Elke resep is uniek, elkeen is getoets en ek belowe jou elkeen van hulle sal iets anders na jou tafel toe bring.” Is jy op soek na geurige geregte wat vinnig en maklik is om aanmekaar te slaan? Verken dan die wonderwêreld van die lugbraaier saam met die sjef en kosskrywer Herman Lensing en ontdek waarom dié veelsydige toestel jou nuwe beste vriendin is. Vir Lugbraaier het Herman 100 van sy heel gewildste lugbraaierresepte gekies. Sy heerlike ontbyte, aanloklike bykosse, geurige hoofgeregte, uithaler-gebak en verruklike nageregte sal jou mond laat water. Met sy kenmerkende kreatiewe flair en kookvernuf, wys Herman jou waarom dié veelsydige toestel jou nuwe beste vriendin is. Of jy nou ’n beginner of ’n ou hand met lugbraaiers is, dié boek is vir jou.
CONTRIBUTORS: Lugbraaier
EAN: 9781776194377
COUNTRY: South Africa
PAGES: 240
WEIGHT: 500 g
HEIGHT:
PUBLISHED BY: Jonathan Ball Publishers SA
DATE PUBLISHED:
CITY:
GENRE: COOKING / Methods / Special Appliances, COOKING / Equipment & Utensils
WIDTH:
SPINE:
Book Themes:
Cooking with specific gadgets, equipment, utensils or techniques
Herman Lensing is ’n bekroonde Suid- Afrikaanse kosskrywer en een van die land se gewildste kospersoonlikhede. Nadat hy aan die Institute of Culinary Arts in Stellenbosch as ’n sjef gekwalifiseer het, is hy in 2009 op die jong ouderdomvan 22 as kosredakteur van die glanstydskrif SARIE aangewys. Benewens sy rol as redakteur van Sarie Kos, het Herman al talle alleenstaande tydskrifte onder sy eie naam vir Media24 uitgegee. Hy is die skrywer van etlike topverkopende kookboeke en het ook al in verskeie televisiereekse en -programme op kanale soos kykNET en VIA opgetree. Sedert 2021 werk hy agter die skerms as die kosvervaardiger vir MasterChef South Africa, ’n rol wat hy ook vervul vir kykNET se Kokkedoor Vuur & Vlam-reeks.
Book Partnerships
For the Fans