FREE delivery to all EXCLUSIVE BOOKS stores nationwide. FREE delivery to your door on all orders over R450. Excludes all international deliveries.

Petunia Moraleng, voormalige stasiebevelvoerder op Parys, is haar rang kwyt en oorgeplaas Mooibaai toe. Vroeg in Desember word die oorskot van twee jong vroue ontdek en oornag bevind sy haarself as die hoofondersoeker in ’n raaiselagtige moordsaak. Wat het Die Clowns, ’n Russiese skeepskaptein en die matriag van die vooraanstaande Heemstra-familie se testament gemeen? En waar kom die albaster in die eerste slagoffer se hand vandaan?

CONTRIBUTORS: Sidney Gilroy EAN: 9780798184212 COUNTRY: South Africa PAGES: WEIGHT: HEIGHT:
PUBLISHED BY: Human & Rousseau DATE PUBLISHED: CITY: GENRE: WIDTH: SPINE:

Book Themes:

Customer Reviews

Based on 1 review
100%
(1)
0%
(0)
0%
(0)
0%
(0)
0%
(0)
A
Amanda Claassens
Onrus op Mooibaai

Anders as by die romanse, waar daar gewoonlik naas die twee hoofkarakters, dalk ’n antagonis betrokke is en hoogtens ’n paar randkarakters, leen die spanningsverhaal of krimi, hom uitstekend daartoe om ’n uitgebreide karakteraanbieding te hê. Bloedsomer illustreer hierdie stelling deur en deur. Petunia is ’n nuweling op Mooibaai, en saam met JP maak hulle die kern uit van die wetstoepassing op die dorp. Maar dan is daar ’n breë spektrum van rolspelers, wat insluit die vooraanstaande Hiemstra gesin, hulle werknemers, bendes, selfs Russiese seëlui.
Die verhaal is goed geposisioneer in ’n relevante tydsgees, in die nadraai van die pandemie, die bendeaktiwiteite in die Suid-Kaap, die altyd toenemende haweloses, en die oorlog in Oekraïne. Geestesgesondheid kom ook onder die loep, met ’n belangrike karakter wat manifesteer met dissosiatiewe identiteitsversteuring.
Die komplot is nogal bisarre, maar uiters boeiend. Die gestroopte taalgebruik van die skrywer maak dit maklik om bladsy na bladsy byna moeiteloos te verslind. Stellings soos: “Voorheen was daar ’n druptoestel, maar haar ma se are het onder die veloppervlak verdwyn en na binne gevlug. Amper soos haar teenwoordigheid wat nou êrens agter haar dowwe oë skuil.” (p. 228 van die e-boek), onderstreep die feit dat Sidney Gilroy ’n puik skrywer is, een wat ek nou eers ontdek het.
Die afloop van die krisisgebeure, en spesifiek die optredes van Petunia en JP, wou vir my onrealisties voorkom, totdat ek besef het dat mens neig om te meet aan televisie en film, waar swat-spanne soos vanuit die niet verskyn en situasies ontlont. Trouens, Petunia herinner haarself dat daar geen hulp op Mooibaai of omstreke beskikbaar is nie.
As ’n krimi jou koppie tee is, kan jy gerus belê in hierdie een.
Bloedsomer is uitgegee deur Human & Rousseau, ’n druknaam van NB Uitgewers.

Book Partnerships

For the Fans

Recently viewed products

Login

Forgot your password?

Don't have an account yet?
Create account