Steffie Fritze, eienaar van mobiele troeteldierspa wil beslis nie op die rak bly sit nie, maar haar pogings om die regte lewensmaat te kry, loop telkens op ’n ramp uit.Toe haar pad met die van speurkaptein Ivan von Beneke kruis, is sy in groot moeilikheid, nie net met die gereg nie, maar ook omdat sy blote aanraking haar hartritme roekeloos aantas. Probleem is: hy dra steeds sy oorlede vrou se trouring en klou vas aan haar vlekkelose nagedagtenis.Steffie is die teenoorgestelde van sy oorlede vrou en bots heeltyd met die gereg. Sy bly hoopvol, want Ivan se Duitse herdershond, Max, is darem gaande oor haar.
CONTRIBUTORS: René van Zyl
EAN: 9781776359127
COUNTRY: South Africa
PAGES:
WEIGHT: 100 g
HEIGHT: 170 cm
PUBLISHED BY: LAPA Publishers
DATE PUBLISHED:
CITY:
GENRE:
WIDTH: 107 cm
SPINE:
René van Zyl is ’n oudjoernalis, skrywer en blogger wat teen die hange van die Magaliesberg in Hartbeespoort vir haar ’n nessie uitgegrawe het. Sy geniet dit veral om plaaslike gemeenskapsmusiekblyspele te skryf en op die planke te bring. Haar buite-die-boks man, twee dogters en seun is die groot liefdes in haar lewe en ook haar grootste inspirasie. Haar oudste seun is breingestremd en die lewe saam met hom het haar geleer om daaglikse uitdagings met genoegsame humor aan te pak. Sy glo onwrikbaar in die liefde en gelukkige eindes.