FREE delivery to all EXCLUSIVE BOOKS stores nationwide. FREE delivery to your door on all orders over R450. Excludes all international deliveries.

Maanschijnbaai 1: Jo en Sue

Chanette Paul
    Product form
      FORMAT: Paperback / softback

      R 360.00 Price and availability exclusive to website

      YOU COULD EARN 360 FUTURE RETAIL DISCOUNTS.

      Store stock available
      Good news! It looks like the product you’re looking for is also available in-store. Live Chat with one of our friendly agents to find the closest store with available stock, and if you’re a Fanatics member, we can set it aside for you to collect. Click the chat icon on the bottom right-hand side of your screen to start a Live Chat.

      ESTIMATED DELIVERY: Approx 4 Business Days
      BUY NOW PAY LATER
      From R 60.00 per month!
      3x monthly payments of R 120.00 with
      4x fortnightly payments of R 90.00 with

      Store stock available
      Good news! It looks like the product you’re looking for is also available in-store. Live Chat with one of our friendly agents to find the closest store with available stock, and if you’re a Fanatics member, we can set it aside for you to collect. Click the chat icon on the bottom right-hand side of your screen to start a Live Chat.

      Ontmoet die Calitze: vier uiteenlopende vroue, elkeen in ’n ander lewensfase, elkeen met haar eie geite en ’n verlede – met ’n hoofletter V. Die Maanschijnbaaiers sit behoorlik regop toe die Calitz-vroue die dorpie in oorlede Casper se pienk Cadillac binnevaar. As dit maar al was. Casper het egter sy afskuwelike turkoois kasarm ook aan hulle bemaak.Die Maanschijnbaaiers glo dit moet platgeslaan word, maar vir die Calitze kan dit dalk net uitkoms bied. As hulle die kasarm leefbaar maak, kan hulle dalk die onlangse verlede ontvlug. Jo kan 'n verhouding wat haar finansieel en emosioneel geruïneer het, verwerk. Sue kan ontsnap aan al haar eks-lovers. Nan kan oor die skok kom dat sy afgelê is. En Jeannie kan wegkom van die Maidens of Sappho.Maar op Maanschijnbaai haal die verre verlede hulle in. Want daar is iemand wat reken Casper se erfenis kom die “Calitz-slette” nie toe nie.

      Format: Paperback / softback CONTRIBUTORS: Chanette Paul EAN: 9781779860620 COUNTRY: South Africa PAGES: 564 WEIGHT: HEIGHT: 198 mm
      PUBLISHED BY: Penguin Random House South Africa DATE PUBLISHED: 2026-04-01 CITY: GENRE: FICTION / Romance / Contemporary WIDTH: 129 mm SPINE:

      Book Themes:

      Modern and Contemporary romance

      Customer Reviews

      Based on 1 review
      100%
      (1)
      0%
      (0)
      0%
      (0)
      0%
      (0)
      0%
      (0)
      A
      Amanda Claassens
      'n Erflating neem die vier Calitz-vroue na Maanschijnbaai

      Daar is ’n hele rits baie geldige redes waarom ek gesukkel het om my tande te kry in Jo & Sue, en daarna aanvanklik gespook het om ’n duik te begin maak in 635 bladsye. Chanette Paul se vermoë boeiend te skryf is allermins een van daardie redes. Dink eerder: fisio-assistent speel, voltydse versorger, onderbreekte slaap, en algemene onvermoë om te konsentreer. Die Calitz-slette met hulle kru taalgebruik was ook nie ’n goeie aanmoediging nie onder sulke omstandighede nie.
      Enkele dae gelede was daar egter ’n deurbraak en daarná was daar nie keer aan nie. Vier uiteenlopende vroue, twee met losse sedes, ’n matriarg wat die spulletjie aanmekaar moet hou, die jongste so lelieblank (letterlik) dat sy ten prooi val van ’n gevaarlike sekte. Dan is daar die manne wat elkeen op sy beurt ’n belangrike rol te spele het in die storielyn.
      Casper Calitz, die familiehoof, is vir jare vervreemd van sy nasate, maar laat sy boedel na aan die vier vroue. Dit klink op die oog af na uitkoms vir Jo, wat in groot finansiële verknorsing is, en vir Nan, wat gevra is om voortydig met pensioen te gaan. Totdat hulle Maanschijnbaai toe gaan en die erfposie gade slaan. “’n Kasarm. Uitgestrek. Grotesk. Verwaarloos. En verskriklik turkoois. Dis nou behalwe vir die pers en pienk en lemmetjiegroen deure en vensterrame.” (p.51)
      Voeg daarby ’n pienk Cadillac, Hiërofant, Casper se winkel wat kristalle verkoop, ’n uitgebreide boekery en ’n drie-jaar klousule in die testament, en die intrige is groot. Selfs die eksentrieke Gaudi-boustyl word bygesleep om nog verdere kleur te gee. Daar is soveel elemente aan die verhaal, onder andere liefde, erfskandes, bedrog, geweld, en godsdienstige verleiding,
      Die Maanschijnbaai-tweeluik is vyftien jaar gelede geskryf en nou hersien. Die nuwe buiteblaaie is besonder treffend en ’n waardevolle toevoeging tot my groeiende versameling van Chanette Paul se boeke.

      Chanette Paul is die bekende en gerekende skrywer van topverkopers soos Murasie, Marilyn en Offerlam. Sy woon op die Tuinroete saam met haar geliefde Blom. Anoniem, haar 50ste roman, is steeds ’n topverkoper.

      Recently viewed products

      Login

      Forgot your password?

      Don't have an account yet?
      Create account