’n Pampoen vir Kersfees is ’n versameling van die rubrieke wat Hennie van Coller die afgelope twintig jaar skryf vir Volksblad. Die aanvanklike opdrag aan hom as rubriekskrywer was om ’n aantal stukke oor sy Nederlandse verblyf te skryf. Baie van hierdie gekose rubrieke handel daarom oor reise, stede en buitelandse ervarings. As akademikus, pryswenner-kok én wynmaker skryf hy gevolglik ook graag oor die letterkunde, kos en wyn. Die rubriek is ’n meerkantige sub-genre wat soms na aan die essay beweeg en soms weer oorhel na die rasegte (kort) kortverhaal soos duidelik geïllustreer in hierdie versameling. In die tipiese rubriek is die skrywer daarvan (as gefiksionaliseerde “ek”) nog duideliker aanwesig as in enige ander persoonlike skryfwerk: Sý voor- en afkeure, sý belangstellings en sý hebbelikhede staan voorop. Dit word gerelativeer deur selfspot, satire, ironie en humor; elemente wat almal skering en inslag vorm in Van Coller se rubrieke. Hierdie bundel is ’n eerlike en soms onthutsende besinning oor dit waaroor ons dink en waarbinne ons leef. Dit is leesstof vir elke betrokke leser wat ingelig wil wees en omgee vir ’n kollektiewe samespraak oor die mens, die land en die periferie daarvan. Prof. Anthea van Jaarsveld
CONTRIBUTORS: Hennie van Coller
EAN: 9781928518587
COUNTRY: South Africa
PAGES:
WEIGHT: 500 g
HEIGHT: 0 cm
PUBLISHED BY: Naledi
DATE PUBLISHED:
CITY:
GENRE: LANGUAGE ARTS & DISCIPLINES / Journalism, LITERARY COLLECTIONS / General
WIDTH: 0 cm
SPINE:
Book Themes:
Reportage, journalism or collected columns
Book Partnerships
For the Fans