familieplaas naby Bremel in die Vrystaat te voer.\u003c\/p\u003e","brand":"Henda Olivier","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":53333900722494,"sku":"9780798186209","price":360.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0784\/4357\/7662\/files\/9780798186209.jpg?v=1776693729"},{"product_id":"9781779860521","title":"’n Ierse knoop","description":"\u003cp\u003eToe die vier Ierse O’Connor-broers, Sullivan, Declan, Liam en Rooney, besluit om ’n volhoubare ontwikkeling op Fynbosbaai bou, loop hulle hulle vas in Anke Joubert en haar vriendinne, kampvegters vir die omgewing.Anke, ’n akademikus, skryf oor die perlemoenstropers in die omgewing. Miné du Toit plaas foto’s van bedreigde spesies op sosiale media. Eden Fourie probeer deur haar kuns mense bewus maak van die broosheid van die Biosfeer. En Lika Bester, skrywer en eienaar van die plaaslike boekwinkel ondersoek die verdwyning van ’n skooldogter ’n jaar tevore. Hou dit met die stropery verband? Hoe meer vrae die vriendinne vra, hoe meer dreigemente ontvang hulle.Toe die eerste slote vir die Ierse broers se ontwikkeling gegrawe word, kom hulle op menslike oorblyfsels af. Is dit die vermiste skoolmeisie, of ’n ander slagoffer van vuilspel?\u003c\/p\u003e","brand":"Elsa Winckler","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":53674132111678,"sku":"9781779860521","price":290.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0784\/4357\/7662\/files\/9781779860521.jpg?v=1780408866"},{"product_id":"9781779860408","title":"Wat die witbors wou sê","description":"\u003cp\u003eEnglishYou never know what you’ll find when you dig up the past ...After her recent divorce, Louise Rabe is fragile and uncertain about the future. Then her father dies unexpectedly, and everything falls apart. She resigns from her job and moves in with her mother in Bloubergstrand, where she tries to piece her life back together. She turns to her twin brother, Frans, for support, but he has a farm to run and a family to provide for. Her younger brother, Simon, is all too eager to move on and develop his share of the inherited land. But then the builders uncover the bones of a child, and everything grinds to a halt. Who was the child? Where did he come from? And why was he buried on their land?The mystery offers Louise a distraction, and she begins searching through her family’s past for answers. But as her search continues, she realises that there is more to discover than she expected.Wat die witbors wou sê is a lyrical story about families and the history that bind them, the search for a place to call home, and the rediscovery of love when it seemed all but lost.===AfrikaansJy weet nooit wat vir jou wag as jy die verlede opgrawe nie ...Na haar onlangse egskeiding is Louise Rabe broos en onseker oor die toekoms. Dan sterf haar pa onverwags en alles stort in duie. Sy bedank haar werk en trek weer in by haar ma in Bloubergstrand, vanwaar sy probeer om die legkaart van haar lewe oor te bou.Sy soek ondersteuning by haar tweelingbroer Frans, maar dié moet boer en sy eie familie onderhou. Kleinboet Simon is net al te gretig om aan te beweeg en sy stuk erfgrond te ontwikkel. Maar dan grawe die bouers ’n kind se beendere op, en alles kom tot stilstand. Wie was die kind? Waar kom hy vandaan? En hoekom is hy op hulle grond begrawe?Die raaisel bied vir Louise afleiding en sy begin deur die familie se verlede te soek vir antwoorde. Maar toe sy begin krap, besef sy daar wag meer vir haar as wat sy kon raai.Wat die witbors wou sê is ’n liriese verhaal oor families en die verledes wat hulle saamsnoer, die soeke na ’n tuiste en die herontdekking van liefde.\u003c\/p\u003e","brand":"Elmarie Dercksen","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":53816944460094,"sku":"9781779860408","price":330.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0784\/4357\/7662\/files\/9781779860408.jpg?v=1782396698"},{"product_id":"9781997476344","title":"Valskermbataljon Verhale 2","description":"\u003cp\u003eMet die reusesukses van Valskermbataljon-verhale wat verlede jaar verskyn het, is daar ŉ groot aanvraag vir nog stories uit die penne van valskermsoldate wat elkeen op ŉ unieke manier en in hul eie woorde hul ervarings in dié elite-eenheid deel. Derhalwe verskyn Valskermbataljonverhale 2 propvol nog uitsonderlike ware verhale vanjaar.\u003cbr\u003eDie aanvraag vir ŉ opvolgboek het nie slegs van lesers gekom nie, maar ook van talle \u003cbr\u003evalskermsoldate wat ook graag hul stories van uiters uitdagende opleiding, operasionele \u003cbr\u003ekontak met die vyand, kameraadskap en humor wil deel. Stories wat hulle al vir dekades met hulle saamdra en nou met almal kan deel.\u003cbr\u003eSoos met die eerste boek is hierdie stories van deernis, waagmoed, waaghalsigheid, \u003cbr\u003edeursettingsvermoë en uiterste lojaliteit, geskryf in die taal en styl van elke individuele \u003cbr\u003esoldaat; elkeen se eie ervarings in sy eie woorde in beide Afrikaans en Engels. Stories wat \u003cbr\u003eeerlik en opreg geskryf is, oor ŉ tyd wat die lewens van duisende soldate en hul geliefdes \u003cbr\u003eonomkeerbaar verander het.\u003cbr\u003eValskermbataljon-verhale 2 is stories van moed, deursettingsvermoë, gevaar, humor, vasbyt en verlies wat die leser by tye laat regop sit, glimlag en ook diep laat nadink.\u003cbr\u003eHierdie is ŉ boek nie net vir en oor soldate nie, maar vir elkeen wat nog ooit gewonder het oor die manne in maroen, hul valskerms en die eenheid. \u003cbr\u003e***\u003cbr\u003eFollowing the remarkable success of Valskermbataljon-verhale, published last year, there \u003cbr\u003ehas been a strong demand for more stories penned by paratroopers, each sharing in a \u003cbr\u003eunique way and in their own words, their experiences within this elite unit. Consequently, \u003cbr\u003eValskermbataljon-verhale 2 is being published this year, filled with yet more exceptional true accounts.\u003cbr\u003eThe demand for a follow-up volume has arisen not only from readers, but also from numerous paratroopers who wish to share their own stories of \u003cbr\u003eexceptionally demanding training, operational engagement with the enemy, camaraderie, and humour — stories they have carried with them for decades and can now share more widely.\u003cbr\u003eAs with the first volume, these stories of compassion, courage, daring, perseverance, and unwavering loyalty are written in the language and style of each individual soldier; each recounting his own experiences in his own words, in both Afrikaans and English. They are honest and sincere narratives of a time that irrevocably changed the lives of thousands of soldiers and their loved ones.\u003cbr\u003eValskermbataljon-verhale 2 presents stories of bravery, endurance, danger, humour, resilience, and loss — stories that will at times cause the reader to pause, to smile, and to reflect deeply.\u003cbr\u003eThis is a book not only for and about soldiers, but for anyone who has ever wondered about the men in maroon, their parachutes, and the unit. \u003cbr\u003eHis organisation is known as the “last resort” for cases that other institutions are unable to solve.\u003cbr\u003eHis Christian values form the foundation of his work, and he is committed to the rehabilitation of crime victims.\u003cbr\u003eHis unwavering dedication has established him as a pioneer in the fight against crime.\u003c\/p\u003e","brand":"Mike Bolhuis","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":53913689784638,"sku":"9781997476344","price":285.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0784\/4357\/7662\/files\/9781997476344_f8e7b2a6-c61e-4d43-b253-2c0cddca3972.jpg?v=1784284400"}],"url":"https:\/\/exclusivebooks.co.za\/collections\/aktv-26-top-verkoopers.oembed","provider":"Exclusive Books Online","version":"1.0","type":"link"}