’n Baie lang brief aan my dogter is Marita van der Vyver, een van Afrikaans se mees geliefde skrywers, se ontroerende jeugmemoir. Hierin vertel ’n Afrikaanse ma vir haar Franse dogter van haar grootwordjare in die sestigs en sewentigs, in die bloeityd van apartheid. Maar is dit ook ’n storie oor taal en boeke en die wonderwerk van woorde. En hoe dit gekom het dat ’n skaam boekwurm uit ’n Afrikaanse middelklasfamilie, wat slegs ’n geslag vroeër nog werkersklas was, ’n skrywer geword het. Dis ’n boek wat die meeste mense nie sal kan neersit nie omdat dit ’n speurtog is deur ’n skrywer se beginjare en ’n liefdesbrief is aan ’n dogter en aan ’n taal en aan ’n land. En ’n ma se poging om sin te maak van hierdie onverskillige en wrede wêreld waarin sy haar nou begewe.
CONTRIBUTORS: Marita van der Vyver
EAN: 9780624090014
COUNTRY: South Africa
PAGES:
WEIGHT: 500 g
HEIGHT: 234 cm
PUBLISHED BY: Tafelberg Publishers Ltd
DATE PUBLISHED:
CITY:
GENRE: BIOGRAPHY & AUTOBIOGRAPHY / Personal Memoirs, POLITICAL SCIENCE / Political Freedom, POLITICAL SCIENCE / Human Rights
WIDTH: 152 cm
SPINE:
Book Themes:
Memoirs, Political oppression and persecution
Book Partnerships
For the Fans