{"product_id":"9781868427826","title":"Oor berge en dale","description":"Daar is nie 'n grondpad te sinkplaat, plaasdraad te hoog of aanwysings te gebrekkig om Jackie Grobler te keer nie. As hy eers 'n monument in sy visier het, sal hy dit vind. In hierdieboek reis hy oor berge en dale van Lichtenburg in Noordwes tot die heuwels van Tabankulu in die Oos-Kaap op soek na interessante monumente en gedenk plekke. Van die monumente is bekend en vertel van groot keerpunte in ons geskiedenis. Ander is weggesteek en bring onbekende verhale in die lig. Grobler reis ondermeer op die spoor van Voortrekker Carel Trichardt deur Mpumalanga en in KwaZulu-Natal gaanhyna die slagvelde van die Anglo-Zoeloeoorlog en hybesoek ook struggle-gedenkplekke. In Gauteng vind hy monumente ter ere van twee van Suid-Afrika se grootste leiers: Nelson Mandela en Jan Smuts. In die Vrystaat soek hy na oorblyfsels van twee konsentrasiekampe en in Limpopo kom hy af op monumente aan 'n Anglo-Boereoorlog kanon (die Long Tom). Sy reise na die Oos-Kaap neem hom na gedenkplekke vir Steve Bikoen in die Wes-Kaap gaan hy op die spoor van die Portugese ontdekkingsreisigers. Elke provinsie sal 'n kaart he wat die monumente aandui. 'n Boek vir liefhebbers van die langpad en vir leunstoel reisigers.","brand":"Jackie Grobler","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47709329916222,"sku":"9781868427826","price":0.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0784\/4357\/7662\/products\/9781868427826_8177504c-5adf-4323-a803-7f7081b3e3ea.jpg?v=1707641153","url":"https:\/\/exclusivebooks.co.za\/products\/9781868427826","provider":"Exclusive Books Online","version":"1.0","type":"link"}