FREE delivery to all EXCLUSIVE BOOKS stores nationwide. FREE delivery to your door on all orders over R450. Excludes all international deliveries.

Chanette Paul

Chanette Paul is a well-known author of romance and suspense fiction.

She received the Perskor Award for romance fiction for her novel Maalstroom van ekstase and has been shortlisted for the ATKV Prose Prize twice.

She lives in the Overberg.

  • Marilyn

    Marilyn

    Omring met haar geliefde vywervroue, weet Marilyn sy is nie een van hulle nie.Sy is ʼn kaivrou, die waterwese wat mans en kinders die dieptes intrek enverdrink. Daarvan getuig haar hele lewe tot hier toe. Dis iets waarmee sy gedinkhet sy vrede gemaak het.Met die pandemie wat die wêreld op sy kop keer en die ouderdom wat Marilynal hoe meer bewus maak van haar sterflikheid, is dit seker nie vreemd om bestekop te neem van wat agter lê nie. Dit moet wees waarom haar gedagtes deesdaeaanhoudend terug foeter na die verlede toe. So ver terug as daardie jaar toe syPaul Avenant ontmoet het, en uiteraard ook die tragiese gevolge van diéontmoeting. Nie dat dit daarna veel beter gegaan het nie. Een onbesonne dingna die ander het sy aangevang tot sy hier op Vywerbaai beland het. Hier waar symet haar seun kon herenig en, as enorme bonus, die vywervroue leer ken enhegte vriendskappe gesmee het.Sy was sowaar naïef genoeg om te dink die meetsnoere begin nou vir haar in dieregte plekke val. Tot die dag voor die eerste grendeltydperk toe sy besef ʼn mensse sondes haal jou altyd in. Selfs sondes wat jy nie self gepleeg het nie ...

    Chanette Paul ESTIMATED DELIVERY:
    Approx 4 Business Days

    R 290.00

    4 Days Delivery
  • Droomvanger

    Droomvanger

    Die mistigheid is klam en koel en dwarrel in vlae teen haar vel. Sy sak weg daarin. Los daarin op. Die mis rol nog digter teen haar aan, begin haar versmoor.Sy asem die digte klamheid hortend in. Nou is dit ook binne-in haar. Sy stoei vir asem ...Die droomwip moes haar drome verklaar, maar sy weet steeds nie wat hulle inhou nie.Die runesteen moet haar beskerm, maar die eerste aand op die plaas in die Maluti’s is daar ʼn moord.Die antieke manuskrip kan dalk haar toekoms verseker ... as sy oorleef.

    Chanette Paul ESTIMATED DELIVERY:
    Approx 4 Business Days

    R 390.00

    4 Days Delivery
  • Maryn: Boek 6

    Chanette Paul ESTIMATED DELIVERY:
    Approx 4 Business Days

    R 260.00

    4 Days Delivery
  • Murasie

    Murasie

    Moles is nie ongekend op Verlatenfontein nie. Moord ook nie. Inteendeel. Die Strandveld loop dik van die stories. Veral stories oor Verlatenfontein en die tyd toe die Brewisse daar gebly het. Oor Bert Brewis en sy humeur en oor sy beeldskone Engelse vrou. Ook oor hulle twee dogters – die oudste te vaal om hubaar te wees, die jongste ’n bottende skoonheid. En oor die woede wat so sterk deur die gene van hierdie luisterryke, vooraanstaande familie loop. Ras Erasmus ken feitlik elkeen van hierdie Verlatenfontein-stories soos oorvertel deur sy ouma Kate. Op haar doodsbed laat sy hom drie beloftes aflê. Die kans doen hom voor om hierdie beloftes na te kom toe hy ’n kwotasie moet uitwerk vir die restourasie van die opstal op Verlatenfontein nadat dit vir die vierde keer in honderd en twintig jaar net halfpad afbrand – raaiselagtig genoeg, telkens op ’nbetekenisvolle datum. Maar hy het nie rekening gehou daarmee dat daar ’n huurpag op ’n gedeelte van die plaas bestaan nie. Die huurpag is duur gekoop – nie soseer met geld nie, maar met ’n veel duurder kommoditeit. Eers toe Georgie Rabie Verlatenfontein toe moet vlug ná ’n twiet wat haar baie suur bekom het, hoor sy wat die ware storie is agterdie huurpag wat haar peetma hou. ’n Huurpag waaragter Ras Erasmus aan is, en nie net hy nie.

    Chanette Paul ESTIMATED DELIVERY:
    Approx 4 Business Days

    R 360.00

    4 Days Delivery
  • Lira

    Lira

    Lira kan feitlik enige gebreekte ding mooi of bruikbaar maak maar met liefdesverhoudings vaar sy minder goed. Veral waar daar kinders betrokke is. Sy het geen benul hoe om 'n ma te wees nie. Tog het sy geglo sy sal iets kan uitwerk wat waarde toevoeg tot Frank en Debbie se lewe.Dit is egter die een upcycling-projek waarin sy jammerlik misluk het.Sy beland op Vywerbaai waar sy 'n winkeltjie vir haar upcycle-produkte wil oopmaak. Die finansiële risiko’s wat sy neem is enorm en teenspoed bly nie uit nie maar sy bly vasberade – upcycle gaan sy haar lewe upcycle. Lira wen die kosbare vriendskap van drie eiesoortige vroue en die respek van 'n vierde maar verloor haar hart aan die verkeerdste man denkbaar – een met 'n sterwende vrou en 'n kind wat Lira haat. Die legende van die vywervrou van Vywerbaai word die tema van Lira se winkel maar hou ook 'n waarskuwing in: Ter wille van sy kinders sal 'n man sy taaibosspies deur 'n vywervrou se hart druk en haar visstert gaarmaak sodat hulle kan eet.Maar soos haar vriendin Corali sê: “Ons vywervroue laat ons nie fokken opvreet nie. Deur geen man vrou of kind nie.” Vywervrou: Lira is die eerste in Chanette Paul se nuwe trilogie wat in 2019 sal verskyn. Die tweede titel is Vywervrou: Mirre en die derde: Vywervrou: Corali.

    Chanette Paul ESTIMATED DELIVERY:
    Approx 4 Business Days

    R 290.00

    4 Days Delivery
  • Corali

    Corali

    Genomineer vir die 2021 ATKV-Veertjie vir liefdesromansCorali dra net wit en swart maar dis nie oor die dood van haar man wat sy rou nie. As kunstenaar treur Corali oor iets heel anders en as vrou treur sy oor soveel meer as haar huwelik.

    Chanette Paul ESTIMATED DELIVERY:
    Approx 4 Business Days

    R 390.00

    4 Days Delivery
  • Mirre

    Mirre

    “Hy sal vir jou sê dit sal nooit weer gebeur nie, maar trust me, dit sal. As daardie membraan tussen selfbeheer en gewelddadigheid eers eenkeer geskeur het, word dit nooit weer heel nie. Dis soos ? maagdevlies. Jy kan nooit weer ? maagd word nie. Soos onskuld. As jy dit eers verloor het, kry jy dit nooit weer terug nie. En die aanrandings sal eskaleer. It is the nature of the beast.” Mirre weet Marilyn is reg, maar ? Dreyer skei nie. En as sy hom aankla van huishoudelike geweld, sal hy nooit weer sy beroep as befaamde huweliksberader kan volg nie. Sy reputasie sal vernietig wees. En dít sal hy haar nooit vergewe nie. Buitendien, sy verstaan waar die ‘beast’ in haar andersins sjarmante man vandaan kom. Maar sy weet ook dat sy volgende keer dalk nie ? aanranding sal oorleef nie. Mirre gaan skuil by haar vriendin Corali op Vywerbaai, waar Boeta Naudé met sy vrou en drie seuns ook woon. Boeta, haar jeugliefde wat steeds haar hart in die holte van sy growwe bouershand hou. Mirre is die tweede deel van die Vywervrou-trilogie wat gaan oor vroue wat hulle lewenslesse op die moeilike manier leer, maar nie moed opgee nie.

    Chanette Paul ESTIMATED DELIVERY:
    Approx 4 Business Days

    R 370.00

    4 Days Delivery
  • Tamara: Boek 01

    Tamara (1899 - 1902) speel tydens die Anglo-Boereoorlog af en die romantiese vraag in die boek is: Wat gebeur as twee mense grootgemaak is om te glo dat hulle broer en suster is, mekaar liefkry en teen die agtergrond van die chaos van oorlog moet probeer uitvind hoe sake inmekaar steek? Die Davelvroue-reeks, wat in 2006 verskyn het, word nou heruitgegee op aandrag van lesers. Benewens die kwessie van vroue se bemagtiging, spreek Die Davelvroue ook eg Suid-Afrikaanse en spesifiek Afrikaanse geskiedkundige kwessies op subtiele wyse aan, alhoewel die genre steeds fokus op vroue se belewing van die liefde. Met hierdie konsep volg Chanette Paul die wel en wee van die mooi, maar wederstrewige Davelvroue van 1899 af tot en met 1938. Elkeen voer haar eie stryd, beleef op haar eie unieke manier die geskiedkundige tydperk. RELATED PRODUCTS Loading

    Chanette Paul ESTIMATED DELIVERY:
    Approx 4 Business Days

    R 270.00

    4 Days Delivery
  • Lira

    Lira

    Lira kan feitlik enige gebreekte ding mooi of bruikbaar maak, maar met liefdesverhoudings vaar sy minder goed. Veral waar daar kinders betrokke is. Sy het geen benul hoe om ? ma te wees nie. Tog het sy geglo sy sal iets kan uitwerk wat waarde toevoeg tot Frank en Debbie se lewe. Dit is egter die een upcycling-projek waarin sy jammerlik misluk het. Sy beland op Vywerbaai waar sy ? winkeltjie vir haar upcycle-produkte wil oopmaak. Die finansiële risiko's wat sy neem is enorm en teenspoed bly nie uit nie, maar sy bly vasberade - upcycle gaan sy haar lewe upcycle. Lira wen die kosbare vriendskap van drie eiesoortige vroue en die respek van ? vierde, maar verloor haar hart aan die verkeerdste man denkbaar - een met ? sterwende vrou en ? kind wat Lira haat. Die legende van die vywervrou van Vywerbaai word die tema van Lira se winkel, maar hou ook ? waarskuwing in: Ter wille van sy kinders, sal ? man sy taaibosspies deur ? vywervrou se hart druk en haar visstert gaarmaak sodat hulle kan eet. Maar soos haar vriendin Corali sê: “Ons vywervroue laat ons nie fokken opvreet nie. Deur geen man, vrou of kind nie.”

    Chanette Paul ESTIMATED DELIVERY:
    Approx 4 Business Days

    R 330.00

    4 Days Delivery
  • Fleur

    Fleur

    Die Davelvroue bestaan uit sewe boeke: Tamara, Willemien, Annabella, Deborah en Isabelle, Maryn en Fleur. Die reeks, wat in 2006 verskyn het, word nou heruitgegee op aandrag van lesers. Benewens die kwessie van vroue se bemagtiging, spreek Die Davelvroue ook eg Suid-Afrikaanse en spesifiek Afrikaanse geskiedkundige kwessies op subtiele wyse aan, alhoewel die genre steeds fokus op vroue se belewing van die liefde. Fleur (1938), ʼn Malherbe met suiwer Hugenotebloed in haar are, is die eienares van ʼn verwaarloosde wynplaas en ʼn groot hoop skuld, maar sy weet min van wynmaak en niks van wingerde nie. En dan kom Christiaan Davel aan in die vallei. Hy weet alles van wingerde en wyn af en laat haar hart skoon op galop gaan, maar hy is ʼn Transvaler en boonop lief vir iemand anders.

    Chanette Paul ESTIMATED DELIVERY:
    Approx 4 Business Days

    R 270.00

    4 Days Delivery
  • Willemien: Boek 2

    Willemien: Boek 2

    Publikasiedatum: Augustus 2011 In Willemien (1909, Tamara se broerskind) speel die taalstryd 'n rol. En die romantiese vraag hier is: Wat gebeur as 'n vrou, wat 'n konsentrasiekampkind was en wie se hele familie uitgewis is die die Engelse, verlief raak op 'n ler? En as sy boonop 'n stryder vir die taal is en haar liefde vir die man verg dat sy lerland toe moet trek?

    Chanette Paul ESTIMATED DELIVERY:
    Approx 4 Business Days

    R 270.00

    4 Days Delivery
  • Deborah: Boek 4

    Deborah: Boek 4

    Deborah (1923/1924, Tamara se middelste dogter) is 'n buitengewoon slim vrou met 'n passie vir argeologie. Hoe kry 'n vrou dit in daardie jare reg om op 'n argeologiese terrein aanvaar te word en wat gemaak as sy vermoed dat die man wat sy liefhet argeologiese skatte steel en verkwansel vir eie gewin?

    Chanette Paul ESTIMATED DELIVERY:
    Approx 4 Business Days

    R 270.00

    4 Days Delivery
  • Isabelle

    Isabelle

    Hul persoonlikhede knoop en skuur behoorlik ¿ sy, die opsters gravinnetjie, en hy, die boertige bywoner. Maar meer as 'n herinnering kan Isabelle nie word nie, want Arendt de Leeuw het net 'n paar maande oor.

    Chanette Paul

    R 260.00

  • Annabella

    Annabella

    Sonder Istvan Bethlen sal sy nooit weer volledig Annabella Davel wees nie. En sy het hom verloor. Op vlug is hy, 'n adellike, in Amsterdam doodgeskiet. Haar musiek, haar lewe is skielik betekenisloos, sonder sin.

    Chanette Paul ESTIMATED DELIVERY:
    Approx 4 Business Days

    R 270.00

    4 Days Delivery

Login

Forgot your password?

Don't have an account yet?
Create account