FREE delivery to all EXCLUSIVE BOOKS stores nationwide. FREE delivery to your door on all orders over R450. Excludes all international deliveries.
Die man van elders, ’n titel wat onmiddellik my verbeelding geprikkel het. Gelukkig het die skrywer, die geliefde Helene de Kock, reeds so vroeg as op bladsy 27 vir die lesers ’n leidraad gegee oor haar gedagtegang wat betref Jean Botha: “Elders is iewers en tegelyk nêrens. En is dit nie waar hy nou is nie?” Dan neem die storielyn sy loop, en baie later kan Jean op sy eie stukkie grond staan en verklaar: “Ja, ek is die man van Elders. Soos Ou Paul sê, daar waar dit mooiweer en warm is.” (p.264)”
Die verhaal is veel meer as net een man se soeke na ’n plek waar hy behoort. Dit is ook die verhaal van Renette Brink wat met een oogopslag Jean se hart gesteel het, maar die prooi word van huishoudelike geweld en ’n narsis. “Haar man is verslaaf aan homself.” (p.211) Dit moes Renette op die harde manier agterkom. Nie ’n tema wat jou in die gehoor streel nie, maar sonder omhaal weergegee.
Daar is gelukkig ook baie heilsame aspekte in die storielyn ingebou soos ware vriendskap en aanvaarding sonder vooroordeel, tweede kanse, opoffering en dankbaarheid. Die geestelike pad wat die hoofkarakters loop, word ook subtiel bygewerk in die styl waarvoor hierdie skrywer bekend is.
Die man van elders is die derde in ’n reeks en volg op Diana se dag en Drome het ook asem. Moet glad nie bekommerd wees as jy die eerste twee nie gelees het nie, hierdie verhaal kan op eie bene staan. Dit sal egter ’n bonus wees as jy hulle sommer al drie in volgorde kan lees.
Human & Rousseau is die uitgewers. Dit is ’n druknaam van Jonathan Ball Uitgewers
I can not stop reading this book, this book gives an opportunity to discover more about love. Amazing content.
"Big Dreams, Big Travel" is an consistently exciting adventure that immediately draws you into a mysterious dream world. Wim Balmer writes clearly, directly, and without unnecessary length – you practically fly through the pages. Jay's journey between dream and reality is intense, surprising, and makes you eager to keep reading.
A great fantasy book for young readers who want to dive straight into the adventure. Entertaining, dreamy, and absolutely recommended.
Extremely helpful - hundreds of topics covered.
2 Examples:
- Consider everything already broken.
Everything breaks, even rocks eventually become sand. So don't stress about it when somethings breaks! You knew it was going to happen!
- Beware of the mushroom effect of your thoughts. (She probably thinks this now. She's probably telling everybody. Now, this person will... etc)

