{"product_id":"9781920654511","title":"Bemark of bevark","description":"Andre Diederichs se verfynde sakesin en fassinasie met die mens se gedrag in die bemarkingsproses is omskep in praktiese lesse vir die sakewereld. In Bemark of bevark? deel hy die ondervinding wat hy opgedoen het in ‘n loopbaan wat oor dekades strek, met lesers. Sy skryfstyl is toeganklik, aweregs en humoristies. Die praktiese benadering wat hy volg, stel voornemende en gevestigde bemarkers in staat om die beste resultate in hul werksomgewings te behaal – of dit binne ‘n groot of klein opset is. Andre se passie in die lewe is om bemarkers in staat te stel om ‘n positiewe toekoms te skep deur etiese bemarkingspraktyke. Hy glo dat bemarking en waardes twee kante van dieselfde muntstuk is en dat etiese waardes bemarkers in staat stel om harmonie tussen die bemarker en die verbruiker te skep en te handhaaf. Bemark of bevark? deel kundigheid wat bemarkers gewoonlik eers na ‘n leeftyd in die bedryf onder die knie kry.","brand":"Andre Diederichs","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47707330675006,"sku":"9781920654511","price":0.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0784\/4357\/7662\/products\/9781920654511.jpg?v=1707648936","url":"https:\/\/exclusivebooks.co.za\/products\/9781920654511","provider":"Exclusive Books Online","version":"1.0","type":"link"}