Hierdie opwindende nuwe versameling dramas bevat die wendrama Swewende maan deur Cecilia du Toit en die naaswenners Plettervat deur Abraham van der Vyver en Woesklip deur Maretha Maartens. Du Toit, Van der Vyver en Maartens is almal pryswenners van vorige Maskew Miller Longman Letterkunde-kompetisies. Terugvoering van die bekende dramaturg, Malan Steyn: Swewende maan: Die dialoog is speelbaar, vlot en kreatiewe woordspeletjies dra by tot die komiese inslag. Plettervat: Die drama is tematies relevant en lewer kommentaar op ’n sisteem waarin prestasiebeheptheid en die magsmisbuik van gesagsfigure uiteindelik leerders korrupteer en van ’n ware opvoeding ontneem. Woesklip: Die Woesklip (die spreekwoordelike klippe wat uitskree teen onreg) gee ’n interessante magiese element aan die teks. Leerders kry die geleentheid om die elemente van dramas aan die hand van eietydse, moderne dramas te bestudeer. Die bundel sluit ook ’n leesgids met opsommings, vrae, uitdagings en aktiwiteite oor elke drama in. Die universele, aktuele temas sal leerders boei en bespreking aanmoedig.
Format:
CONTRIBUTORS: C. Du Toit, B. Van der Vyver, M. Maartens
EAN: 9780636143746
COUNTRY: South Africa
PAGES:
WEIGHT: 270 g
HEIGHT: 240 cm
PUBLISHED BY: Maskew Miller Longman (Pty) Ltd
DATE PUBLISHED: 2012-09-17
CITY:
GENRE: JUVENILE NONFICTION / Drama, YOUNG ADULT NONFICTION / Drama
WIDTH: 168 cm
SPINE:
Book Themes:
Afrikaans, For specific national or regional educational curricula, Educational: Drama and performance arts