FREE delivery to all EXCLUSIVE BOOKS stores nationwide. FREE delivery to your door on all orders over R450. Excludes all international deliveries.
Het Van Verlangekraal
Ek dink dit is veilig om te sê dat Het van Verlangekraal ’n plek verdien in die Afrikaanse volksmond. Al het jy, soos ekself, nie die oorspronklike roman deur Johann Bekker gelees of die rolprent, Gee my jou hand, ’n verwerking daarvan, gesien nie, het jy dalk die 1984 televisiereeks, met Sally Campher in die rol van Het, gevolg, of die radioverhaal op RSG geluister.
Die bekende Leon van Nierop was die dryfveer agter beide die televisiereeks en die radioverhaal, maar steeds het hy gevoel dat Het Heiberg se verhaal nog nie na behore vertel is nie. Met die verskyning van sy splinternuwe weergawe met die treffende buiteblad, is daar ’n paar wesentlike veranderinge wat Van Nierop aangebring het, terwyl die essensie van die verhaal behoue gebly het.
Die verhaal speel nou af in 1960, in teenstelling met die oorspronklike 1959. Het is nou ’n hoërskoolleerling, terwyl sy oorspronklik in standaard 5 was. Die feit dat die nuwe weergawe ’n ouer Het oopskryf, laat meer ruimte om haar komplekse persoonlikheid te ondersoek. Haar familie-agtergrond, die skreiende armoede van ’n bywonersbestaan en ’n dronk pa wat mishandel, die spot van die kinders waarmee sy skouers skuur en haar gebrekkige selfbeeld gee aanleiding tot ’n rebelse tiener wat geen beheer het oor haar woedeuitbarstings nie.
Die skrille kontras tussen die nuwe skoolhoof en Het se Afrikaansonderwyser, wat die held van die verhaal is, word deeglik uitgebou. Doep tree telkens vir haar in die bresse: “Ons het maar almal krake en barste. Soms slaag ons om die kraak toe te smeer of te oorkom. Maar die twee lê gevaarlik naby aan mekaar.” (p.212) Die fyn lyn tussen dissipline en mishandeling het my ook telkens laat sidder.
Die leefwyse en wêreld van daardie tyd, kom nou ’n goeie skoot nostalgie. Die His Majesty’s-teater, Die Bloukamer, Joubertpark en Braamfontein se woonstelstrate was deel van my verwysingsraamwerk. So ook die politieke bestel, hoewel politiek nooit die fokus in hierdie roman was nie. Die klem lê deurentyd op mense, hulle ambisies, vrese, struikelblokke en oorwinnings.
Na dese gaan ek nie vinnig vergeet van Het Heiberg nie. Dit is ’n roman wat in die huidige hersiene formaat maklik lees, die ontstellende tema ten spyt. Die gemaklike lettergrootte het ook bygedra dat ek in ’n paar sittings hierdie publikasie van Tafelberg, kon baasraak.

We will notify you on events like Low stock, Restock, Price drop or general reminders so that you don’t miss the deal
A retelling of reality. Absolutely skillful writing and a storyline that grabs you by the throat and doesn't let go until the end! I loved it!
Lovely book. Inspiring for children. Love everything about it.e story, the pictures and the fact it is positive feedback for children.
Thank you Shudu. :)
As always, ordered a voucher for young relatives gifts as I live abroad sophisticated service you offer is a great way of treating the children and keeping them encouraged to keep reading books instead of electronic methods.
Overall great service and the children now look forward to receiving these for Christmas and Birthday times.