Louis Botha was 'n briljante Boeregeneraal wie se taktiese vernuf en intuitiewe aanslag vir etlike oorwinnings oor die Britse magte in die Anglo-Boereoorlog gesorg het. Maar dit was sy enigmatiese karakter en vaste oortuiging om te hou by wat hy geglo het reg was, wat hom as 'n leier van die Boerevolk bevestig het. Richard Steyn gee op meesterlike wyse insae in die lewe van hierdie grootse Suid-Afrikaanse krygsman en staatsman. Hy beskryf verhelderend hoe Botha saam met sy hegte vriend, Jan Smuts, die vier Suid-Afrikaanse kolonies na Uniewording in 1910 gelei het waarna Botha as die eerste eerste minister van die Unie aangewys is. Gedurende die Eerste Wereldoorlog was Botha aan die voorpunt van die Suid-Afrikaanse magte se suksesvolle inval van Duits-Suidwes-Afrika. Tog is hy deur talle Afrikaners verkwalik vir sy steun aan Brittanje, en die Afrikaner-rebellie van 1914, waartydens hy teen voormalige makkers moes optree, het sy hart gebreek. Botha se groothartig en vrygewige omgang met mense - van Vereeniging tot Versailles - het hom bo sy tydgenote laat uitstaan.
CONTRIBUTORS: Richard Steyn
EAN: 9781776190287
COUNTRY: South Africa
PAGES:
WEIGHT: 500 g
HEIGHT: 233 cm
PUBLISHED BY: Jonathan Ball Publishers SA
DATE PUBLISHED:
CITY:
GENRE: BIOGRAPHY & AUTOBIOGRAPHY / Military, HISTORY / Wars & Conflicts / General, HISTORY / Africa / South / Republic of South Africa
WIDTH: 152 cm
SPINE:
Book Themes:
Southern Africa, British Empire, Later 19th century c 1850 to c 1899, Biography: historical, political and military, Specific wars and campaigns
Book Partnerships
For the Fans