Hierdie is ’n storie met ’n begin en ’n einde wat weer begin. Blou Feetjie is, nes alles en almal om haar, deel van die siklus van die lewe. Sy huppel en lag en wens almal geluk toe. Soms speel sy naby tien Baie Spesiale Stene wat hul oeroue wysheid met haar deel. Sy moet doodstil sit en baie, baie mooi luister om te hoor hoe sy die lewe vir ander makliker en beter en mooier en gelukkiger en ligter en liewer kan maak.
CONTRIBUTORS: Lizette Rabe
EAN: 9781928530589
COUNTRY: South Africa
PAGES:
WEIGHT: 500 g
HEIGHT: 260 cm
PUBLISHED BY: Naledi
DATE PUBLISHED:
CITY:
GENRE: JUVENILE FICTION / Fantasy & Magic
WIDTH: 210 cm
SPINE:
Book Themes:
Children’s / Teenage fiction: Fantasy
Lizette Rabe, ’n joernalis en media-akademikus, het sowat twintig jaar ervaring in die mediabedryf en was onder meer redakteur van Sarie. In 2001 is sy aangestel as hoof van die nagraadse Departement Joernalistiek aan die Universiteit Stellenbosch. Sy is die skrywer van verskeie akademiese en nie-akademiese publikasies. Die storie van die blou feetjie het sy al lank, lank gelede uitgedink, maar nooit geskryf nie – totdat die feetjie haar gedwing het om uiteindelik tog nou ook háár storie te vertel.
Book Partnerships
For the Fans