Ná haar liefdesteleurstelling was Rozette nie van plan om gou weer verlief te raak nie. Sy wou eers ’n vriendekring opbou en doodgewone dinge doen. Maar toe ontmoet sy vir Durandt met sy onheilige goudbruin oë.Durandt reken dis ’n slegte tyd om met ’n meisie soos Rozette te doen te kry. Sy mislukte huwelik het hom nie net emosioneel geknou nie, maar finansieel ook. Met sy kwekery wat ná ’n reuseveldbrand nou net roet en as op Reënbaai se wind is, moet hy hard werk om kop bo water te hou. Boonop wonder hy hoekom die onafhanklike, rustelose Rozette haar reistasse finaal by hóm sal wil uitpak?Dit sal ’n dorp vol bemoeisieke vroue verg om dié twee bymekaar te bring, asook ’n skinderbek of twee wat wilde stories uitdink oor Rozette se vuurwarm romanse met Durandt.
CONTRIBUTORS: Thea Holland
EAN: 9781776359301
COUNTRY: South Africa
PAGES:
WEIGHT: 100 g
HEIGHT: 170 cm
PUBLISHED BY: LAPA Publishers
DATE PUBLISHED:
CITY:
GENRE:
WIDTH: 107 cm
SPINE:
Thea Holland het grootgeword in ’n kliphuis in die Weskaap se Sandveld, en het vroeg al die bekoring van stories ontdek. Alle stories. Dié wat geskryf word en dié wat vertel word; ander mense s’n en haar eie. Sy woon in die Overstrand by die see en skryf romantiese fiksie.