FREE delivery to all EXCLUSIVE BOOKS stores nationwide. FREE delivery to your door on all orders over R450. Excludes all international deliveries.

  • Ready to gift SANTA SAFE
    Toevlug

Toevlug

Toevlug

    Product form
      FORMAT:
      YOU COULD EARN 0 FUTURE RETAIL DISCOUNTS.
      BUY NOW PAY LATER
      From R 0.00 per month!
      6x monthly payments of R 0.00 with
      4x fortnightly payments of R 0.00 with
      Petro beland by Toevlug – ’n skuilplek vir randfigure soos sy met haar seer; ontnugterde hart. Daar ontmoet sy vir Riaan; ’n dominee wat hom oor haar ontferm; maar Petro wil niks weet van ’n God wat toegelaat het dat sy aan soveel genadelose geweld en hartverskeurende verlies blootgestel is nie. ’n Jaar later ontdek twee noodlenigingswerkers ’n verrassende vonds by ’n ou; versteekte mynskag in die reënwoud ... Ida en Gary tref reëlings om hulle kosbare ontdekking terug te neem na Suid-Afrika waar hulle werk hul ook na Toevlug neem. Die een verloor haar geloof en die ander moet leer om te glo ... maar is dit te veel gevra om te hoop dat alles tog ten goede sal uitwerk? Kan blote geloof vertroosting bied en diep geëtste hart wonde weer gesond maak? Wat maak ’n mens met die letsels op jou hart wanneer oorbegin jou roep? En dan is daar ook die onmiskenbare samevloeiing van iets groters as hul albei wat hierdie vroue onlosmaaklik aan mekaar verbind. Beide Petro en Ida word tot die uiterste toe beproef ... “U is ’n toevlug … ’n skuilplek …” het Jesaja gesê. Tussen aksie en avontuur; ongelooflike verlies en lyding; en die verbete houe van die noodlot; vind twee vroue mekaar in hul eie besonderse geloofsreise in Toevlug.
      CONTRIBUTORS: Toevlug EAN: 9781779880185 COUNTRY: South Africa PAGES: 256 WEIGHT: HEIGHT:
      PUBLISHED BY: LAPA Publishers DATE PUBLISHED: CITY: GENRE: FICTION / Religious WIDTH: SPINE:

      Book Themes:

      Religious and spiritual fiction

      Customer Reviews

      Based on 1 review
      100%
      (1)
      0%
      (0)
      0%
      (0)
      0%
      (0)
      0%
      (0)
      A
      Amanda Claassens
      Waarom help die Here nie, is Hy werklik?

      Louise Viljoen is ’n vryskutresensent, taalpraktisyn en sommer alles wat met woorde te doen het. Haar geloof, omgee vir mense en haar sagtheid het uiting gevind in haar boek, Gesinstyd met God, wat in 2022 deur Luca gepubliseer is. Ek het met groot verwagting uitgesien na haar eerste roman, en wel in die geestelike fiksie genre. Niks kon my egter voorberei op die hou-in-maag-inpak van Toevlug nie.
      In die Kongolese reënwoud word die sendingstasie waar Evert en Petro Mentz arbei, deur ekstremiste onder leiding van die wrede kolonel Ahadi Idi Nyoma, bekend as La Hyène, Die Hiëna, aangeval. Die terreur word nie versag nie, ook nie die ontsettende ontbering wat wag op Petro, wat wonderbaarlik die aanval oorleef nie. Wanneer sy uiteindelik ’n holte vir haar voet vind op Toevlug, noem sy haarself Mara, vanweë die bitterheid wat sy voel jeens die Here wat haar versaak het.
      Die skrywer konfronteer haar lesers met die krisis waarmee baie mense worstel: waarom laat die Here toe dat slegte dinge met mense, selfs goeie, godsdienstige, mense, gebeur? “Op die einde gaan dit oor goed en sleg… Soms wen die slegtes en dan wen die goeies weer… Daar hoef nie redes te wees nie…” (p. 205) Mara se wroeging bring haar nie uit by ’n antwoord nie, net by die kwelvraag: “Maar wat as die Here werklik bestaan? Wat as Hy werklik is?” (p.205).
      Verder word ook die kwessie aangeraak van huwelike tussen gelowiges en dié wat nie die Here volg nie. Die aanverwante storielyn van Ida en Gary lig hierdie saak uit, terwyl Ida ook haar geloof verloor het, weliswaar onder ander omstandighede.
      Die storie boei enduit, maar dit is veral die gebede wat woordeliks opgeteken word, wat my telkens aan die hart geruk het. Dit is Woordgefundeer en spreek van opstandige verset en soeke na sin aan die een kant, en ernstig intree vir die redding en genesing van trauma aan die ander kant.
      Die aanbieding is sinvol verdeel vanuit die oogpunte van Petro, Mara, Riaan en Ida, wat die vernaamste rolspelers is. ’n Verskeidenheid randfigure, elkeen met ’n lewensverhaal van val en oorwinning, vul die storielyn aan en maak daarvan ’n besondere leeservaring.
      Toevlug, deur Louise Viljoen, is weereens ’n publikasie van Luca, die geestelike druknaam van Lapa Uitgewers.

      Louise Viljoen is ’n taalpraktisyn; manuskripontwikkelaar; vertaler en boekresensent van Jeffreysbaai in die Oos-Kaap. Sy werk vryskut vir privaat kliënte en uitgewers en help skrywers om hulle skryfdrome te verwesenlik. LUCA het haar boek; Gesinstyd met God; in 2022 gepubliseer. Sy glo dit is haar roeping om geestelike boeke te skryf. Toevlug is haar jongste roman.

      Book Partnerships

      For the Fans

      Recently viewed products

      Login

      Forgot your password?

      Don't have an account yet?
      Create account