"Don't tell me the moon is shining; show me the glint of light on broken glass."
~Anton Chekhov
FREE delivery to all EXCLUSIVE BOOKS stores nationwide. FREE delivery to your door on all orders over R450. Excludes all international deliveries.
“Ons het ’n gyselaarsituasie in Stellenbosch.” Blinde kol boei vanaf hierdie openingsin, met ’n spanningslyn wat deurgaans snaarstyf volgehou word. Dit is 2 Oktober 2025 en ’n man het sy pad ingeskiet in ’n dameskoshuis. Hy hou verskeie studente aan en kort-kort klap daar nog skote. Hy vra vir Karla Blanckenberg by die naam, wil spesifiek met háár praat.
Karla onthou dat die skieter, Altus, die seun is wat sy in 2019 oorreed het om nie van ’n dak af spring nie. Die storielyn wissel behendig en ongeforseerd tussen hierdie twee tydgleuwe, ook tussen die voorgeskiedenis van die skieter en dié van Karla.
Benewens die spanningsvolle gebeure, word daar sensitiewe dinge oopgeskryf, soos selfmutilasie. “Ink kan sê hoe sy voel. Maar bloed kan dit ’n ruk lank wegvat.” (p.156) Daar is ook Altus se obsessie met mooi meisies en seks wat hy voel dat hy verdien maar nie kry nie. Daar is baie bloedvergieting, maar Martin Steyn is ’n meester wat dit verteerbaar aanbied, selfs vir ’n redelike sensitiewe leser soos ekself.
Adjudant Karla Blanckenberg en haar spanlid, Adjudant Colin Menck, het verskyn in vroeëre boeke van hierdie skrywer, maar Blinde Kol kan op eie bene staan. Dit is ’n produk van Lapa Uitgewers.
A gripping tale of love, loss and redemption
Om ’n laaste wens van haar pa te eerbiedig, vertrek Gemma na Marokko, en spesifiek na die roosplaas, Sangrose. Die Marokkaanse landskap daarheen word goed uitgebeeld en verklaar waarom Soet rose, donker geheime, deur Frenette van Wyk uitgegee is as ’n romanse in die Reis sub-genre. Die titel is ook goed gekies, want op die pragtige plaas met duisende roosbome, is daar beslis geheime opgesluit.
Gemma is ’n joernalis met ’n ondersoekende gees. Haar pogings om die geheime te ontbloot, bring haar in uiteindelik in konflik met die eienaar van die plaas, die wewenaar, Julien, terwyl daar vanuit die staanspoor ’n definitiewe aantrekking tussen hulle was.
Die storie herinner my sterk aan Daphne du Maurier se Rebecca, hoewel dit in verskillende tye en plekke afspeel. Dalk is dit die rosetuine, maar veral die antagonis, die hatige Mrs Danvers. In hierdie verhaal is dit Samira wat openlik vyandig is en soos ’n skim verskyn oral waar Gemma beweeg.
Soet rose, donker geheime is ’n publikasie van Lapa Uitgewers onder die Romanza druknaam.
Luke en Lilihanna is lank genoeg in ’n verhouding dat sy al ’n diamantring begin verwag. Drama sommer met die intrapslag: hy verlaat die prentjie op onbedagsame wyse en laat vir Lilihanna verslae agter. Die volgende man wat te voorskyn kom is die skatryk Sebastian. Ek het nie geweet wat om te maak met hierdie karakter nie. Is hy ’n gewillige held of ’n onwaarskynlike held? Of is die held dalk die fotograaf, Leo, met sy lang hare, sy motorfiets en sy byna rebelse aantreklikheid?
Voorkoms staan sentraal in die storielyn. Sebastian, wat ’n reeks haarsalonne en ’n holostiese spa besit waar oormaaksessies aan die orde van die dag is, verras met ’n stelling: “Liefde is die onwerklike opwelling van emosie wanneer jy onverwags daardie één sien, ongeag of hulle nou in aanddrag uitgevat is of in vodde.” (p.31)
Skrywer Beatrix Smith was ook nie haastig om al my vrae te beantwoord nie, en ek gaan dit net so aan lesers oorlaat om te bepaal wié Lilihanna se hart gaan steel. My bestemde beminde is ’n Romanza uit Lapa Uitgewers se stal.
