FREE delivery to all EXCLUSIVE BOOKS stores nationwide. FREE delivery to your door on all orders over R450. Excludes all international deliveries.

CONTRIBUTORS: Uit die Beek 2025 EAN: 9780796323354 COUNTRY: South Africa PAGES: 392 WEIGHT: 500 g HEIGHT: 234 cm
PUBLISHED BY: Lux Verbi DATE PUBLISHED: CITY: GENRE: RELIGION / Christian Living / General WIDTH: 152 cm SPINE:

Book Themes:

Christian life and practice

Customer Reviews

Based on 1 review
100%
(1)
0%
(0)
0%
(0)
0%
(0)
0%
(0)
A
Amanda Claassens
Stap deur die Bybel in 2025 met hierdie feesuitgawe

In lyn met die verwagting vir hierdie tyd van die jaar, verskyn daar tans meerdere boeke met dagstukkies vir die nuwe jaar wat aangesnel kom. Die teikengehore verskil, hoewel dit almal gemik is om aanvullend tot persoonlike stiltetyd gebruik te word, of selfs in kleingroep verband. Ek het ’n paar onder oë gekry wat beslis meer aanklank gaan vind by vroulike lesers, een van Luca en een van Lux Verbi.
Die tweede een uit die Lux Verbi-stal is egter ideaal vir gesinne, hetsy persoonlike Bybelstudie of vir huisgodsdiens, asook Bybelstudiegroepe. Dit is natuurlik die immergewilde Uit die Beek, en op die koop toe ’n spesiale uitgawe om 100 jaar te gedenk. Sedert die eerste uitgawe ’n eeu gelede verskyn het uit die pen van Ds Attie van Wijk, het sy twee seuns hom ná ’n vrugbare tyd van veertig jaar, opgevolg as skrywers van die dagstukboeke wat toe reeds tradisioneel in huise gelees is. Ander skrywers het gevolg. Hierdie feesuitgawe, wat as ’n versamelaarsitem beskou kan word, is soos die afgelope jare sedert 2018, die pennevrug van die bekende Barend Vos, skrywer van Bybelromans waaronder Rut & Boas, en Kanaän.
Die motivering was uit die staanspoor om lesers te inspireer om wyer te lees in die Bybel as enkele teksverse. Dit word dan ook vanjaar voortgesit deur die hele Bybel te dek en te groepeer onder die twaalf maande. Aanvullend tot die daaglikse skriflesing, die gewone boodskap en die gebed, word daar telkens aanvullende skrifgedeeltes voorgestel in voetnotas onder die opskrif: “Lees later”. Die getroue leser word dus begelei om groot gedeeltes van die Bybel in 2025 te lees en te oordink.
Soos die maande vorder, besoek die leser dan afwisselend die Ou Testament en die Nuwe Testament. Daar is ook spesiale aandag gegee aan die kerkkalender, wat insluit Lydenstyd, Paastyd, Pinkster en Advent.
Uit die Beek 2025 is uitgegee deur Lux Verbi, die geestelike druknaam van NB Uitgewers

Book Partnerships

For the Fans

Recently viewed products

Login

Forgot your password?

Don't have an account yet?
Create account