FREE delivery to all EXCLUSIVE BOOKS stores nationwide. FREE delivery to your door on all orders over R450. Excludes all international deliveries.

4 Day Delivery

  • Anderman se Vrou

    Anderman se Vrou

    Daar is spore doodgevee. Iemand het die opdrag gegee vir wat met daai vyf moet gebeur. En ek wil weet wie. Daar is raaisels wat spook by Wim Kellerman, twee jaar na die dood van Jack Niemand. Hy en Portis praat min daaroor waar hulle woel in die kweekhuis van Wim se skoenlapperboerdery op Wildernis. Maar dit bly sluimer tussen hulle. Want wat het geword van Portis se vyf jeugvriende wat in daai verskriklike jare van die tagtigs vermis geraak het? En hoekom is die lyke van Simon Pope, die destydse hoof van Bon Accord, en sy vrou, Rachel, nooit geidentifiseer nie? Al manier is om terug te loop op die spoor, voetjie vir voetjie. In sy beendere weet Wim sy ou aartsvyand Simon Pope lewe nog. Dis maklik om twee en twee bymekaar te sit, so hy koop 'n kaartjie Kanada toe, kwansuis vir skoenlappersoektogte. En gaan soek die meesterbrein agter die verdwyning van vyf kinders van die Kaapse Vlakte. Kry, sal hy hom kry. Dis 'n lewenstaak - vir Portis, en vir Wim.

    Chris Karsten

    R 365.00

    Not safe to deliver by Christmas NOTSANTA SAFE
  • #PresiesAnders 3: Boek 3

    #PresiesAnders 3: Boek 3

    Zoe oortuig haar tweelingsussie om na 'n somerskool te gaan, maar sy wil eintlik net die plaaslike spook ontmoet wat volgens legende op die kampus dwaal. Zoya mag net nie uitvind dat daar 'n spook is nie, want sy is doodbang! Sommer gou is Zoya se senuwees op hol . . . En dis nie net omdat mislike Queen Bee Beula byna 'n groot ramp veroorsaak nie. Kan dit wees dat die tweeling se ouer broer Zane se hart gebreek is deur die berugte kampusspook?

    Cecilia Steyn

    R 30.00

    Not safe to deliver by Christmas NOTSANTA SAFE
  • Skarlaken

    Skarlaken

    Afgetrede polisieman Jaap Reyneke vra Sarah Fourie, 'n rekenaargenie met 'n kriminele rekord, om die raaisel rondom die dood van sy peetdogter, Janien Steyn, op te los. Janien was op die oog af geliefd, 'n suksesvolle kunstenaar met 'n slag vir besigheid, en op die punt om met haar universiteitsliefde te trou. Was dit selfdood of moord? Waarom is die toneel om haar liggaam so sorgvuldig, amper kunstig, gerangskik? En hoekom is haar rekenaar se geheue voor die tyd so sorgvuldig skoongevee?

    Irma Venter

    R 330.00

    Not safe to deliver by Christmas NOTSANTA SAFE
  • #PresiesAnders 2: Cupcakes en kupido's

    #PresiesAnders 2: Cupcakes en kupido's

    Zoya presteer nie op skool soos haar tweelingsussie Zoe nie. Maar wie gee tog om oor wiskunde en rekeningkunde? Dis veel beter om seker te maak sy lyk altyd fantasties op 'n selfie. Wanneer Zoya gekies word as die hoof van die balkomitee, is sy verheug oor die kans om tyd saam met die aantreklike Erwee te spandeer. Daar is wel 'n paar probleme: Erwee se jaloerse vriendin, Beula, 'n geheimsinnige matchmaker en die feit dat haar pa skielik tienersleng praat en leer skateboard ry . . .

    Cecilia Steyn

    R 30.00

    Not safe to deliver by Christmas NOTSANTA SAFE
  • South African vegan cookbook

    South African vegan cookbook

    Veganism is a growing phenomenon on the culinary scene. The South African Vegan Cookbook ?is the first of its kind locally. In it you will find everything you need for a vegan lifestyle: from basic information such as the definition of veganism, why it's good for you, answers to common questions, the essential equipment, vegan alternatives for everyday products, the pantry essentials and resources to learn more. The family-friendly recipes are easy to make and are made from locally-sourced products. This cookbook includes recipes for breakfast, snacks, lunch, tea time, the braai, entertaining and late-nights feasts. Think decadent chocolate granola and overnight oats, kale chips and cauliflower bites, easy-to-make couscous salad, lasagne and stir-fry as well as South African favourites like milk tart, banana loaf, macaroni-and-cheese and chicken burgers. And to top it all: chocolate mousse, date balls and truffles. Vegan 101 - good for your health and the planet.

    Leozette Roode

    R 440.00

    Not safe to deliver by Christmas NOTSANTA SAFE
  • Lotta se lewe 9: Die kangaroe se skoen: Boek 9

    Lotta se lewe 9: Die kangaroe se skoen: Boek 9

    Lotta en haar hele familie gaan vir 'n naweek weg om Ouma en Oupa se goue bruilof te vier. Haar pa het lank beplan wat hulle alles daar gaan doen: Van 'n simpel skattejag tot 'n vervelige wandelpad deur 'n woud. Maar die ERGSTE van alles is dat sy en haar raasbekboeties 'n lied moet sing. Voor al die mense!. Gelukkig gaan Lotta haar twee niggies wat in Australie bly ook daar ontmoet. Wie weet, dalk kuier hulle darem lekker saam . . . Lotta and her whole family is going away for the weekend to celebrate her grandparents' golden anniversary. Her dad has the trip all planned - from a stupid treasure hunt, to a hike through the woods. But the WORST of all is that Lotta and her brothers need to sing a song! In front of everybody! At least Lotta looks forward to meeting her two cousins from Australia. Who knows, perhaps they will have a great time together . . .

    Alice Pantermuller, Jutta Langreuter

    R 230.00

    Not safe to deliver by Christmas NOTSANTA SAFE
  • Prooi

    Prooi

    Griessel en Cupido soek nie dié yskoue docket nie. Johnson Johnson, oud-poliesman, se lyk is gekry langs die treinspoor in die Karoo. In Bordeaux geniet Daniel Darret sy eenvoudige lewe, tot hy verplig word om nog een keer te jag – op die korrupte president van sy tuisland. Kan die Valke hom betyds keer? Kan Daniel die Russiese agente ontglip wat hom probeer elimineer? En gaan Bennie als oorleef om eindelik vir Alexa Barnard te vra om te trou?

    Deon Meyer

    R 385.00

    Not safe to deliver by Christmas NOTSANTA SAFE
  • Kaap, kerrie & koesisters

    Kaap, kerrie & koesisters

    In Kaap, kerrie & koesisters neem die tweelingsusters Fatima en Gadija ons op 'n Kaaps-Maleise kosreis wat terselfdertyd ook 'n lewensreis is, want die resepte word saamgesnoer met herinneringe aan hulle kinderjare op die Kaapse Vlakte. Die twee glo aan huiskos en resepte wat vinnig, maklik en bekostigbaar is. Maklik, maar nooit eentonig nie.

    Fatima Sydow, Gadija Sydow Noordien

    R 450.00

    Not safe to deliver by Christmas NOTSANTA SAFE
  • Vuurwerke

    Vuurwerke

    In die herverpakte sagteband uitgawe van Vuurwerke deel die bekende en ikoniese Jan Braai sy kennis van vuurmaak en vleis met al sy aanhangers. As daar een persoon is wat weet van braai dan is dit Jan Braai. Hy het al met duisende Suid-Afrikaners regoor die land gebraai en verstaan wat mense wil weet oor braai. Die boek bevat Jan se duidelike en deeglike instruksies vir die braai van steak, lampstjops, sosaties en beestert-potjie. As jy dit eers bemeester het, kan jy die braairibbetjie, lamsboud of spitbraai takel. Om nie te vergeet van die ou gunstelinge soos braaibroodtjies, stywe pap, mielies en selfs 'n nagereg of twee nie. Met die hardeband uitgawe van Vuurwerke wat meer as 20 000 kopiee verkoop het is die boek definitief 'n gunsteling onder Suid-Afrikaanse braailiefhebbers.

    Jan Braai

    R 450.00

    Not safe to deliver by Christmas NOTSANTA SAFE
  • Klein kook en geniet (2018 uitgawe)

    Klein kook en geniet (2018 uitgawe)

    n Eg Afrikaanse kookboek vir beginners van alle ouderdom. Kook & geniet se kleinsus is die perfekte wegspringplek vir beginners in die kombuis. Die gewilde kookgids vir kinders is nou terug in 'n vrolike baadjie - met dieselfde vertroude staatmaker-resepte en splinternuwe kleurfoto's. Met gunstelinge soos hamburgers, tjips, pizza en 'n verskeidenheid soetgoed. Met meer as 55 smulresepte vir jonk en oud, spesiaal uitgesoek en getoets deur Eunice van der Berg. Elke metode word stap vir stap met behulp van kleurfoto's verduidelik en leer jou: hoe om 'n resep te volg; hoe om te meet; wat kookterme beteken; hoe om kombuisgereedskap te gebruik. Klein kook & geniet is 'n mini-kursus wat jou op 'n lekker plesierige manier touwys maak in die basiese kuns van kosmaak - en as jy eers weet hoe, sal jy dieselfde metodes kan gebruik om uit enige resepteboek te kook.

    Eunice van der Berg, S.J.A. de Villiers

    R 370.00

    Not safe to deliver by Christmas NOTSANTA SAFE
  • vrou in die blou mantel

    vrou in die blou mantel

    Bennie moet ring koop. En nie sommer 'n hierjy-ring vir sy Alexa nie. Hoe op aarde moet hy nou dit bekostig? Dan word 'n vroueliggaam gevind en sy word Bennie en Vaughn se probleem toe daar besef word sy's 'n buitelander: Alicia Lewis, 'n kunskenner op die spoor van 'n ou skildery. Wanneer Lithpel Davids die naam Billy de Palma in Alicia se skootrekenaar vind, weet Vaughn daar's groot fout. Want hy ken vir Billy, en Billy is bad, bad news . . .

    Deon Meyer

    R 220.00

    Not safe to deliver by Christmas NOTSANTA SAFE
  • Saartjie omnibus 6

    Saartjie omnibus 6

    In hierdie omnibus, wat nog drie gewilde Saartjie-stories bevat, word Saartjie Baumann, die langbeenmeisie met die wipneus, kuiltjies in die wange en duisende duiweltjies in haar oe, se avonture voortgesit. Daar kuier 'n seun in Lynnekom en hy en Saartjie kom sommer van die intrapslag af nie oor die weg nie. Saartjie het 'n sjarme wat tot oud en jonk spreek en nuwe lesers sal dadelik deur Saartjie en die Drie Muskiete se avonture meegevoer word.

    Bettie Naude
    Not safe to deliver by Christmas NOTSANTA SAFE
  • 7 Dae

    7 Dae

    Die saak is 40 dae oud, die spoor is koud. Bennie Griessel is die een wat die dossier moet heropen. Ek sal elke dag ’n poliesman skiet, tot julle die moordenaar van Hanneke Sloet aankla. Só lui die dreigbrief aan die SAPS. En dan begin hy hulle afmaai. Daar’s geen motief nie, geen leidrade nie, net ’n reeks naakfoto’s, ’n ingewikkelde saketransaksie, en onmenslike druk van topbestuur, die media en die meedoënlose, onpeilbare sluipskutter. En deur dit alles moet Griessel sy vriendin Alexa weghou van die bottel, keer dat sy seun skandes maak, sy kollegas daarvan weerhou om die ondersoek te kelder, en sy eie, verterende lus vir die helende krag van drank in toom probeer hou. Sewe dae van hel.

    Deon Meyer

    R 375.00

    Not safe to deliver by Christmas NOTSANTA SAFE
  • Saartjie omnibus 4

    Bettie Naude

    R 245.00

    Not safe to deliver by Christmas NOTSANTA SAFE
  • Rooi Rose blokraaiboek

    Rooi Rose

    R 220.00

    Not safe to deliver by Christmas NOTSANTA SAFE
  • Saartjie omnibus 3

    Bettie Naude

    R 245.00

    Not safe to deliver by Christmas NOTSANTA SAFE
  • Orion

    Orion

    'n Heruitgawe met 'n pragtige nuwe omslag. 'n Middelklas-meubelhandelaar is in sy voorstedelike middelklashuis met 'n blaasvlam gemartel en toe met 'n M16 doodgeskiet. Een skoot; agterkant van die kop. Laksmanstyl. Oudpolisieman Zatopek van Heerden het sewe dae om die moord op te los en 'n testament te vind. En die moord het boonop al tien maande tevore plaasgevind, die spore is vaag, die enigste leidraad 'n stukkie papier waarmee hulle te lank gelede dollars toegedraai het. Miskien baie dollars . . . En wanneer alles skielik ontvlam, is daar snaakse gediertes wat uit die vuurlig probeer skarrel: Militere Intelligensie, die CIA, Moord en Roof, georganiseerde misdaad op die Kaapse Vlakte. Hoe dieper hy delf, hoe meer lae hy van die ding afkrap, hoe meer smeer hulle toe.

    Deon Meyer

    R 385.00

    Not safe to deliver by Christmas NOTSANTA SAFE
  • Trompie omnibus 1

    Trompie omnibus 1

    In hierdie omnibus, wat die eerste drie boeke van die gewilde Trompie-reeks bevat, ontmoet ons vir Trompie, die elfjarige sproetgesig Grootkaptein van die Boksombende. Hy en sy vriende Rooie, Blikkies en klein Dawie maak die lewe interessant (en soms taamlik moeilik!) vir die inwoners van hul tuisdorp, Kwaggaberg. Hul avontuur met die dominee se bobbejaan ruk handuit en Trompie se poging om vir sy suster Anna ’n kerel te kry, loop lelik skeef. Trompie wil ook baie graag ’n hond he en het sy oog op ’n basterbrak genaamd Boesman. In Trompie die stouterd trek Trompie vir die nuwe seun wat al die onderwysers se witbroodjie is, ’n lelike streep. In Trompie die soet seun besluit Trompie hy is moeg daarvoor om altyd in almal se slegte boekies te wees. Die Boksombende se Grootkaptein kondig aan dat dit tyd geword het om goeie dade te doen, maar dis glad nie so maklik soos wat dit klink nie! Die ondeunde Trompie het ’n sjarme wat tot oud en jonk spreek en nuwe lesers sal dadelik deur Trompie en die Boksombende se avonture meegevoer word!

    Topsy Smith

    R 245.00

    Not safe to deliver by Christmas NOTSANTA SAFE
  • Saartjie omnibus 1

    Saartjie omnibus 1

    In hierdie omnibus, wat die eerste drie boeke van die gewilde Saartjie-reeks bevat, ontmoet ons vir Saartjie Baumann, die langbeenmeisie met die wipneus, kuiltjies in die wange en duisende duiweltjies in haar oe. Hierdie rabbedoe en haar twee maats staan bekend as die Drie Muskiete en al wat hulle lewe versuur, is seuns en 'n klein niksnuts genaamd Muggie. In Saartjie se vakansie tref 'n orkaan 'n Johannesburgse woonbuurt en Saartjie kom af op 'n tweeling wie se ouers albei in die hospitaal is. In Saartjie se geheim laat Saartjie se ondeundheid haar soos gewoonlik weer in die moeilikheid beland. Galpil-hulle is net mooi gereed om vrugte vas te le wanneer 'n vreesaanjaende spook sy verskyning maak. Saartjie het 'n sjarme wat tot oud en jonk spreek en nuwe lesers sal dadelik deur Saartjie en die Drie Muskiete se avonture meegevoer word!

    Bettie Naude

    R 245.00

    Not safe to deliver by Christmas NOTSANTA SAFE
  • Huisgenoot groot blokraaiselboek 13

    Marlene Hamman, Yvonne van Eeden

    R 220.00

    Not safe to deliver by Christmas NOTSANTA SAFE
  • Die Familiebybel

    Die Familiebybel

    Die Familiebybel het die volledige Bybel in die 2020-Afrikaanse vertaling met bykomende materiaal deur Johan Smith, spesiaal gemik op gesinne. Dit bevat artikels oor die gesinslewe deur die familiekenner, dr Johan Smith van Vita Amp; kaarte en 'n woordelys, Bybelstudiemateriaal vir ’n jaar; Bybelleesplan; ruimte vir julle familiestamboom en 'n bladsy om trou- en geboortedatums aan te teken. Hierdie Bybel sal 'n kosbare erfstuk vir julle gesin en groter familie word. 

    Bybelgenootskap van SA, Johan Smith

    R 180.00

    Not safe to deliver by Christmas NOTSANTA SAFE
  • My Stryd Met ADHD

    My Stryd Met ADHD

    Hykie vertel in rou eerlikheid van sy stryd met ADHD. Van 'n weerlose seuntjie wat nie kon stilsit nie tot 'n jong man wat in Weskoppies opgeneem word en alles verloor. Hykie ondersoek die hele fenomeen van ADHD - hoeveel diagnoses daar gemaak word, hoe die medikasie ontstaan het, die samestelling en die newe-effekte daarvan. Hykie wys dat medikasie nie die enigste antwoord is nie. Hykie gee ook waardevolle raad aan Christene oor hoe om mense wat aan geestessiektes lei te ondersteun.

    Hykie Berg

    R 295.00

    Not safe to deliver by Christmas NOTSANTA SAFE
  • vagabond

    vagabond

    Frank Rautenbach, well known actor, left South Africa for Los Angeles with stars in his eyes. After years of trying Frank could not make a success of his acting career overseas. Eventually he ended up being the church's janitor. Frank felt betrayed angry and embarrassed. He had to learn that God is not there to make all this dreams come true, he is in God's service. Life is not about him, it is about God. He had to find out for himself if his life was worth living.

    Frank Rautenbach

    R 285.00

    Not safe to deliver by Christmas NOTSANTA SAFE
  • Spot On Economic and Management Sciences Grade 7 Learner's Book

    Maylani Bezuidenhout, Tracy Blues, Annalet Liebenberg, Lolanda Steadman

    R 259.00

    Not safe to deliver by Christmas NOTSANTA SAFE
  • Learn Xhosa with Ann Munnik

    Ann Munnik

    R 200.00

    Not safe to deliver by Christmas NOTSANTA SAFE
  • PheZulu

    PheZulu

    PheZulu is not a book of Zulu grammar, but a programme which anyone who really wishes to communicate with fellow South Africans an easy road. Based on a 60-hour live course, the enthusiastic self-learner could complete this programme within four months. T

    J.B. Townshend

    R 170.00

    Not safe to deliver by Christmas NOTSANTA SAFE
  • Dwelm

    Dwelm

    Twee gewese speurders word koelbloedig langs ’n plaasdam afgemaai . . .En Kassie en Rooi moet die moordsaak oorneem by ’n uitgedunde Paarlse speurspan wat al ’n week lank daarmee kleitrap. Kassie bevraagteken die Paarliete se afleiding dat diefstal die motief vir die moorde was. Wanneer hy en Rooi ander moontlikhede ondersoek, begin dinge doller as kopaf raak.Om sake vir Kassie te vererger, beleef hy ’n yslike persoonlike krisis wat hy nie weet hóé om te hanteer of op te los nie . . .

    Rudie van Rensburg

    R 375.00

    Not safe to deliver by Christmas NOTSANTA SAFE
  • Hartedief

    Hartedief

    'n Reeksmoordenaar jag by stormweer, en Rooi en Kassie moet hom vastrek. Die Hartedief kom met moord weg, en dan is Kassie se volle aandag ook nie eintlik by die saak nie, want hy is smoorverlief op 'n aanvallige mede-seelversamelaar. Vlerksleep is nie vir sissies nie. Om sake vir hom en Rooi te vererger word hul baas daarvan verdink dat sy hul ondersoek in die wiele ry, en Kassie moet haar onskuld bewys. Intussen word Kaapse vroue vermoor wanneer daar onweer broei.

    Rudie Van Rensburg

    R 375.00

    Not safe to deliver by Christmas NOTSANTA SAFE
  • Hans Gee Herklaas Horings

    Hans Gee Herklaas Horings

    Hans van Kraaienburg, verlosser van Huis Madeliefie se oumense, se vriend Vasie nooi hom vir 'n vakansie op Hermanus, as gaste van dié se neef Herklaas. Daar gekom, vind hulle Herklaas in die sop: die Overstrand se rykste skobbejak, Grond Graaffwater, wil sy blyplek koop en herontwikkel – maar Herklaas wil nié trek nie. Toe Grond se kriminele handlangers hardhandig raak, besluit Hans dat Herklaas 'n stel horings moet kry om Grond trompop te loop.

    Rudie van Rensburg

    R 305.00

    Not safe to deliver by Christmas NOTSANTA SAFE
  • Monster

    Monster

    Die laaste voerings van oudpolisiespeurder Carl Bester se lewe torring los, en hy sluit aan by die Kaapse tak van Mercurius, 'n CIA-steunpilaar. Intussen word 'n Saoediese joernalis in 'n konsulaat in Istanbul vermoor, met 'n SA joernalis as onwillige ooggetuie. Gevolge van die joernalis se besluite kring uit na Kaapstad, waar Carl opdrag kry om die saak te hanteer. Saoediese agente en 'n siellose mesmoordenaar is maar twee van die monster se vele tentakels wat Carl een-een moet afkap.

    Rudie Van Rensburg

    R 375.00

    Not safe to deliver by Christmas NOTSANTA SAFE
  • I Am Ella

    I Am Ella

    Ella Blumenthal’s story of surviving the Holocaust and building a new life in South Africa could easily be mistaken for fiction. From the ashes of the Warsaw Ghetto uprising to the fires of Majdanek, Bergen-Belsen and Auschwitz; from the abandon of post-war Poland to the refuge of Paris, Palestine and getting married and moving to Johannesburg and eventually Cape Town; from stateless refugee to displaced immigrant, Ella’s 101 years of life have been nothing short of herculean. Together with her niece Roma Rothstein, five years her junior, Ella survived three concentration camps before being liberated by the British Army in 1945. They made their way across Europe to join their last surviving family member in Palestine where Ella met the South African man she would marry after just thirteen days. She followed Isaac Blumenthal to the tip of Africa where they settled in Brakpan, outside Johannesburg where Ella and her husband built a business and raised their four children.

    Joanne Jowell

    R 350.00

    Not safe to deliver by Christmas NOTSANTA SAFE
  • Double Edged

    Double Edged

    When she answers a call from an old friend, Dr Erin Taylor is catapulted into the drama of decades past.  In 1996, three university students united to investigate the assault of a fellow student, Rina. But Erin and ‘The Furies’, as they called themselves, unwittingly triggered a time bomb. Two decades later, at a reunion lunch, Rina does not arrive. Within hours, Erin is missing as well, fighting for her life.  Double-Edged:  Past actions and present decisions — her choices will draw blood.

    Marina Auer

    R 380.00

    Not safe to deliver by Christmas NOTSANTA SAFE
  • Onsigbare Pou

    Onsigbare Pou

    Die Afrikaanse sanger bekend as Ober leef daadkragtig, raak ons kampvegter, ons ideale self, ons gewete. En dan raak hy vergete. Jare later belig sy agent, Sybie, hierdie gebeure in 'n plakboek van woorde: 'n verhaal van vriendskap, kreatiwiteit en sukses teen die agtergrond van politieke omwenteling van die '70's tot '90's. Ondanks die sukses groei verwyte en verwydering. En tog, toe Ober vir Sybie 'n laaste keer nodig het, laat vaar hy alles om te keer dat sy vriend iets verskrikliks aanvang.

    Zirk van den Berg

    R 60.00

    Not safe to deliver by Christmas NOTSANTA SAFE
  • Tweegevreet

    Tweegevreet

    In Julie 1905 kry Siegfried Bock van die Kaiserliche Landespolizei te kampe met 'n plaaslike boer se grudood, spoke uit sy verlede en 'n Berlynse besoeker wat 'n dodelike wrok koester. Hy worstel met Duits-Suidwes-Afrika se onstuimige politiek en ongenaakbare natuur. As hy geregtigheid wil laat seevier, moet hy dit, asook strominge in sy eie gemoed, te bowe kom. Tweegevreet bied, soos sy voorganger Die vertes in, spanning en stof tot nadenke.

    Zirk van den Berg

    R 70.00

    Not safe to deliver by Christmas NOTSANTA SAFE
  • vertes in

    vertes in

    Duits Suidwes-Afrika, 1905. Die tengerige Siegfried Bock kom na die kolonie om te bewys dat hy 'n man van durf is. Maar gou word hy ontnugter. Sy pad kruis die van Lisbeth Lowenstein, 'n arm Jodin wat met 'n Duitse setlaar moet trou wat sy skaars ken, die Damara-man Mordegai Guruseb wat uit 'n konsentrasiekamp ontsnap het, en die pseudowetenskaplike Albert Pitzer. Teen die agtergrond van die Duitste uitwissingsbevel teen die Herero's word elkeen se menslikheid tot die uiterste beproef.

    Zirk Van Den Berg

    R 60.00

    Not safe to deliver by Christmas NOTSANTA SAFE
  • "It Always Seems Impossible Until It's Done."

    "It Always Seems Impossible Until It's Done."

    Pursuing a dream is hard work, but the right words delivered at the right time--by people who've been there and done that--can give us just the motivation we need. The right words can rekindle our enthusiasm, re-energize our efforts, dispel doubt, let us know we're not alone, and show us that the fight is worth it--and winnable. Kathryn and Ross Petras are masters at choosing and delivering just the right words. Their books--such as "Age Doesn't Matter Unless You're a Cheese" and "Dance First. Think Later."--and bestselling calendar, The 365 Stupidest Things Ever Said, have over 5.2 million copies in print. Now comes a book for dreamers and doers, plus writers, entrepreneurs, graduates, artists, future movers and shakers. Collecting the hard-won, brilliantly expressed advice from pioneers who have paved the way, including everyone from Rumi to Steve Jobs, Michelangelo to Oprah to Tina Fey, "It Always Seems Impossible Until It's Done" is like a rousing locker-room speech, inspiring courage, commitment, and perseverance. "I've missed more than 9,000 shots in my career. I've lost almost 300 games. 26 times, I've been trusted to take the game-winning shot and missed. I've failed over and over and over again in my life. And that is why I succeed." --Michael Jordan "Go for it, baby! Life ain't no dress rehearsal." --Tallulah Bankhead "Perfection is like chasing the horizon. Keep moving." --Neil Gaiman "If you aren't in over your head, how do you know how tall you are?" --T. S. Eliot "It always seems impossible until it's done." --Nelson Mandela

    Kathryn Petras, Ross Petras

    R 263.00

    Not safe to deliver by Christmas NOTSANTA SAFE
  • 1,000 Places to See Before You Die

    1,000 Places to See Before You Die

    Discerning world traveller Patricia Schultz hand picks the 1,000 most astonishing destinations in the world and brings them to life in lively, evocative prose that reveals why the place is so wonderful. Best time information and the essential contact information will help you get there. What's different about the new edition? Every entry has been reviewed and assessed to make sure it's still worthy of inclusion in the book, then re-written 200 all-new entries. It features 25 countries that were not included before, including Qatar, Greenland, South Korea, Estonia, and the Maldives. It has a greater variety of hotel and restaurant choices, including more budget-conscious options.

    Patricia Schultz

    R 645.00

    Not safe to deliver by Christmas NOTSANTA SAFE
  • Waar Kom Ons Vandaan?

    Waar Kom Ons Vandaan?

    Hierdie boek vertel die verhaal van waar ons spesie vandaan kom - van die Oerknal, die ontstaan van sterre, ons son en die planete, en die vroegste lewende selle tot die eerste ape, asook die rol van argeologie in die navorsing oor die ontstaan van die menslike voorganger, Homo erectus. Ons is Homo sapiens, waarvan die oudste fossiele ongeveer 200 000 jaar oud is, en het ontwikkel van jagter-versamelaars tot landbouers tot die eerste beskawings.

    Andreas Engelbrecht, Schalk Engelbrecht

    R 80.00

    Not safe to deliver by Christmas NOTSANTA SAFE
  • Gangster

    Carla van der Spuy

    R 55.00

    Not safe to deliver by Christmas NOTSANTA SAFE

Login

Forgot your password?

Don't have an account yet?
Create account