Leer, lees en ontdek saam met Tippie in die Huistaal Grootboekreeks!Tippie se reeks Grootboeke is ’n samestelling van interessante fiksie- en niefiksietekste binne ’n spesifieke tema. Fanie Viljoen en Jaco Jacobs het bygedra tot die inhoud in hierdie reeks. Die kleurvolle illustrasies, stories, gedigte, liedjies, grappies en interessante feite maak gedeelde lees maklik en prettig.Nuwe woordeskat word deurlopend bekendgestel en die temabenadering bevorder kritiese denke. Die integrasie met ander leerareas verseker ’n positiewe en kragtige leer- en leeservaring. Die Afrikaans Huistaal Grootboekreeks is ’n uitstekende en unieke manier om geletterdheid in die Grondslagfase te ontwikkel en te bevorder.Die inhoud is trots Suid-Afrikaans en die ryk kulturele erfenis van Suid-Afrika dien as inspirasie vir al Tippie en sy maats se avonture.
Format: Paperback / softback
CONTRIBUTORS: Fanie Viljoen
EAN: 9780637013369
COUNTRY: South Africa
PAGES: 24
WEIGHT:
HEIGHT: 420 mm
PUBLISHED BY: LAPA Publishers
DATE PUBLISHED: 2025-11-01
CITY:
GENRE: JUVENILE FICTION / School & Education
WIDTH: 297 mm
SPINE:
Book Themes:
Early years / early learning concepts
DIE SKRYWERSMet jare se ervaring in buitengewone onderwys waar kinders met lees- en spelprobleme sukkel om te leer, wil José Palmer en Reinette Lombard met die LEER MY LEES / LEARN TO READ-reeks ’n liefde vir lees by kinders kweek. Hierdie leesreeks met sy prettige illustrasies is saamgestel sodat dit nie net pret sal wees om te lees nie, maar ook woordeskat en leesbegrip sal bevorder. Fanie Viljoen is een van die mees geliefde en diverse Afrikaanse kinder- en jeugboekskrywers. Hy het ook al ’n rits ATKV-Woord-veertjies en ’n M.E.R.-prys ingepalm. Sy verhale Betower en Afkop was naaswenners in LAPA se jeugromankompetisie en hy wen 2019 se kompetisie met Offers vir die vlieë. Dié boek ontvang ook ’n ATKV-Woordveertjie toekenning (2019) en word met die Scheepers-prys vir jeuglektuur(2022) bekroon.