TJ Strydom is ’n skrywer en sakejoernalis wat sy tande by Beeld, The Times, Reuters en Sunday Times geslyp het. Hy stel belang in sakesuksesse en in 2019 verskyn sy eerste biografie, Christo Wiese: Risiko & rykdom, waarin Strydom die ontstaansverhaal van Pep en Shoprite, asook die ineenstorting van Steinhoff International, met ’n biografie verweef. Hierna volg Koos Bekker’s Billions in 2022, waarin hy M-Net se impak en Naspers se verstommende groei ondersoek. Strydom het in Pietermaritzburg grootgeword en by die Universiteit Stellenbosch studeer. Hy is getroud en woon in Johannesburg.