{"product_id":"9780798180542","title":"Middernag","description":"Die oorskot van 'n verminkte vierjarige word in die vroee oggendure in 'n Frutti Tutti-roomyskarretjie aan die voet van Platberg in Harrismith ontdek. Kaptein Brummels besluit oornag om Parkwegstasie se bulhond, Sollie Mtembu, saam te sleep om 'n oudkollega van hom met die ondersoek te help.    Sollie lyk dalk na 'n onervare sersant wat dikwels oor sy eie woorde struikel, maar as hy iets beetkry, laat los hy nie. Sidney Gilroy se debuutroman, Klikbek, is met groot lof deur resensente en krimi-lesers ontvang. Almal stem saam dat sowel skrywer as speurder 'n groot aanwins tot die Afrikaanse krimikorpus is.","brand":"Sidney Gilroy","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":45861375705406,"sku":"9780798180542","price":330.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0784\/4357\/7662\/products\/9780798180542_7ef15a86-a68b-48c7-8d5e-7e15c6d45a1e.jpg?v=1707328414","url":"https:\/\/exclusivebooks.co.za\/products\/9780798180542","provider":"Exclusive Books Online","version":"1.0","type":"link"}