Mieke se suster Fleur vra of sy haar swaer wat sy vrou verloor het, kan kom help met sy baba. Mieke stem in, maar op die vlug na Kaapstad beland sy langs ’n sexy rooikop. Wewenaar Doug Sutherland is aangetrokke tot die groenoog donkerkop langs hom op die vlug. Hul vurige omhelsing op die lughawe, het egter onverwagse gevolge, want Mieke is die nuwe au pair wat na Doug se baba moet kom kyk. Gaan hulle mekaar weer in die oë kan kyk?
Format: Paperback / softback
CONTRIBUTORS: Elsa Winckler
EAN: 9781779870681
COUNTRY: South Africa
PAGES: 192
WEIGHT: 100 g
HEIGHT: 170 mm
PUBLISHED BY: LAPA Publishers
DATE PUBLISHED: 2025-03-01
CITY:
GENRE: FICTION / General, FICTION / Romance / General, FICTION / Romance / Fantasy
WIDTH: 107 mm
SPINE:
Elsa Winckler is ’n internasionaal gerekende liefdesverhaalskrywer met talle boeke op haar kerfstok. Haar man is haar studenteliefde en maak steeds haar knieë lam ná vier dekades, drie kinders en ’n kroos kleinkinders.