FREE delivery to all EXCLUSIVE BOOKS stores nationwide. FREE delivery to your door on all orders over R450. Excludes all international deliveries.

CloseClose
CloseClose
Close

Afrikaans Bestsellers

  • Leo
    Add to wishlist 0

    Leo

    ’n Student se dood in die berg by Stellenbosch lyk verdag. ’n Oud-recce vermoor as ’n boodskap. ’n Mooi veldgids, gewerf as ’n heuningwip vir die grootste dollar-rooftog in die land se geskiedenis. En staatskapers wat elkeen van die ondersoeke saboteer. Jy’t ’n koel kop nodig om dit alles te ontrafel, om die enorme druk te kan hanteer. Jy moet kalm en gefokus en nugter wees. Maar Bennie Griessel se kop is nie koel nie. Want op 12 Junie moet hy trou. Dis ’n resep vir ’n ramp.

    Deon Meyer

    R 385.00

  • Droomjagter
    Add to wishlist 0

    Droomjagter

    Gaan hulle mekaar vind of vernietig? Lucas Jordaan sluit sy bosveldlodge naby Hoedspruit nadat sy meisie onder raaiselagtige omstandighede verdwyn. Dan stop joernalis Renske du Toit voor Jagtersrus se hekke, gestuur deur ’n reistydskrif om oor die lodge te skryf. Die aantrekking tussen hulle is dadelik tasbaar, al probeer albei dit ontken. Maar wanneer Renske begin stories hoor van die duiwel-in-die-bos wat glo sy eks uit die weg geruim het, ontdek sy ’n donker kant aan Lucas wat haar bang maak, maar ook bedwelm. Intussen duik nog onheilspellende raaisels op. Wat steek hy vir haar weg? Hoekom waarsku almal haar oor hom? Wat beteken die hangertjie om sy nek? En wie stuur vir hom gedurig kriptiese, dreigende boodskappe? Hoe meer Renske hom leer ken, hoe sterker haar aangetrokkenheid, maar ook hoe groter die gevaar. Gaan hulle mekaar in hierdie waaghalsige stryd vol begeerte vind of vernietig? Droomjagter is ’n erotiese spanningsverhaal vol kinkels wat jou om meer as een rede uitasem sal laat.

    Leon van Nierop

    R 350.00

  • Leeumens
    Add to wishlist 0

    Leeumens

    Skatryk tweelingbroers wat vyf jaar gelede verdwyn het, se geraamtes word in ’n veld opgediep.Op aandrang van die Wes-Kaapse polisiehoof moet Kassie en Rooi die saak ondersoek, maar dit moet in die grootste geheimhouding plaasvind. Anders kan Kassie-hulle ook die gevaar loop om vermoor te word soos die drie speurders wat by die destydse verdwyningsaak betrokke was.’n Stikdonker onderwêreld, waar antieke voorwerpe miljoene rande op swartmarkveilings behaal, duld nie inmenging nie . . .

    Rudie van Rensburg

    R 375.00

  • Anoniem
    Add to wishlist 0

    Anoniem

    Kan jy vlug van wie jy regtig is? Lula Prins wil oor begin op Heydendal. ’n Nuwe lewe, ’n nuwe dorp, ’n nuwe naam. Anoniem. Dan stap ’n nuwe man ongenooid by haar lewe in en haar verlede begin haar inhaal. Kriek Kruger wil uitvind wat met sy laatlambroer, Dian, gebeur het. Het hy werklik na sy dood gespring of wil iemand dit na selfdood laat lyk? En wie het daardie verdoemende verslag geskryf wat hom finaal laat knak het? Terwyl Kriek na antwoorde soek en Lula van die spoke in haar verlede vlug, gooi die noodlot hulle saam in ’n opwindende, gevaarlike wentelbaan. Gaan Kriek uitvind wie sy regtig is? En kan ’n mens ooit werklik van jou jouself weg vlug?

    Chanette Paul

    R 380.00

Close