FREE delivery to all EXCLUSIVE BOOKS stores nationwide. FREE delivery to your door on all orders over R450. Excludes all international deliveries.

Zackie Mostert Omnibus 3 (boek 11-14)

Jaco Jacobs

    Product form
      FORMAT: Paperback / softback

      R 250.00 Price and availability exclusive to website

      YOU COULD EARN 250 FUTURE RETAIL DISCOUNTS.

      Store stock available
      Good news! It looks like the product you’re looking for is also available in-store. Live Chat with one of our friendly agents to find the closest store with available stock, and if you’re a Fanatics member, we can set it aside for you to collect. Click the chat icon on the bottom right-hand side of your screen to start a Live Chat.

      ESTIMATED DELIVERY: Approx 4 Business Days
      BUY NOW PAY LATER
      From R 41.66 per month!
      3x monthly payments of R 83.33 with
      4x fortnightly payments of R 62.50 with

      Store stock available
      Good news! It looks like the product you’re looking for is also available in-store. Live Chat with one of our friendly agents to find the closest store with available stock, and if you’re a Fanatics member, we can set it aside for you to collect. Click the chat icon on the bottom right-hand side of your screen to start a Live Chat.

      Format:

      Vyf keer meer Zackie-pret!Granaatstraat is ’n straat nes enige ander straat. Wel nie heeltemal nie. Dis immers die straat waarin Zackie Mostert woon. En waar Zackie is is daar altyd volop pret avontuur en kattekwaad!Kinders is versot op Zackie se skreeusnaakse avonture! Of hy nou die allervreeslikste stinkbomme maak sy lyf speurder hou of per ongeluk die buurvrou se kat Groenland toe pos – waar Zackie is is daar altyd hope pret en kattekwaad. Sedert die verskyning van die eerste Zackie-boek in 2010 het dié gewilde karaktertjie en sy maats hope pret en humor na die Afrikaanse kinderboekwêreld gebring en duisende aanhangers gekry. Word deel van die opwinding saam met Zackie sy beste vriend Vincent sy hond Frankenstein die kwaai buurtannie mevrou Langenhoven – en natuurlik Anton die skoolboelie wat gedurig moeilikheid maak!Kort op die hakke van die vorige omnibusse verskyn nog vier van Zackie se lawwe avonture EN Zackie se groot grapboek saam in een briljante bekostigbare omnibus:* Zackie Mostert en die katkrisisParty katte is oulik en spelerig en hou daarvan om gevryf te word. Mevrou Langenhoven se kat Katinka is NIE een van daardie katte nie. Maar toe mevrou Langenhoven vir Zackie en Vincent vra om na Katinka te kyk stem hulle in want hulle het dringend ekstra sakgeld nodig. Hoe moeilik kan dit nou wees om ’n kat op te pas ...?* Zackie Mostert en die vreeslike verjaardagZackie se beste vriend Vincent verjaar een van die dae. Zackie beplan ’n BAIE SPESIALE partytjie. Dit gaan ’n GROOT verrassing wees. Maar ongelukkig besluit Anton om sy partytjie op presies dieselfde dag te hou – en hy gaan seker maak daar is NIEMAND by Vincent se partytjie nie. Wie gaan die beste partytjie in Granaatstraat hou? Dis OORLOG!* Zackie Mostert en die super-stinkbomZackie hou nie juis van sing nie ... maar die skoolkoor gaan binnekort op ’n FANTASTIESE kamp. Daarom besluit Zackie en Vincent om in die koor te sing. Kort voor lank begin Anton die skoolboelie hulle egter terg. En boonop vind hulle uit die rugbykamp is dieselfde tyd as die koorkamp ... Die koor was ’n VROT idee! Maar dan maak Zackie en Vincent onverwags nuwe vriende – en hulle kry ’n plan om Anton ’n les te leer ... ’n Baie STINK plan!* Zackie Mostert en die slim speurderDie hele skool is in REP EN ROER. Die beroemde sangeres Jenny Jay gaan ’n konsert by die skool hou ... en sy gaan haar nuutste MUSIEKVIDEO daar kom verfilm! Maar dan verdwyn die sangeres se baie duur halssnoer. En iemand dink Zackie se beste vriend Vincent het dit gevat ... Zackie besluit hy gaan sy lyf SPEURDER hou om Vincent se onskuld te bewys!* Zackie Mostert se Groot GrapboekZackie en sy beste vriend Vincent het besluit om ’n boek propvol grappe bymekaar te maak. Lê van die lag met Zackie en Vincent se gunsteling-grappe! Meer as 200 grappies wat jou lekker sal laat skater.
      CONTRIBUTORS: Jaco Jacobs EAN: 9780799391152 COUNTRY: South Africa PAGES: WEIGHT: 0 g HEIGHT: 0 cm
      PUBLISHED BY: LAPA Publishers DATE PUBLISHED: 2019-01-01 CITY: GENRE: JUVENILE FICTION / General WIDTH: 0 cm SPINE:

      Book Themes:

      Children’s / Teenage fiction: General, modern and contemporary fiction

      Customer Reviews

      Be the first to write a review
      0%
      (0)
      0%
      (0)
      0%
      (0)
      0%
      (0)
      0%
      (0)
      Jaco Jacobs is die gewilde skrywer van talle bekroonde topverkoperboeke vir kleuters, kinders en tieners. Sy skryfwerk wissel van prettige kinderrympies tot spokerige grilstories, van vermaaklike feiteboeke tot lekker skaterlagstories.Hy het reeds meer as 150 boeke die lig laat sien, en meer as 1.2 miljoen kopieë van sy boeke is verkoop.

      Recently viewed products

      Login

      Forgot your password?

      Don't have an account yet?
      Create account