{"product_id":"9780798186278","title":"Karoowildsvleis","description":"\u003cp class=\"MsoNormal\"\u003e\u003cb\u003e\u003cspan style=\"font-size: 11.0pt; mso-fareast-font-family: 'Times New Roman'; color: black;\"\u003eJou alles-in-een wildsgids – van die veld tot op die tafel\u003cbr\u003e\u003c\/span\u003e\u003c\/b\u003e\u003ci\u003e\u003cspan style=\"font-size: 11.0pt; mso-fareast-font-family: 'Times New Roman'; color: black;\"\u003e\u003cbr\u003eKaroo Wildsvleis\u003c\/span\u003e\u003c\/i\u003e\u003cspan style=\"font-size: 11.0pt; mso-fareast-font-family: 'Times New Roman'; color: black;\"\u003e bied ’n meesterklas in wildskookkuns – dit neem jou van die ongerepte jagveld na die slagkamer en wys jou hoe om ’n karkas in die onderskeie snitte op te sny, en dan na die kombuis vir die beste gaarmaakmetodes, marinades en smulsouse. Voeg daarby wenke vir koue en warm beroking, nat- en droogpekel, verwerking in biltong, salami en wors, asook die gebruik van kruie en speserye.\u003cbr\u003eDie boek is ingedeel volgens snitte en vir elke snit is daar ’n keur van aanloklike resepte, van klassiek tot kreatief. Verwag treffers soos wildspastei, wildspotjie, rolrib, rookwors, springbokboud met lammersterte, kerriesult, bitterballen en nog vele meer.\u003cbr\u003eOntvang die Karoovlaktes se geskenk met oop hande en ’n oop hart, nooi die vrye natuur na binne, dek jou tafel met gulhartige oorvloed en bemeester die kuns om wildsgeregte te maak wat smelt in die mond.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eAnnatjie Reynolds, alombekende wildsvleiskenner, slyp reeds jare lank haar talent en kookvernuf op hul Karooplaas, Nieuwefontein, naby Richmond. Sy en haar vriendin en medeskrywer, Lynne Minnaar, deel graag hul passie vir wildsvleis en wys hoe jy iets baie spesiaals in die kombuis kan laat gebeur.\u003c\/span\u003e\u003c\/p\u003e","brand":"Lynne Minnaar","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":53515706663230,"sku":"9780798186278","price":400.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0784\/4357\/7662\/files\/9780798186278.jpg?v=1779200978","url":"https:\/\/exclusivebooks.co.za\/products\/9780798186278","provider":"Exclusive Books Online","version":"1.0","type":"link"}