FREE delivery to all EXCLUSIVE BOOKS stores nationwide. FREE delivery to your door on all orders over R450. Excludes all international deliveries.

CloseClose
CloseClose
Close

Die vyf susters

Eleanor Baker

    Product form
      FORMAT: Paperback

      R 280.00 Price and availability exclusive to website

      YOU COULD EARN 280 FUTURE RETAIL DISCOUNTS.
      ESTIMATED DELIVERY: Approx 4 Business Days
      BUY NOW PAY LATER
      From R 46.66 per month!
      3x monthly payments of R 93.33 with
      4x fortnightly payments of R 70.00 with

      Die vyf Delportsusters woon saam in een huis. Wanneer die oudste doodgeskiet word, is daar dus minstens vier verdagtes. Maar mettertyd kom dit aan die lig dat die slagoffer allermins geliefd was. Moord-en-roofspeurder Adriaan Kruger moet al sy vernuf inspan om die skuldige te probeer ontmasker.

      Die vyf susters is die eerste titel in ’n reeks spanningsverhale deur Eleanor Baker. ’n Skerpsinnige whodunnit wat met ’n tikkie romanse en humor gepaardgaan. 

      CONTRIBUTORS: Eleanor Baker EAN: 9780798185042 COUNTRY: South Africa PAGES: 256 WEIGHT: HEIGHT:
      PUBLISHED BY: Human & Rousseau DATE PUBLISHED: CITY: GENRE: Fiction WIDTH: SPINE:

      Book Themes:

      Customer Reviews

      Based on 1 review
      0%
      (0)
      100%
      (1)
      0%
      (0)
      0%
      (0)
      0%
      (0)
      A
      Amanda Claassens
      Vier susters, vier verdagtes

      In Die vyf susters maak speurder Adriaan Kruger sy buiging saam met Alex Muller, ’n skryfnaam van die suksesvolle Eleanor Baker. Ek was nogal gretig om dit te lees en die hoop het glad nie beskaam nie.
      Die verhaal open met ’n toneel wat die tafel dek vir ’n moordraaisel wat wil herinner aan Agatha Christie op haar beste. Daar is vyf ongetroude susters wat ’n afgesonderde lewe lei in ’n verwaarloosde huis, maar nou is die oudste van hulle “soos ’n lappop, slordig en minagtend op die vloer neergegooi” (p. 5) Rosa, die dominerende leier van die susters, het beswyk aan ’n skietwond aan die kop. Drie van die susters is oënskynlik in skok, die jongste een baie kalm.
      Die ondersoek van die saak laat vir Adriaan Kruger sy loopbaankeuse betwyfel. Hy word geskets as ’n ordentlike man wat reken dat hy dalk objektiwiteit kortkom, maar tog skerper kyk as wat die susters sou vermoed. Dit word duidelik dat elkeen van die susters verdagtes kan wees, want Rosa was geensins geliefd by haar sibbe nie. Dan is daar nog verdere randkarakters wat eweneens motiewe kan hê om haar van kant te maak.
      Hierdie is die eerste van vyf speurverhale wat tussen 1998 en 2003 verskyn het uit die pen van Eleanor Baker as Alex Muller. Die heruitgawe wat sopas uitgegee is deur Human & Rousseau, spog met ’n splinternuwe baadjie wat die aandag vestig op die belangrike element, naamlik die vuurwapen wat aan die speurder ’n interessante uitdaging gestel het.
      Human & Rousseau is ’n druknaam van NB Uitgewers.

      Book Partnerships

      For the Fans

      Recently viewed products

      Close