{"product_id":"9781779860422","title":"Donker Spoor","description":"\u003cp\u003eWaarheen sal die donker spoor hom lei? Hulle kry haar lyk in ’n veld. ’n Tienermeisie – verkrag, gemartel, vermoor. En sy’snie die eerste een nie. Adjudant-offisier Jan Magson moet die reeksmoordenaar vang. Hy moet dieslagoffers se ma’s en pa’s in die oë kyk en hul vrae beantwoord, maar hy kan nie. Hykan nie eens sy eie vrae beantwoord nie. Want agter hom lê daar ook ’n donkerspoor ... Kort voor lank haal die moorde hoofopskrifte en die gemeenskap eis antwoorde:Hoekom trek die polisie nie die boosaard vas nie? Toe ’n ma ’n brief vir die koerantskryf en ’n pa ’n beloning uitloof, word dinge op ’n mespunt gedryf. Bevind Magsonhom op nóg ’n dwaalspoor of is hy uiteindelik op die donker spoor wat hom na dieware antwoorde sal lei? Donker spoor was blitsverkoperskrywer Martin Steyn se bekroonde debuutroman.In dié splinternuwe heruitgawe met ’n treffende nuwe omslag kan lesers weer saammet Jan Magson in die duistere psige van die moordenaar delf.\u003c\/p\u003e","brand":"Martin Steyn","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":52451805331774,"sku":"9781779860422","price":360.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0784\/4357\/7662\/files\/9781779860422_5ef9995a-ed09-4a03-8514-acffde24c594.jpg?v=1762262975","url":"https:\/\/exclusivebooks.co.za\/products\/9781779860422","provider":"Exclusive Books Online","version":"1.0","type":"link"}