Die ampertiener-jare is 'n baie verwarrende tyd vir kinders, veral vir meisies. Sy is nog kind, nog jong meisie, en daar is soveel dinge wat sy moet leer balanseer, soos vriendskappe, skool, huiswerk en buitemuurse aktiwiteite. Dit is 'n tyd waarin sy haar eie identiteit moet ontdek, te midde van die veranderinge wat in haar liggaam plaasvind en die groepsdruk wat sy ervaar. En ongelukkig gaan dit dikwels gepaard met baie verwarring en hartseer. Vir meisies soos jy is inspirerende oordenkings wat ampertiener-meisies lei om hulle ware identiteit in God te ontdek. Die oordenkings, tesame met die selfdink-vrae en aktiwiteite wat hier en daar voorkom, sal hulle bewus maak van God se daaglikse sorg en onvoorwaardelike liefde. So sal meisies geinspireer word om 'n positiewe selfbeeld te ontwikkel wanneer hulle oe oopgemaak word vir God se waarheid oor wie hulle is in Hom.
Format:
CONTRIBUTORS: Wynter Pitts
EAN: 9781431622610
COUNTRY: South Africa
PAGES:
WEIGHT: 500 g
HEIGHT: 0 cm
PUBLISHED BY: CUM
DATE PUBLISHED: 2020-12-20
CITY:
GENRE: JUVENILE NONFICTION / Religion / General
WIDTH: 0 cm
SPINE:
Book Themes:
Children’s / Teenage general interest: Philosophy, Religion and beliefs