Rorisang en haar tweelingbroer, Mo, moet die skooljaar by ’n nuwe skool begin nadat hulle ma besluit het dat die gesin uit hulle gemaksone moet kom. Die tweeling is al sedert hulle kleuters was in die skool oorkant die pad. Al hulle vriende is daar en die skoolhoof is hulle pa se beste vriend. Die nuwe skool is ver van hulle huis af en soggens sit hulle in die verkeer vas. Die buitemuurse aktiwiteite wat aangebied word, is dinge waarvan Rorisang nog nooit eens gehoor het nie, en alhoewel sy goed gevaar het in atletiek in haar ou skool, verloor sy ver teen haar nuwe klasmaats. Maar gelukkig maak sy sommer vinnig vriende, leer hoe om sagtebal te speel en neem deel aan die Eisteddfod. Sy oorleef selfs die lang ritte in die motor saam met haar irriterende broer deur speellyste saam te speel wat in elke lid van die gesin se musieksmaak val! ’n Storie oor die belangrikheid van vriendskap en familie en om jou stem te vind te midde van verandering.
CONTRIBUTORS: RefiloeEAN: 9781776250745COUNTRY: South AfricaPAGES: WEIGHT: 500 gHEIGHT: 198 cm
PUBLISHED BY: Pan Macmillan South AfricaDATE PUBLISHED: CITY: GENRE: JUVENILE FICTION / School & EducationWIDTH: 128 cmSPINE:
Topverkoper-outeur Refiloe Moahloli is passievol oor die skryf van kinderboeke wat ons menslikheid reflekteer en waarmee lesers – klein en groot – kan identifiseer. Sy het grootgeword in Mthatha in die Oos-Kaap en ’n B.Comm-graad in Inligtingstelsels verwerf aan die Universiteit van die Witwatersrand. Daarna het sy vir ’n ruk die korporatiewe leer geklim totdat ’n lewensveranderende reis na Moembaai haar laat besef het dat sy haar droom om voltydse skrywer te wees, moet najaag. Sy woon tans in Johannesburg.
Book Partnerships
For the Fans

Recently viewed products
Your wishlist
Please add product to your wishlist to see them here.
Instead of writing a review about the book, I would like to take a minute to just thank everyone involved in my special situation in purchasing this book. You guys have gone beyond and I thank you so much for all your efforts. We appreciate you!