Twee jaar na die tragiese afsterwe van haar man, keer Liané Rautenbach terug na haar man se familieplaas, waar sy hartlik deur sy familie ontvang word. Veral haar oorlede man se broer, Mauritz. Hy gaan uit sy pad om haar tuis te laat voel.Mauritz met sy helderblou oë, het die manier om haar hart wild te laat bokspring en kort voor lank moet sy aan haarself erken sy is verlief op hom, maar glo hy het net sy broer se verpligtinge op hom geneem. Sy probeer hom op ‘n afstand hou, want sy het nie net haarself om aan te dink nie, maar ook haar kinders.Wanneer Mauritz haar egter soen, verdwyn al die redes waarom sy hom op ‘n afstand moet hou. Sy is boonop onseker of Mauritz, net soos haar oorlede man, ook dalk ontrou kan wees aan haar. Kan Mauritz ’n lewe sonder ontrou vir haar bied of gaan haar onsekerheid in die pad van liefde staan?
CONTRIBUTORS: Corné van Rooyen
EAN: 9780637004367
COUNTRY: South Africa
PAGES:
WEIGHT: 100 g
HEIGHT: 170 cm
PUBLISHED BY: LAPA Publishers
DATE PUBLISHED:
CITY:
GENRE:
WIDTH: 107 cm
SPINE:
Corné van Rooyen is in Pretoria gebore en het later grootgeword op Paulpietersburg. Ná skool het sy deeltyds gewerk terwyl sy deur Unisa studeer het. Sy was nog altyd baie lief vir lees en het van jongs af stories begin geskryf. Sy wou nog altyd graag ’n skrywer gewees het en het gedroom oor die dag wanneer sy haar naam op boeke in boekwinkels sou sien.