4 Day Delivery

R 65.00


Verdwyning van Billy Katz
Speurder Ella Neser stel ondersoek in nadat vier gemummifiseerde linkervoete in 'n Checkers-sak in 'n openbare tuin gevind word. Waar is die liggame waaraan die voete behoort? Lou Pepler, eks-polisieman, nou sekuriteitskonsultant, glo dit hou verband met 'n saak wat hy twintig jaar gelede ondersoek het - die verdwyning van Billy Katz, rykmanseun en rokjagter. Ella se soektog lei na 'n begrafnisonderneming in Turffontein en die Pottas-familie, met hul stom aanneemseun, Rakker. Maar hoe hou die voete verband met Billy Katz se verdwyning en die saak wat Lou sy loopbaan en amper sy lewe gekos het?
R 360.00

Vlam
Sollie Mthembu se huwelik le aan skerwe. Nyandi het die kinders gevat en is sak en pak terug Lesotho toe. Terwyl hy in 'n Bloemfonteinse gastehuis le en tob oor waarom Nyandi hom sou wantrou, brand 'n kunsgalery op Parys tot op die grond af. Die wereldberoemde kunstenaar Aretha Hattingh se oeuvre - en tuiste - nou 'n hoop as. En in die middel van die ruine: die oorskot van 'n vrou, vermoedelik die van Aretha. Is dit moord? Selfdood? Of bloot 'n fratsongeluk?
R 130.00

Stoutste Klas Op Aarde
Volgens die skoolhoof is 4B die stoutste klas op aarde. Sy se skool gaan nie oor leegle en lyf wegsteek, of pret he nie. Dit gaan oor leer en dis hoogtyd dat 4B harder daarin probeer uitblink. Maar Alex en Manjit het letterlik nie bedoel om hulle hele klas siek te maak met tuisgemaakte koekies nie. 4B is miskien die stoutste klas op aarde, maar jy sal nie enige ander plek wil wees nie.
R 202.00

Speurder Kwaaikofski: Omnibus 3
Kwaaikofski is 'n privaatspeurder. Hy het nou eenmaal 'n talent daarvoor. Gee hom 'n glas melk, Carpenters kougom en sy spesiale kep en hy is gereed vir enigiets! Hierdie omnibus bevat drie van Speurder Kwaaikofski se gewildste avonture vir beginnerlesers. Hierdie keer krap 'n ander speurder krap in sy slaai, hy moet uitvind wie Olga se luukse motor beskadig het en hy beland boonop in die kollig op die verhoog . . .

Voorouer. Pelgrim. Berg.
’n Vrou, Katerina Steenkamp, haar oog ferm op die berg, gaan op ’n aanlyn dating site en ontmoet mense met onverwagse gevolge. ’n Man, sy kop vol apokaliptiese frases, patrolleer die strate sonder enige sigbare voorneme of doel. ’n Ander man hou die naghemel dop en wag op die koms van ’n elliptiese tuig. Nog ’n vrou, aan die einde van haar lewe, besin oor haar huwelik, en die lewens van haar drie susters. ’n Uitdagende roman, wat bowenal dui op vernuwing in Winterbach se werk.
R 295.00

Spoor
Op 'n verlate grondpad in Limpopo druk hulle die reuse Smith & Wesson Model 500 teen Lemmer die lyfwag se kop en vra: 'Waar is dit?' Hy weet nie. Hulle belieg en bedrieg hom, steel sy Glock, die een met sy vingerafdrukke daarop. Hulle ken hom nie; hulle gaan betaal. Hulle gaan 'n spoor trap wat wyd sal loop: 'n Bloedspoor deur die eerste dossier van Mat Joubert, deesdae privaat ondersoeker, wat moet soek na Danie Flint, 'n 'goeie man' wat reg langs die Table View-polisiestasie verdwyn het. 'n Geweldspoor deur die bestaan van Milla Strachan, verloopte huisvrou, eers so salig onbewus van die newelwereld van georganiseerde misdaad en terrorisme om haar. 'n Doodspoor, van die Chizarira tot by die Kaapse Waterkant. En aan die einde daarvan sal niemand meer dieselfde wees nie.
R 385.00

Dik Dun Thick Thin
n Splinternuwe, skitterende versameling kortverhale deur Nataniel. 20 in Afrikaans en 8 in Engels. Skreeusnaaks, aangrypend, wys, onvoorspelbaar en -- soos altyd -- hoogs vermaaklik. Soos gewoonlik delf hy goud uit sy kinderjare -- oor sy ouers, sy ouma -- maar daar is ook fantastiese en fantasmagoriese verhale oor sy lewe as sanger op plattelandse dorpies, oor 'n vreemdeling wat hom een aand in sy huis help om sy vrese te besweer, en hoe 'n mens jou eerste reus oorwin . . .
R 305.00

Hoe Dinge Werk: Biologie-Eksperimente in Jou Agterplaas
With the Hoe dinge werk series every young do-it-yourself scientist can do fun (sometimes explosive) experiments in the backyard! Make a bouncy egg, grow bacteria, keep fruit fresh, blow up a balloon using yeast . . . If you're curious about things like fungus and enzymes or want to see how your lungs and digestive system work, you're in the right place! The book also includes a quiz to test your knowledge!
R 55.00

Braaibroodjies en Burgers
Wie sou kon raai dat Jan en sy boeke wereldbekend sou word vir braai! Die braaikoning is terug met 'n splinternuwe boek en die keer ondergaan die nederige braaibroodjie 'n gedaantewisseling of twee. Vind liplekker hoender-, beesvleis-, vegetariese en veganistiese braaibroodjie- en burgerresepte wat jou gesin sal laat terugkom vir nog! En moenie dink Jan het van die suikertande vergeet nie, die boek bevat alles van soet tot sout, alles oor die vuur - dis mos nou lekker!
R 180.00

Sondag
"Sondag. Oukersaand. Ná ’n inbraak by die Stables Estate in Pretoria-Oos word sakeman Lafras van Zyl vir dood agtergelaat. Die res van die Van Zyl-gesin verdwyn spoorloos. Kaptein AJ Williams moet inspring om te help. Alex en Ranna is op die spoor van ’n meisie, wat in Johannesburg vermis geraak het. Twee misdade. Meer vrae as antwoorde."
R 330.00

Kyk na My
Met hierdie unieke boek vertel Nataniel die verhaal van'n kindertyd in drie klein dorpies en een groot voorstad, 'n era waartydens reels blindelings gevolg is en oor 'n jong seun met 'n oorweldigende vrees vir die gewone. 'Kyk na my' is Nataniel se eerste volwaardige memoir.
R 260.00

day the dragon came
This book tackles the serious matter of sexual abuse and serves to inform and empower children. It highlights the warning signs of sexual abuse and teaches children how to react in such a situation. Kevin loves stories about the fierce prince of Arabia who can even fight dragons. But his older sister, Abby, don't believe in fairy tales anymore. Abby says there is a dragon in their own home - one that fears nothing and no one. But who could it be?
R 17.00

Saartjie omnibus 7
In hierdie omnibus, wat nog drie gewilde Saartjie-stories bevat, ontmoet Saartjie vir Clara, 'n dogtertjie met polio, en sy kruip sommer gou in Saartjie-hulle se harte. Daar kom ook 'n wereldberoemde sirkus na Linnekom en sorg vir groot opwinding. Saartjie dink ook dat sy haar droomman ontmoet het wanneer 'n beroemde rugbyspeler kom kuier.
R 245.00


Trompie omnibus 7
In hierdie omnibus, wat nog drie gewilde Trompie-stories bevat, word die sproetgesig Grootkaptein en die Boksombende se avonture voortgesit. Trompie moet veg vir sy plek as spankamptein van die rugbyspan, veral wanneer sy vyand, Gerrit Moerdyk, almal teen hom draai. Trompie en sy maats bak ook vir die wetenskaponderwyser 'n poets en Trompie skryf in vir 'n kompetisie wat 'n reis Kaap toe as prys aanbied.

Klikbek
Speurder Sollie Mtembu le snags wakker oor of sy salaris ooit sy vrou se ambisies sal ewenaar. Maar in Oktober verdwyn 'n ou vriend van die polisiekommisaris en hy word opdrag gegee om die "verdwyning" te ondersoek. Kort na hy in Rhynveld arriveer verander die oenskynlike ontvoering in 'n moordsaak en Sollie moet sy vrese opsy skuif sodat sy speurvernuf kan seevier.
R 320.00

Vuurwarm
Suid-Afrikaners vier elke jaar Nasionale Braaidag op 24 September. 'n Dag vir al die burgers van Suid-Afrika om lekker te ontspan en rondom die braaivleisvure te kuier met hul vriende en familie. Die dryfkrag agter hierdie inisiatief is 'n man bekend as Jan Braai. In die boek gaan Jan verder as algemene raad oor vuurmaak en die braai van steak, tjops, hoender en wors. Beslis 'n moet vir alle braailiefhebbers!.
R 180.00

Nuwe Afrikaanse Prosaboek
Die nuwe Afrikaanse prosaboek is 'n viering van verskeidenheid. Dit bied 'n verruimende, vars blik op die Afrikaanse kortverhaal met sowel klassieke verhale deur welbekende skrywers asook voorheen ongepubliseerde verhale deur nuwe stemme. Jan Rabie, wat in die laat-1950's die kontoere van die literere landskap verle het met sy soms absurde, soms filosofiese, soms politieke "prosas", dien as inspirasie.
R 465.00

Cape, Curry & koesisters
In Cape Curry & Koesisters, twin sisters Fatima and Gadija takes us on a Cape Malay food trip, which is also a journey of life, as the recipes are linked with memories of their childhood on the Cape Flats. They believe in home cooking and recipes that are quick, easy and affordable. Easy, yet never boring, there's something for every taste and every occasion. Try your hand at there curries with sambals on the side and dhaltjies for a bit of bite.
R 395.00

Trompie omnibus 6
In hierdie omnibus, wat nog drie gewilde Trompie-stories bevat, word die sproetgesig Grootkaptein en die Boksombende se avonture voortgesit. Die ondeunde Trompie het 'n sjarme wat tot oud en jonk spreek en nuwe lesers sal dadelik deur Trompie en die Boksombende se avonture meegevoer word. Hierdie omnibus bevat nog drie gewilde Trompie-stories.

Grilgrypers: Kamp vir monsters: Boek 3
Volgens Clayton se pa en sy nuwe verloofde is hy 'n probleemkind. Hy word na 'n eksklusiewe rehabilitasiekamp vir tieners gestuur, maar dis nie net die streng sekuriteit en geheimsinnige personeel wat aandui iets is nie pluis nie. Clayton is vreesbevange vir die digte bome wat die kamp omring en snags sluip vreemde gediertes in die woud rond. En dan begin van die tieners verdwyn. . .
R 185.00

Eisteddfod-pret
Menige ouer, onderwyser en afrigter het al gewens die soektog na geskikte materiaal vir Eisteddfods was makliker. Hierdie bundel is die antwoord, met oorspronklike, ongepubliseerde werke wat die potensiaal het om A++ by 'n Eisteddfod te verwerf. Die 108 gedigte, 24 monoloe en 20 samesprake is geskik vir laerskoolkinders. Riglyne deur Eisteddfod-veteraan Louise Lachenicht, verseker ook dat elke deelnemer se potensiaal ten volle ontwikkel kan word.
R 285.00

R 385.00

Boerekos met 'n twist
In Boerekos met 'n twist gee Annelien 'n kwyllekker kinkel aan die eenvoudige, voedsame huiskos wat jou ma, ouma en oumagrootjie gemaak het. Die 140 familieresepte vir soppe, souse, groente-, vleis- en nageregte en gebak en spenstreffers is getoets, bevat g'n vreemde bestanddele nie en sit die "resep-met-'n-les"-konsep voort wat haar gelyknamige blog en Facebookblad so 'n sosialemediasukses maak. Boerekos met 'n twist kan beskryf word as 'n kompakte 21ste-eeuse Kook en Geniet vir besige mense.
R 465.00

R 245.00

R 230.00

James en die reuse-perske
James se tantes, tannie Spyker en tannie Spons, skel hom gedurig uit. Hulle slaan hom en laat hom honger ly en maak sy lewe 'n nagmerrie. As 'n kwaai ontsnapte renoster sy ouers net nie opgeeet het nie, sou hy nooit in hierdie gemors beland het nie. Maar eendag ontmoet hy 'n geheimsinnige ou mannetjie wat vir hom 'n sak vol krokodiltonge met towerkrag gee - en so begin die avontuur van sy drome. Nuwe uitgawes herdenk Roald Dahl se 100ste verjaardag in 2016.
R 255.00

verevrou
Liora word groot op 'n volstruisplaas in Algerie. Van kleins af bring sy tyd deur in haar tante se pluimery, 'n magiese omgewing waar volstruisvere omskep word in kostuums. Maar onrus bou op in Algerie, en eindelik word sy en haar familie gedwing om landuit te vlug. Na jare in Parys kom Liora in die Klein-Karoo aan, op soek na haar oom Moshe. Haar lewe word opnuut omgedop, en weer, nes in haar jeug, le daar 'n grens voor haar wat sy moet oor.
R 75.00

R 330.00

Skoenlapper
’n Naelbyt-spanningsverhaal met eiesoortige karakters en ’n besonderse liefdesverhaal, deur ’n opwindende nuwe skrywer. Alex het ’n teorie oor chaos. Waar hy ook al gaan, volg dit hom. Dis hoekom hy joernalis geword het en hom nou in Tanzanië bevind. By ’n troue iewers tussen Dar es Salaam en Arusha ontmoet Alex vir Ranna, ’n vryskutfotograaf met ’n bos swart krulhare, ’n t-hemp wat sê dr. Seuss is altyd reg, en ’n verlede waaroor sy nie praat nie. Alex wat lankal nie meer in Die Liefde glo nie, weet: dit is hoe dit voel. Maar dan haal die chaos hom in. Eers begin dit onophoudelik reën en paaie en dorpies spoel weg. En dan, wanneer die lyk van ’n Amerikaanse IT-biljoenêr op ’n strand uitspoel, word dit duidelik dat Ranna met rede haar verlede probeer begrawe. Waarom anders stel die polisie skielik in haar belang? Die aweregse karakters in hierdie spannende raaiselroman, sal gou ou vriende word. Die briljante polisieman Hamisi Habane word deur sy eie spoke voortgedryf, en vir Alex se IT-kontak, die petite Sarah Fourie van Pretoria-Wes, is geen inligting buite perke nie, solank sy haar ses blikkies Coke en haar rekenaar byderhand het.
R 330.00



R 245.00

Lotta se lewe: wieg, wurm, wieg
Jippie! Dis uiteindelik vakansie. Die meeste kinders in 5b gaan by die huis bly. Maar Lotta se familie gaan op ¿n organise plaas vakansie hou. Al het sy en haar twee raasbekboeties, Jakob en Simon, besluit hulle wil na ¿n eksotiese eiland toe vlieg. Maar daar is nogal baie interessante diere op hierdie plaas. En Lotta is mal oor diere! Sy kan ook lekker op hulle oefen. Want sy weet nou wat is haar Indiese blokfluit se geheim: ¿n Mens kan slange daarmee hipnotiseer! Veral kobras. Haar blokfluit laat erdwurms ook dans. Sy moet net die regte note blaas . . . Dit is die een katastrofe na die ander in Lotta se lawwe lewe! Haar avonture is egter altyd vol pret, humor en verrassings!
R 230.00

R 254.00

Plaasmoord
Plaasmoorde het nooit juis vasstrapplek gekry in die ylbevolkte Noord-Kaap nie - maar dan word Freddie Swarts, 'n dertigjarige opkomende skilder, en haar aangenome dogter aaklig vermoor.
R 360.00

Weskus-Omnibus 1
Twee gewilde Weskus-romans in een. Haar naam is Ragel: Die verhaal van ’n jong ma wat haar seuntjie se dood moet leer verwerk. Sy ontmoet ’n ma wat net soos sy nie kan ophou treur nie. Saam leer die twee vroue geleidelik wat die sin van lyding is en hoe God in Jesus kan troos. Marta: Terwyl die 17-jarige Marta se pa in haar arms sterf, vra hy haar om na haar ma om te sien. Haar geloof verval in roetinewerk, en sy neem haar kort-kort voor om haar lewe beter in te rig, maar dit gebeur nie.
R 340.00

Sonneblom vir Elke Dag
Die wereld het meer sonneblommense nodig - mense wat hulle koppe na die Son toe draai, mense wat meer soos Hy wil wees. Transformasie begin as ons ons deel begin doen en verantwoordelikheid aanvaar om ons negatiewe gedagtes bewustelik by die alomteenwoordige Son te vernuwe. Kom ons maak dit ons doel om elke dag 'n rapsie meer na Jesus se voorbeeld van christenskap en menswees te lyk. Met hierdie 260 sonneblom dagstukkies nooi Susan jou uit na 'n avontuur van sonsoek - al agter die Son aan.
R 320.00

R 160.00

R 180.00

R 96.00

R 139.00

R 191.00

R 126.00














































