FREE delivery to all EXCLUSIVE BOOKS stores nationwide. FREE delivery to your door on all orders over R450. Excludes all international deliveries.

  • Ready to gift SANTA SAFE
    Hartklop in kakie

Hartklop in kakie

Hartklop in kakie

    Product form
      FORMAT:
      YOU COULD EARN 0 FUTURE RETAIL DISCOUNTS.
      BUY NOW PAY LATER
      From R 0.00 per month!
      6x monthly payments of R 0.00 with
      4x fortnightly payments of R 0.00 with
      Megan is ’n vuurvreter advokaat wat haar nie van stryk bring nie, totdat sy die aantreklike Eckhardt met sy verspotte kort kakiebroek raakloop. Boonop moet sy nou saam met sy broer, ’n alombekende mode-ontwerper, werk. Eckhardt staan nie terug vir ’n uitdaging nie en stel sy mense altyd bo homself. Megan betree sy lewe en vir die eerste keer is sy eie smagting belangriker. Sal Megan haar trots kan opgee om haar hart te volg, of sal sy toelaat dat liefde deur haar vingers glip?
      CONTRIBUTORS: Hartklop in kakie EAN: 9781779870117 COUNTRY: South Africa PAGES: 192 WEIGHT: 100 g HEIGHT: 170 cm
      PUBLISHED BY: LAPA Publishers DATE PUBLISHED: CITY: GENRE: FICTION / General, FICTION / Romance / General, FICTION / Romance / Fantasy WIDTH: 107 cm SPINE:

      Book Themes:

      Fantasy romance, Romance

      Customer Reviews

      Based on 1 review
      0%
      (0)
      100%
      (1)
      0%
      (0)
      0%
      (0)
      0%
      (0)
      A
      Amanda Claassens
      'n Verspotte kortbroek laat die liefde blom

      Ek het myself al telkens uitgelaat oor die vindingrykheid waarmee goeie romanseskrywers, binne die beperkings van die genre, met interessante invalshoeke vorendag kom. Ek moet sê dat dit wel die eerste keer is wat ’n kortbroek so sterk figureer dat dit byna ’n volwaardige karakter word. Ek verwys natuurlik na die nommertjie in kakie, waarna die heldin, Megan, verwys as “Daardie verspotte kortbroek!” (p.27)
      Die prominensie van die klein kortbroekie waarin die aantreklike Eckhardt oral gesien word, skakel baie goed in by die agtergrond waarteen die verhaal ontplooi. Die modewêreld, met eksentrieke ontwerpers soos Erick K-man, onderkruipery, ontwerpe wat gesteel word, die druk en kompetisie van groot geleenthede, soos die tersaaklike Modeweek – dit alles gee die leser ’n gawe kykie in ’n milieu wat nog nie tot vervelens toe aangebied is nie.
      Dit was interessant om te sien hoe die sagte aanslag van Eckhardt algaande deur Megan, ’n hardvogtige advokaat wat spesialiseer in “Fashion Law”, se skanse breek. Die omgewing dra ook by, ’n gasteplaas waar die Kellermans woon en werk. “Wat gaan aan met haar in hierdie plek? Word sy sag?” (p.46)
      Felicia Snyman is ook ’n gesoute en veelsydige skrywer. Buiten haar talle Romanzas, het sy ook suksesvolle kinderboeke geskryf, die nuutste waarvan Benru se boomskok, die mark van 11 jaar en ouer teiken.

      Felicia Snyman is in Springs gebore. Sy het ná skool haar LLB by die Universiteit van Pretoria verwerf. Felicia is tans ’n prokureur en voltydse dosent in regsgeleerdheid. Felicia spog ook as ’n gepubliseerde romanseskrywer. Van die inspirasie vir haar skryfwerk spruit uit haar werk as ’n egskeidingsprokureur en gesprekke met haar hartsmense. Sy sien die hartseer gedeeltes van ander raak waarin daar soveel potensiaal vir ’n gelukkige einde opgesluit lê. Sy woon tans in Centurion saam met haar man en kinders.

      Book Partnerships

      For the Fans

      Recently viewed products

      Login

      Forgot your password?

      Don't have an account yet?
      Create account