"Kosmaak is pure toorkuns. Met 'n knippie oëverblindery en 'n
skeutjie kulkuns word aartappels rose en klits eierwit en suiker tot
blink, wolkerige malvalekkers."
Dié aanhaling van Johané Neilson, Tuis se kosredakteur, som
presies op wat jy in Ta-da! kan verwag. Tuis is nie om dowe neute
Suid-Afrika se topverkoper in die huis-en-tuin-tydskrifmark nie –
alles in dié praktiese mooimaakgids is toeganklik en makliker as
wat dit lyk.
Dit geld ook die gewilde kosafdeling. Johané het deur die jare
die kuns vervolmaak om met maklike truuks indrukwekkende kos
vir haar geliefdes voor te sit. In dié bundel deel sy van Tuis se
gewildste resepte, met nuttige wenke vir hoe jy self die ta-da! in
jou kookkuns kan sit.
Die boek bevat 'n keur van ligte somermaaltye tot koesterende
winterkos, spog-voorgeregte tot liplekker nageregte (verbeel jou
'n boerewors-frittata, kerrieviskoekies, potgebraaide bief met
spek en biltong, heuning-appeltert, klapperkoek... ).
Dit was not nooit so maklik om jou mense te beïndruk nie!
CONTRIBUTORS: Johane Neilson
EAN: 9781928363057
COUNTRY: South Africa
PAGES:
WEIGHT: 500 g
HEIGHT: 275 cm
PUBLISHED BY: Jonathan Ball Publishers SA
DATE PUBLISHED:
CITY:
GENRE: COOKING / General
WIDTH: 210 cm
SPINE:
Book Themes:
General cookery and recipes
Book Partnerships
For the Fans