Smarties vir die siel, spesifiek geskryf vir vroue se behoeftes, is propvol bemoediging en inspirasie. Dis in happiegrootte dagstukkies opgedeel vir besige vroue. Nou kan jy elke dag oor die Woord nadink, al het jy 'n vol program. Die dagstukkies is ideaal om te lees terwyl jy jou oggendkoffie drink of in die motor vir die kinders wag. Of enige tyd wanneer jy 'n paar minute vry het. Susan Coetzer se kenmerkende styl wat met die hart praat, sal jou nader aan God bring. Jy sal besef hoe Sy waarhede deur jou lewe gevleg is, en dat jy op Hom kan vertrou vir elke more. Die uitgawe van Smarties vir die siel, topverkoper Bybeldagboek wat reeds talle lewens verryk het, is nou in 'n gerieflike sakpas formaat. Dra dit in jou handsak vir pitkos regdeur die dag en deel die boodskappe daarin met ander wat troos en bemoediging nodig het.
Format:
CONTRIBUTORS: Susan Coetzer
EAN: 9781432209070
COUNTRY: South Africa
PAGES:
WEIGHT: 500 g
HEIGHT: 170 cm
PUBLISHED BY: Carpe Diem Boeke
DATE PUBLISHED: 2020-12-20
CITY:
GENRE: RELIGION / Sexuality & Gender Studies
WIDTH: 120 cm
SPINE:
Book Themes:
Christianity, Religious aspects of sexuality, gender and relationships