{"product_id":"9781415336632","title":"Wanneer Vreugde My Ontwyk","description":"Met God se krag wat deur sy kinders werk, is elkeen van ons tot oneindig meer in staat as wat ons kan bid of dink,\" skryf Paulus aan die gemeente in Efese (Ef. 3:20) \"Tog weerhou dit jou nie daarvan om by tye steeds moedeloos en kragteloos, selfs depressief te voel nie.    Dit is menslik onmoontlik om altyd, onder alle omstandighede sterk te bly,\" skryf Nina Smit in haar splinternuwe boek, Wanneer vreugde my ontwyk. Maar daar is hoop, se sy. Dit is wonderlik om te weet dat in swaarkrytye wanneer jy wel moed verloor of depressief voel, God jou omstandighede ken en gereedstaan om jou te help.    In Wanneer vreugde my ontwyk bied Nina 52 oordenkings wat die leser daaraan sal herinner dat die beste medisyne vir negatiewe emosies soos moedeloosheid en magteloosheid die wete is dat God juis dan 'n pad met jou wil stap; dat Hy reeds alles van jou omstandighede weet.    Boonop mag jy daarvan seker wees dat Hy elke oomblik van hierdie krisistyd by jou sal wees om jou met sy wonderwerkende krag te ondersteun. Gebruik hierdie dagstukkies as inspirasie op jou af-dae!","brand":"Nina Smit","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":46378833936702,"sku":"9781415336632","price":0.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0784\/4357\/7662\/products\/9781415336632_11cbec15-90e0-46b9-8eb9-2ffb71b9d673.jpg?v=1707449195","url":"https:\/\/exclusivebooks.co.za\/products\/9781415336632","provider":"Exclusive Books Online","version":"1.0","type":"link"}