FREE delivery to all EXCLUSIVE BOOKS stores nationwide. FREE delivery to your door on all orders over R450. Excludes all international deliveries.

Seenimf en die skeepsdokter

Seenimf en die skeepsdokter

    Product form
      FORMAT:
      YOU COULD EARN 0 FUTURE RETAIL DISCOUNTS.
      BUY NOW PAY LATER
      From R 0.00 per month!
      6x monthly payments of R 0.00 with
      4x fortnightly payments of R 0.00 with
      Verpleegsuster Kira Louw gaan werk op die Sea Nymph-toerskip sodat sy van ’n teisteraar af weg kan kom.Sy en die aantreklike dokter Albert Dorell is dadelik aangetrokke tot mekaar maar albei het voorbehoude. Kira is nou lugtig vir mans. Albert se pa se ryk familie op Malta het op sy ma neergesien en sy ouers is geskei.Vroue is net so aangetrokke tot Alber t as wat mans tot Kira is. Sal die liefde seëvier?
      CONTRIBUTORS: Seenimf en die skeepsdokter EAN: 9781779870421 COUNTRY: South Africa PAGES: 192 WEIGHT: 100 g HEIGHT: 170 cm
      PUBLISHED BY: LAPA Publishers DATE PUBLISHED: CITY: GENRE: FICTION / General, FICTION / Romance / General, FICTION / Romance / Fantasy WIDTH: 107 cm SPINE:

      Book Themes:

      Fantasy romance, Romance

      Customer Reviews

      Based on 1 review
      0%
      (0)
      100%
      (1)
      0%
      (0)
      0%
      (0)
      0%
      (0)
      A
      Amanda Claassens
      Twee uiters aantreklike mense saam op see

      In onlangse Romanzas was daar ’n paar boere waaroor lesers en heldinne geswymel het. Malene Breytenbach skryf toe ook ’n boer in haar nuwe Romanza in, maar met die verskil dat hierdie boer die skurk is. ’n Angswekkende en afstootlike teisteraar wat vir Kira Louw noop om ’n pos as verpleegster op ’n luukste passasierskip te aanvaar in ’n poging om van hom ontslae te raak.
      Dit bring dan ook die ware held in die prentjie, die aantreklike skeepsdokter, Albert Dorell. Struikelblokke is ’n gegewe in die romanse genre, maar die skrywer vermy een wat alte dikwels opduik, naamlik ’n held wat vooraf besluit het, om welke rede ookal, dat hy nie gaan trou nie. Sy kom met ’n vars invalshoek, naamlik die vereiste dat ’n vrou vir Albert moet kan aanpas by ’n gegoede en tradisievaste familie op Malta. Anders as sy pa en sy voormalige Suid-Afrikaanse vrou, wie se huwelik nie die toets deurstaan het nie.
      Die feit dat aantreklike mans en vrouens gewoonlik té veel aandag kry van die teenoorgestelde geslag, maak ook telkens deel uit van die storielyn van Seenimf en die skeepsdokter. Die skip en die bedrywighede dien as agtergrond, maar oorheers nie die storielyn nie. ’n Oulike ekstra is die pittige karakter, Lee-Anne in wie Kira ’n bondgenoot vind. “Jy’t nie vir my koebaai gesê nie, toe’s ek nogal aangevat in my binneste, jy weet.” (p.106) Ek het vir Lee-Anne baie geniet, so ook die storie as geheel. Daar was oorgenoeg onverwagte wendings om die aandag te behou, alvorens die uiteindelike gelukkige einde aanmeld.

      Malene Breytenbach woon in Stellenbosch met haar man, Willie. Sy het al byna vyftig romanses geskryf. Sy skryf ook romans, kortverhale en koerantartikels en lewer gereeld resensies vir tydskrifte en koerante.

      Book Partnerships

      For the Fans

      Recently viewed products

      Login

      Forgot your password?

      Don't have an account yet?
      Create account