FREE delivery to all EXCLUSIVE BOOKS stores nationwide. FREE delivery to your door on all orders over R450. Excludes all international deliveries.

Quinn se jaar van kwik

Quinn se jaar van kwik

    Product form
      FORMAT:
      YOU COULD EARN 0 FUTURE RETAIL DISCOUNTS.
      BUY NOW PAY LATER
      From R 0.00 per month!
      6x monthly payments of R 0.00 with
      4x fortnightly payments of R 0.00 with
      Excellentia is g’n gewone skool nie. Die plek is vol geheime en tradisies wat Quinn se hare laat rys. Maar sy is nie daar om te integreer nie – sy is daar om te leer. Ongelukkig is die lewe nie so voorspelbaar soos ’n chemie-eksperiment nie. En soms maak dit nie saak wat jy doen nie, die moeilikheid kom soek jou.
      CONTRIBUTORS: Quinn se jaar van kwik EAN: 9780637006248 COUNTRY: South Africa PAGES: 256 WEIGHT: 260 g HEIGHT: 212 cm
      PUBLISHED BY: LAPA Publishers DATE PUBLISHED: CITY: GENRE: YOUNG ADULT FICTION / General, YOUNG ADULT FICTION / Coming of Age, YOUNG ADULT FICTION / Romance / General, YOUNG ADULT FICTION / Sports & Recreation / General WIDTH: 137 cm SPINE:

      Book Themes:

      Children’s / Teenage fiction: Relationship stories, Children’s / Teenage fiction: Sporting stories

      Customer Reviews

      Based on 1 review
      100%
      (1)
      0%
      (0)
      0%
      (0)
      0%
      (0)
      0%
      (0)
      A
      Amanda Claassens
      Waar lê die grens tussen bewondering en teistering?

      Indien jy, soos ekself, gewonder het oor die titel van Zelda Bezuidenhout se jeugroman, Quinn se jaar van kwik, lê die antwoord in Quinn se voormalige chemie-onderwyser se filosofie: “Suksesvolle mense is soos kwik. Hulle kan oral wees en alles doen, maar laat nie toe dat hulle omwêreld aan hulle afsmeer nie.” (p.26) Dit is Quinn se matriekjaar. Sy is verban, so voel dit vir haar, na Excellentia, ’n sogenaamde koesterskool in Suid-Afrika, een met die voorkoms en tradisies wat grens aan Victoriaans. Gewapen met die vaste voorneme om by niks en niemand betrokke te raak nie.
      Die eerste gelade hoofstuk eindig op ’n dramatiese wyse. Moet egter nie ’n riller verwag nie. Eerder die uitstekende en sensitiewe hantering van die moeilike onderwerp van seksuele teistering. Haar voornemens om kwik te wees byt spoedig in die stof wanneer Quinn nie kan slaag om afstand te behou wanneer sy bewus raak van die Brothers nie. Vir geslagte, in die sogenaamde naam van tradisie, word meisies geteister en verneder deur Punteskrums, Sleutelgat en Sambok.
      Sinvolle stof tot nadenke is volop. Soos Quinn se besinning oor die verskil tussen flankeer en intimideer, tussen bewondering en teistering. (p.217) Jongmense kan met groot vrug gaan kers opsteek hier, dalk ook soos Quinn ’n eureka-oomblik ervaar wat hierdie moeilike begrippe aanbetref.
      Die positiewe kant van die verhaal fokus op vriendskap en waagmoed, met ’n lekker skeut nostalgie bygemeng. Suzi Quatro, die ou bakkie sonder ’n kap, kassette wat uitryg, Manfred man se Mighty Quinn, I will survive …
      Die fisiese boek het my nogal herinner aan An-Mari do Carmo se Toe als groen was. Nie alleen het Lapa Uitgewers weer geslaag om ’n pragtige produk daar te stel met gekleurde bladsyrante nie, maar dit hanteer ook gewigte onderwerpe wat uiters aktueel is. Opvoeding deur stories, sonder preke en lesings.
      Quinn se jaar van kwik is een van die naaswenners in die Lapa Jeugromankompetisie van 2023, en Zelda Bezuidenhout verdien beslis hierdie sukses.

      Zelda Bezuidenhout is in Zambië gebore, maar het op Hennenmanin die Vrystaat grootgeword. Ná skool het sy B.A. Kommunikasiekundeaan die P.U. vir C.H.O. (deesdae Noordwes Universiteit)gaan swot en aan die einde van haar vierde jaar wassy een van twaalf nagraadse studente landwyd wat gekies isvir ’n reklame-internskap by die AAA (Association of AdvertisingAgencies). Zelda het vir ‘n tweede keer as naaswenner inLAPA se jeugromankompetisie van 2023 bekroon gewees methaar hierdie jeugroman, “Quinn se jaar van kwik”. Sy het in 2018gedebuteer met haar eerste jeugroman, “As mens geluk konproe”.

      Book Partnerships

      For the Fans

      Recently viewed products

      Login

      Forgot your password?

      Don't have an account yet?
      Create account