{"product_id":"9781291664553","title":"'n Nuwe Trek: Terug na u God: Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte","description":"Die 1838-Gelofte-bewoording algemeen in gebruik is 'n samestelling uit drie Gelofte-\"oorkondes\": (1) Die Kommandantsverslag in die (tweetalige) Kaapse Koerant De Zuid-Afrikaan gepubliseer kort na die Bloedrivier-veldslag; (2) Die Kommandojoernaal binne enkele maande na (1) in dieselfde koerant afgedruk; en (3) Cilliers se sterfbedherinnerings meer as 30 jaar later deur Hofstede gepubliseer. ('n Cilliers-brief met soortgelyke inhoud het ook gedeeltelik behoue gebly.) Vir die heel eerste keer word al die Gelofte-oertekste in oorspronklike weergawe, noukeurig en volledig in 'n enkele bundel weergegee, saam met al die redaksionele kommentaar wat in De Zuid-Afrikaan daaromheen verskyn het. Na elkeen van die transkripsies word 'n skandering uit die vroegste-behoue uitgawes van die oorkondes gegee, naamlik van daardie paragrawe wat die Gelofte-bewoording bevat. Die bundel sluit af met aantekeninge waarin die Gelofte-bronne met mekaar en met die gangbare weergawe vergelyk word.","brand":"J L DU TOIT","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":46214482231614,"sku":"9781291664553","price":360.82,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0784\/4357\/7662\/products\/9781291664553_f8a9c0af-4971-402c-a027-202c1bbdf208.jpg?v=1707431339","url":"https:\/\/exclusivebooks.co.za\/products\/9781291664553","provider":"Exclusive Books Online","version":"1.0","type":"link"}