{"product_id":"9781775842248","title":"Insektopedie – Die geheime wêreld van Suider-Afrikaanse insekte","description":"Insektopedie le die betowering en ryke verskeidenheid van die wereld van insekte bloot. Dit deurgrond hul fassinerende gedrag en biologie - van paring en broeigedrag, metamorfose en beweging tot sig, reuk, gehoor en hul aanpassings by hitte en koue. 'n Hoofstuk oor superorganismes ondersoek die merkwaardige verskynsel van sosiale gemeenskappe; 'n ander een dek die kritieke rol wat die diertjies speel om die fyn balans van lewe op ons planeet in stand te hou. Die boek sluit af met 'n 60-bladsy geillustreerde veldgids wat die meeste insekordes en hul belangrikste families beskryf. Voorheen as Inseklopedie van Suider-Afrika gepubliseer, maar die nuwe uitgawe is nou grondig hersien en herontwerp, met die nuutste inligting, 'n uitgebreide ID-seksie en 'n paar honderd nuwe foto's.","brand":"Erik Holm","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47034820690238,"sku":"9781775842248","price":360.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0784\/4357\/7662\/products\/9781775842248_5ff91e2c-9d80-492c-81a7-0c2830ed9e15.jpg?v=1707618589","url":"https:\/\/exclusivebooks.co.za\/products\/9781775842248","provider":"Exclusive Books Online","version":"1.0","type":"link"}