{"product_id":"9780798182874","title":"Lekkerlag Pretboek","description":"Hierdie alles-in-een pretboek beloof ure se vermaak! Hier is grappe wat jou sal laat skater en raaisels waarmee jy jou maats sal laat kopkrap. Hier is ook vreeslike vreemde feite waarmee jy selfs jou onderwyser sal laat les opse. Prettige speletjies sal jou, jou familie en jou skoolmaats van verveling red en sorg dat julle mekaar beter leer ken.    Daar is selfs lekkerlag-limerieke - snaakse rympies wat jou lagspiere gaan kielie. Jy sal lekker giggel wanneer jy hoor waarom spoke nie leuens kan vertel nie. Jou oe sal rek as jy uitvind wat gaan gebeur as jy te veel wortels eet . . . En jy gaan op die grond rondol as jou maats moet verduidelik waarom hulle kies om 'n mak krokodil se tande te borsel of waarom hulle eerder in 'n swembad vol spoeg sal swem!","brand":"Hugo De Wet, Tumi K. Steyn","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":45861402640702,"sku":"9780798182874","price":192.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0784\/4357\/7662\/products\/9780798182874_f25027da-587a-4551-921a-054b88e4a8a1.jpg?v=1707328418","url":"https:\/\/exclusivebooks.co.za\/products\/9780798182874","provider":"Exclusive Books Online","version":"1.0","type":"link"}