Gabby en haar niggie Georgia lyk baie na mekaar met hulle krullerige hare, hoë wangbene en vol lippe, en toe hulle jonger was, was hulle onafskeidbaar. Maar iewers het hulle vreemdelinge vir mekaar geword en al wat hulle nou in gemeen het, is die bloed in hulle are. Toe die matriekgroep van Barkley-Wes op ’n toer na Kaapstad vertrek, ontdek Gabby dat Georgia se dagboek in haar rugsak is. Hulle ma’s het vir hulle identiese blou dagboeke vir hulle verjaarsdae gekoop, en hulle deel ’n kamer, so dit kon maklik gebeur het dat sy die verkeerde dagboek ingepak het. Dit beteken waarskynlik ook dat háár dagboek in Georgia se besit is. Kort voor lank kry Gabby se nuuskierigheid die oorhand en begin sy Georgia se dagboek lees. Wanneer Georgia daarvan uitvind, breek ’n volskaalse niggie-oorlog uit wat nie eens Kaapstad se besienswaardighede of hulle vriende se pogings om raad te gee, kan keer nie. Gaan Gabby se verraad die niggies nog verder uitmekaar dryf of sal dit dalk daartoe lei dat hulle mekaar beter begin verstaan?
CONTRIBUTORS: Norton
EAN: 9781776250769
COUNTRY: South Africa
PAGES:
WEIGHT: 500 g
HEIGHT: 198 cm
PUBLISHED BY: Pan Macmillan South Africa
DATE PUBLISHED:
CITY:
GENRE: JUVENILE FICTION / General
WIDTH: 128 cm
SPINE:
Book Themes:
Children’s / Teenage fiction: General, modern and contemporary fiction
Cliffordene Norton: Cliffordene is ’n trotse kaalvoetkind van Barkley-Wes in die Noord-Kaap. Sy het haar BA Honneurs-graad in joernalistiek aan die Noordwes-Universiteit, Potchefstroom voltooi het en haar loopbaan by Volksblad as vertaler begin. Sy was ook al ’n uitgewer en joernalis en is tans werksaam by die Noordwes Universiteit as kopieskrywer in die bemakingsafdeling. Sy hou van lees en speelse sarkasme op die regte tyd en is verslaaf aan springmielies en cinnamon buns! Daar het reeds meer as twinting kortverhale uit haar pen verskyn. Om jou te ken is haar eerste boek.