Format:
Zackie en Vincent kan nie wag nie. Hulle gaan vandag pretpark toe! Daar is ’n Groot Wiel, ’n Wilde Wipwa en ’n Spooktrein. Maar Anton, die skool se grootste boelie, is ook by die pretpark. Toe hy vir Vincent begin terg, besluit Zackie om hom ’n les te leer! Die oorspronklike Zackie Mostert-reeks het reeds duisende aanhangers – en nou is daar ook ’n leesreeks, perfek vir beginnerlesers. Elke boek bevat helder volkleurillustrasies en maklik verstaanbare teks wat die prettige stories vir jong lesers toeganklik maak. Zackie se avonture saam met sy hond, Frankenstein, sy beste vriend, Vincent, die moeilikheidmaker Anton en die kwaai buurvrou, mevrou Langenhoven, maak dit hope pret om te leer lees!
CONTRIBUTORS: Jaco Jacobs
EAN: 9780799380156
COUNTRY: South Africa
PAGES:
WEIGHT: 0 g
HEIGHT: 0 cm
PUBLISHED BY: LAPA Publishers
DATE PUBLISHED: 2017-04-17
CITY:
GENRE: JUVENILE NONFICTION / Activity Books / General, JUVENILE NONFICTION / Readers / Beginner, JUVENILE FICTION / General, JUVENILE FICTION / Action & Adventure / General
WIDTH: 0 cm
SPINE:
Book Themes:
Children’s / Teenage fiction: Action and adventure stories, Children’s / Teenage personal and social topics: Bullying, violence, abuse and peer pressure
Met topverkopertitels soos My ouma is ’n rock-ster, Superheroes vlieg net saans en Wiskunde gee my maagpyn agter sy naam, is dit g’n wonder nie dat Jaco Jacobs een van die gewildste, veelsydigste en mees bekroonde kinderboekskrywers in Afrikaans is. Sy boeke vir jong lesers is propvol aweregse humor, gruwelike grilgoed en wilde avonture. Jaco het reeds meer as 100 boeke die lig laat sien, en meer as 650 000 kopiee van sy boeke is reeds verkoop. Afgesien van kinderboeke, skryf hy ook rubrieke, tydskrifartikels, ’n kinderboekblog, en hy het reeds meer as 250 boeke in Afrikaans vertaal. Jaco het in die Karoo grootgeword, maar woon deesdae in Bloemfontein saam met sy vrou, Elize, hul dogtertjies, Mia en Emma, en drie honde, Pippie, Binki en Otto.