FREE delivery to all EXCLUSIVE BOOKS stores nationwide. FREE delivery to your door on all orders over R450. Excludes all international deliveries.

Lija is ’n meisie van Joods-Romeinse afkoms en die aangenome dogter van Pontius Pilatus. Sy bevind haar in ’n gereëlde verlowing met Silva, ’n Romeinse tribuun. Eers dink sy hy is nes al die ander Romeinse mans, harteloos en ongenaakbaar. Tot haar verbasing begin liefde egter in beide van hulle harte vir mekaar ontwaak ...Silva en Lija het uiteenlopende gevoelens oor die man wat die Jode soveel hoop gee en die Romeine omkrap. Lija glo die man wat hulle die messias noem bring genesing en ’n nuwe begin. Sy skaar haar by die Selote om wapens uit ’n Romeinse arsenaal te steel om die skaal van gesag te laat kantel. Sy doen dit met die wete dat dit Silva se lewe ook in gevaar kan stel, maar haar oortuigings vuur haar aan. En Silva doen die onvergeetlike ... hy is deel van die groep soldate wat die Jode en Lilja se hoop – die messias – kruisig.Albei is diep seergemaak en ontnugter deur die ander se optrede en die vertroue tussen hulle lê aan skerwe. Is hulle liefde vir mekaar vir altyd verlore? Of sal Lija en Silva vanuit die as kan opstaan en vir hul liefde veg ...
CONTRIBUTORS: Frenette van Wyk EAN: 9781779880529 COUNTRY: South Africa PAGES: WEIGHT: 240 g HEIGHT: 234 cm
PUBLISHED BY: LAPA Publishers DATE PUBLISHED: CITY: GENRE: FICTION / Christian / General, FICTION / Christian / Romance / Historical WIDTH: 153 cm SPINE:

Book Themes:

Modern and contemporary fiction: general and literary, Religious and spiritual fiction

Customer Reviews

Based on 1 review
0%
(0)
100%
(1)
0%
(0)
0%
(0)
0%
(0)
A
Amanda Claassens
Intense wraakgedagtes en onvoorsiene gedagtes van liefde in konflik

Lija, die stiefdogter van Pontius Pilatus, kom in Jerusalem aan met twee brandende begeertes wat haar rebelse optrede aanvuur: haar intense haat en wraakgedagtes jeens alle Romeine en haar hoop om vir Jesus te ontmoet. Sy glo dat Hy die gat in haar binneste kan genees. Sy is onverskrokke in haar verontagsaming van voorskrifte en in die proses beland sy herhaaldelik in gevaarlike situasies, situasies waaruit Silva, ’n Romeinse tribuun, haar telkens red.
Die verhaal is geplaas in die tydgleuf vlak voor die kruisiging, en die tyd direk daarna. Jy sal karakters soos Judas Iskariot, Barabbas en Herodes raaklees in die boeiende vertelling van die jong Joods-Romeinse meisie met ’n hartseer verlede wat haar verbitterd gelaat het. Sy het nie rekening gehou daarmee dat die Romein, met stryd van sy eie, haar hart gaan wen nie. “Wat het geword van haar belofte aan haarself om met elke Romein wat haar pad kruis, af te reken? (p. 104)
Die verhouding blyk onversoenbaar te wees, want Silva deel nie haar geloof nie. Die storielyn met volop konflik, vorder met ’n pas wat verseker dat jy nie sommer die boek wil neersit nie. Ek het groot simpatie gehad met die gekwelde hoofkarakter, hoewel haar hardkoppigheid my byna moedeloos gemaak het. Silva het, ten spyte van sy toewydig, self ’n goeie skeut onversetlikheid openbaar. Beslis ’n ryke aanbieding van stryd en sterk emosies.
Frenette van Wyk bewys haarself weereens as ’n baie veelsydige skrywer. Sy het reeds haar slag getoon met ritse romanses in verskillende sub-genres, wat insluit historiese fiksie (Silwerspoor van die maan), fantasie (Onmoontlike droom), en onlangs Om aan ’n ster te raak, ’n Inspirasie storie gekombineer met fantasie. Sy het ook ’n paar SuperRomanzas geskryf, onder andere Geliefde rebel. Met Stryd vir liefde, ’n geslaagde Bybelroman, brei sy haar oeuvre nog verder uit.
Stryd vir liefde is ’n publikasie van Luca, die geestelike druknaam van Lapa Uitgewers

Vir Frenette van Wyk beteken verhale skryf om iets uit jou hart te haal en lewe daaraan te gee. Die verhale bied vir haar net soveel opwindende ontvlugting en avontuur as vir haar lesers. Sy is ’n romantikus en skryf graag liefdesverhale met gelukkige eindes – iets wat grens aan die sprokiesagtige, en tog iets waarna elke vrou verlang en waarin hulle met hart en siel wil glo. Sy woon in Pretoria saam met haar man Etienne en is ’n trotse ouma. Van haar vorige liefdesverhale sluit in, Silwerspoor van die maan, Liefde op Petit Paris, In die sterre geskryf, en Wintersprokie. Sy het ook twee jeugboeke geskryf, Elikser en Die woud van sneeu en ys.

Book Partnerships

For the Fans

Recently viewed products

Login

Forgot your password?

Don't have an account yet?
Create account