Karel Schoeman – Stiltes en stemme, ’n Huldeblyk
R 0.00 Price and availability exclusive to website
FREE delivery to all EXCLUSIVE BOOKS stores nationwide. FREE delivery to your door on all orders over R450. Excludes all international deliveries.
R 0.00 Price and availability exclusive to website
"Stiltes en stemme is 'n huldigingsboek vir een van die belangrikste Afrikaanse skrywers, Karel Schoeman. Karel Schoeman se oeuvre verdien 'n huldiging, selfs as mens slegs na die omvang van sy lewenswerk kyk: 19 romans (en vier "jeugromans"); 52 historiografiese en biografiese boeke; 5 boeke is deur hom vertaal, 9 Reisbeskrywings, 2 outobiografiese werke, meer as 160 historiese artikels en resensies in verskeie publikasies. Hy was ook die redakteur van 15 publikasies in die Vrystatia-reeks. Syfers vertel egter nie die hele verhaal nie. In hierdie huldigingsbundel word die wyse waarop hy stemme uit die stilte van die verlede ontruk het, van nader beskou, en word klem geplaas op die wyse waarop hy stilte kon gebruik om stemme beter te laat hoor. Schoeman se werk is al dikwels vergelyk met die werk van Marcel Proust maar die verband tussen hulle werk is nog nie tevore ondersoek nie. Willie Burger wys op merkwaardige ooreenkomste tussen Proust se literatuurbeskouing en Schoeman se roman. Die boek word afgesluit met 'n omvattende bibliografie van Schoeman se werk en al die resensies, besprekings, artikels, proefskrifte en verhandelings daaroor. Dit is 'n onontbeerlike hulpbron vir enige verdere navorsing oor Schoeman."