FREE delivery to all EXCLUSIVE BOOKS stores nationwide. FREE delivery to your door on all orders over R450. Excludes all international deliveries.

Myner van my hart

Mariëtte Wenhold

    Product form
      FORMAT: Paperback / softback

      R 115.00 Price and availability exclusive to website

      YOU COULD EARN 115 FUTURE RETAIL DISCOUNTS.

      Store stock available
      Good news! It looks like the product you’re looking for is also available in-store. Live Chat with one of our friendly agents to find the closest store with available stock, and if you’re a Fanatics member, we can set it aside for you to collect. Click the chat icon on the bottom right-hand side of your screen to start a Live Chat.

      ESTIMATED DELIVERY: Approx 4 Business Days
      BUY NOW PAY LATER
      From R 19.16 per month!
      3x monthly payments of R 38.33 with
      4x fortnightly payments of R 28.75 with

      Store stock available
      Good news! It looks like the product you’re looking for is also available in-store. Live Chat with one of our friendly agents to find the closest store with available stock, and if you’re a Fanatics member, we can set it aside for you to collect. Click the chat icon on the bottom right-hand side of your screen to start a Live Chat.

      Format: Paperback / softback

      Katarien Roos, ’n rotsingenieur, keer terug na Suid-Afrika nadat haar ouma ’n beroerte kry. Na ’n verwoestende ervaring is haar werk die enigste plek waar sy suksesvol voel. Op pad Rustenburg toe kry haar motor ’n pap wiel. Armandt du Toit, beesboer en uitvoerende beampte van Mabewhu Platinummyn, help haar. Hy sien haar vrees en probeer deur haar emosionele skanse breek om haar hart te bereik. Sal sy hom kan vertrou en haar ware self aan hom wys?

      CONTRIBUTORS: Mariëtte Wenhold EAN: 9781779871510 COUNTRY: South Africa PAGES: 192 WEIGHT: 100 g HEIGHT: 170 mm
      PUBLISHED BY: LAPA Publishers DATE PUBLISHED: 2026-05-01 CITY: GENRE: FICTION / Romance / General WIDTH: 107 mm SPINE:

      Book Themes:

      Romance

      Customer Reviews

      Based on 1 review
      100%
      (1)
      0%
      (0)
      0%
      (0)
      0%
      (0)
      0%
      (0)
      A
      Amanda Claassens
      'n Nuwe begin is moontlik na groot trauma

      As ek Mariette Wenhold se Myner van my hart in een woord moet opsom, sou ek sê dit is intens. Waarom sê ek so? Hoofsaaklik omdat die onverwerkte trauma waarmee Katarien Roos spook, veel erger is as dit wat mens normaalweg in ’n romanse teëkom. Ek het iets redelik aardskuddend begin vermoed toe sy nie by haar huis kan ingaan nie.
      Haar volatiele geaardheid, wat ’n paar maal lei tot uitbarstings of onversetlike optrede, kan ook grotendeels toegeskryf word aan dit wat in haar verlede gebeur het en haar genoop het om Suid-Afrika te verlaat. Die skrywer gebruik hierdie element om deurentyd afwagting en spanning te skep deurdat die volle waarheid nie sommer vroeg in die storielyn onthul word nie.
      Verder is die liefdestoneel ook nogal intens. Armand du Toit is ’n held waaroor menige romanseleser sal swymel. Hoewel Katarien haarself as “emosioneel onbeskikbaar” beskou (p.141) is hy presies die man wat sy nodig het om deur haar skanse te breek. Hy, en ’n predikant wat as berader optree.
      Familiebande kry baie aandag in hierdie verhaal en die tienerseun laat mens sommer weer glo in die jeug. Tweede kanse, op enige ouderdom, laat ’n romantiese leser sommer goed slaap as jy die boek neersit.

      Mariëtte Wenhold woon op ’n plaas buite Swartruggens saam met die liefde van haar lewe. Sy skilder graag met olieverf en hou haarself ook met pottebakkery en kwiltwerk besig. Sy het ’n passie vir die dinge in die lewe wat kosbaar is en herinneringe skep: familie, goeie vriende, reis, kos, wyn en baie lag. In 2021 behaal haar debuut roman, Bosnimf, die tweede plek in ROSA se Sterlitzia toekennings.

      Recently viewed products

      Login

      Forgot your password?

      Don't have an account yet?
      Create account