FREE delivery to all EXCLUSIVE BOOKS stores nationwide. FREE delivery to your door on all orders over R450. Excludes all international deliveries.

Nogtans-geloof

Ivor Swartz

    Product form
      FORMAT: Paperback

      R 290.00 Price and availability exclusive to website

      YOU COULD EARN 290 FUTURE RETAIL DISCOUNTS.
      ESTIMATED DELIVERY: Approx 4 Business Days
      Hoe hou ek vas aan God terwyl my ervaringe nie hoop weerspieël nie? Ivor Swartz lei ons om aan die hand van die Habakuk 3:17 te vra hoe lyk 'n nogtans-geloof gebedslewe, hoe praat en leef ek voor ander met my nogtans-geloof en hoe bly ek geanker in God, eerder as die uitkoms? 
      Ivor leer ons om 'n nogtans-geloofuitkyk toe te pas, deur te kies: kies om te lewe vir wat ewigheidswaarde dra, om ons perspektief te verander na nogtans-geloof in tyd van krisis en om te reageer op ’n nogtans-manier. 
       
      CONTRIBUTORS: Ivor Swartz EAN: 9780796323385 COUNTRY: South Africa PAGES: 224 WEIGHT: HEIGHT:
      PUBLISHED BY: Lux Verbi DATE PUBLISHED: CITY: GENRE: WIDTH: SPINE:

      Book Themes:

      Customer Reviews

      Based on 1 review
      0%
      (0)
      100%
      (1)
      0%
      (0)
      0%
      (0)
      0%
      (0)
      A
      Amanda Claassens
      Habakuk vóór die loflied

      Ek het Ivor Swartz se nuwe boek al ’n tydjie gelede begin, maar ander boeke het knaend in die ry gespring. Totdat ek vanuit ’n heel ander oord gekonfronteer word met dieselfde waarhede waarna die skrywer onder andere, by monde van die profeet, Habakuk, verwys. By ’n biduurgeleentheid is ons herinner aan Johannes 16 vers 33: “Dit het Ek vir julle gesê, dat julle in My vrede kan hê. In die wêreld sal julle verdrukking hê; maar hou goeie moed, Ek het die wêreld oorwin.” Dit het my geïnspireer om erns te maak met Nogtans-geloof, gepen na aanleiding van Habakuk se pad wat hy gestap het onder uitdagende omstandighede.
      Christene kan byna deur die bank lustig saamsing oor vyebome wat nie bot nie, van mislukte oeste, krale sonder vee en voete soos ribbokke (Habakuk 3:17-19). Maar die proses wat hierdie profeet uiteindelik laat jubel het, is minder bekend. Aanvanklik is die profeet opstandig omdat onreg seëvier, hy kla by God oor wetteloosheid, geweld en vernietiging. Hy vertoef lank genoeg in gebed by God om God se antwoord te kry dat Hy die onreg nie ongestraf sal laat nie.
      Die skrywer trek deurgaans ’n parallel met ons omstandighede in Suid-Afrika, waar wetteloosheid, korrupsie en geweld oënskynlik ook seëvier. Hy raak persoonlik en eerlik deur te erken dat hy self sy eie trauma en seer as verskoning gebruik het om minder as ’n dissipel van Jesus op te tree (p.168).
      Daar gaan ook ernstige waarskuwings uit in die boek: “God kan nie gemanipuleer word nie – nie met trane, biddae, vasdae of enige ander soort godsdienstige rituele nie. God kan vertrou word – Hy ken jou, jou omstandighede, jou verse en beproewinge.” (p.29) ’n Ander groot gevaar wat die skrywer uitwys, is dat ons kennis van God in diens begin staan van ons verwagtinge, welke verwagtinge dan jou siening van God gepaal. Die skrywer gebruik die voorbeeld van Jona in hierdie verband.
      Nogtans-geloof kan effektief gebruik word as studiehulpmiddel wanneer die boek van Habakuk deurgewerk word. Ek herhaal ten slotte graag die stelling wat Ivor Swartz reeds vroeg maak: “Ek glo in nogtans omdat ek al die donkerste van tye oorleef het, en eerstehands gesien het die lig is altyd sterker en hou langer.” (p.16)
      Nogtans-geloof is ’n publikasie van Lux Verbi, druknaam van NB Uitgewers. Die skrywer verskaf ook ’n lys van boeke wat hy aanbeveel om ter aanvulling te lees.

      Book Partnerships

      For the Fans

      Recently viewed products

      Login

      Forgot your password?

      Don't have an account yet?
      Create account