FREE delivery to all EXCLUSIVE BOOKS stores nationwide. FREE delivery to your door on all orders over R450. Excludes all international deliveries.

Afrikaans is 100

  • Kompoun

    Kompoun

    Nadia en haar nefie Xavie word op Groenplaas in die Overberg grootgemaak deur hul ouma, Sylvia McKinney, die "stammoeder van lieg", die een wat die waarheid laat val het soos ? duur porseleinblompot. Hulle twee probeer die waarheid aanmekaar las, die dinge waaroor daar in hul familie geswyg word: oor middelmisbruik en mishandeling, maar ook oor Antie Diana, die verhouding wat sy met 'n swart plaaswerker van die kompoun gehad het en die tweeling aan wie sy geboorte gegee het.

    Ronelda Kamfer

    R 210.00

    Not safe to deliver by Christmas NOTSANTA SAFE
  • Fees van die ongenooides

    P.G. du Plessis

    R 305.00

    Not safe to deliver by Christmas NOTSANTA SAFE
  • Rooiborsduif

    Rooiborsduif

    'n Oorsig van Breytenbach se digkuns is 'n volvlug oor die jare sestig tot vandag, waarin beide Europa en Afrika hulself radikaal geherdefinieer het. Die gedigte is chronologies gerangskik volgens die digter se lewensgang: jongmenslewe in Kaapstad, Parys, bannelingskap weens sy huwelik, terugkeer en tronkstraf, die buiteland. En oplaas 'n pendelaarslewe tussen noorde en suide van die aardbol, waarin tuiskoms slegs in die arms van die liefde is.

    Breyten Breytenbach

    R 260.00

    Not safe to deliver by Christmas NOTSANTA SAFE
  • Kies die Lewe

    Kies die Lewe

    1 review

    Ivor Swartz is 'n depressielyer, maar hy kies die lewe. Ivor na sy eie depressie en pleit dat ons geen mens oordeel vir wat hulle in die donkerste oomblikke gekies het nie. Hy gesels oor depressie onder tieners en reik 'n sagte hand uit na ouers wat 'n kind aan selfdood verloor het. In hierdie intense persoonlike, dog toeganklike reis gee Ivor nie maklike antwoorde nie, maar vra dat ons ons oe sal oopmaak vir mense rondom ons, en dat ons hulle sal ondersteun.

    Ivor Swartz

    R 50.00

    Not safe to deliver by Christmas NOTSANTA SAFE
  • Vleis

    Vleis

    Suid-Afrikaners is nou maar eenmaal gaande oor vleis. Dis onontbeerlik op enige feestafel, en vir die meeste van ons is selfs 'n gewone weeksaandete nie volledig daarsonder nie. Nie net is dit heerlik en vullend nie, dis ook propvol voedingstowwe wat goed is vir ons. Vleis: Die omvattende gids is 'n moderne ensiklopedie wat 'n ereplek verdien in die kombuis van almal wat graag vleis eet en gaarmaak. Afgesien van resepte vir smullekker vleisgeregte vir elke okkasie bevat dit hope inligting oor die beste manier om die verskillende snitte en soorte vleis te berei, hoe om vleis te vries of tot perfeksie te verouder, tesame met 'n hordes wenke om geur en sappigheid te verseker - alles sonder preserveer- en ander kunsmatige bymiddels. Die voedselwetenskaplike en gewilde kosskrywer Annelien Pienaar se passie vir goeie, volhoubare vleis word weerspieel op elke bladsy van hierdie boek. Vleis: Die omvattende gids is die enigste vleisboek wat jy ooit weer sal nodig kry. Dit bevat: Meer as 100 resepte wat die toets van die tyd deurstaan het - daar is beesvleis, lam en skaap, vark, pluimvee, afval en wildsvleis, en enigiets van maklike gesinsetes, tradisionele treffers en spoggerige onthaalkos tot kitsplanne met die oorskiet; Beskrywings van al die verskillende vleissnitte, hul gebruike en die beste metodes om dit gaar te maak; Nuttige inligting oor die voedingswaarde en veroudering van vleis, vleisterme en omskakelingstabelle; Ekstra resepte vir marinades, souse, soutmengsels, aftreksels en deeg wat vleis komplementeer.

    Annelien Pienaar

    R 320.00

    Not safe to deliver by Christmas NOTSANTA SAFE
  • Nuwe Geskiedenis van Suid-Afrika

    Nuwe Geskiedenis van Suid-Afrika

    Die nuwe, opgedateerde uitgawe van die topverkoper Nuwe geskiedenis van Suid-Afrika sluit bydraes in deur gerekende nuwe skrywers, wat die storie van ons land en mense reg tot op datum bring. Onder redaksie van Bill Nasson word nuwe insigte uit die geskiedskrywing en die argeologie ingeweef. Die boek begin by die onstaan van die mensdom, vertel dan die storie van die Khoikhoi, slawe en burgers, die groot migrasies van die pre-koloniale tyd en later trekboere en Voortrekkers. Dan kom die ontdekking van diamante en goud wat die gang van die politiek radikaal verander. Oorlog breek uit in 1899; ook oorloe in 1914 en in 1939 in Europa laat plaaslik nuwe kragte vry. Die boek vertel van segregasie, politieke organisasie en verset, en uiteindelik die oorgang. Hierna val die soeklig op die demokratiese presidentskappe en die onverwagte en onvoorspelbare onlangse geskiedenis, wat staatskaping -- en beurtkrag -- insluit. Met die nuutste inligting en invalshoeke word die volledige storie van Suid-Afrika en sy mense gesaghebbend dog leesbaar vertel.

    Hermann Giliomee, Bernard Mbenga, Bill Nasson

    R 260.00

    Not safe to deliver by Christmas NOTSANTA SAFE
  • Binneland In

    Dana Snyman

    R 220.00

    Not safe to deliver by Christmas NOTSANTA SAFE
  • Mooiste Sprokies van Grimm

    Mooiste Sprokies van Grimm

    Marita van der Vyver stel in hierdie pragbundel 'n persoonlike keur saam van veertig van die Grimm-broers se mooiste sprokies, wat sy self uit Duits vertaal het. Hier is bekendes soos Rooikappie en Klein Duimpie asook minder bekende sprokies soos Die goue voel en Ysterhans. Die internasionaal bekroonde kunstenaar Piet Grobler se onweerstaanbare illustrasies skenk nuwe dimensie aan 'n skatkis van magiese verhale wat oud en jonk sal betower. 'n Herdruk in sagteband.

    Marita van der Vyver

    R 150.00

    Not safe to deliver by Christmas NOTSANTA SAFE
  • 'n Vry Vrou

    'n Vry Vrou

    Krog is 'n internasionaal gerekende digter maar ook plaaslik geliefd. Vyftig jaar na haar opspraakwekkende debuut, Dogter van Jefta, verskyn daar 'n splinternuwe versameling waarin meer as honderd gedigte uit haar elf bundels saampraat. Verse oor eerste liefde, oor moederskap, oor die landskap, en oor onreg; oplaas ook oor ouer word. 'n Vry vrou bevat gunstelinge uit Krog se oeuvre maar ook minder bekende dog ewe verrassende verse. Saamgestel deur Karen de Wet, kenner van Krog se oeuvre.

    Antjie Krog

    R 260.00

    Not safe to deliver by Christmas NOTSANTA SAFE
  • Kaap, kerrie & koesisters

    Kaap, kerrie & koesisters

    In Kaap, kerrie & koesisters neem die tweelingsusters Fatima en Gadija ons op 'n Kaaps-Maleise kosreis wat terselfdertyd ook 'n lewensreis is, want die resepte word saamgesnoer met herinneringe aan hulle kinderjare op die Kaapse Vlakte. Die twee glo aan huiskos en resepte wat vinnig, maklik en bekostigbaar is. Maklik, maar nooit eentonig nie.

    Fatima Sydow, Gadija Sydow Noordien

    R 450.00

    Not safe to deliver by Christmas NOTSANTA SAFE
  • vrou in die blou mantel

    vrou in die blou mantel

    Bennie moet ring koop. En nie sommer 'n hierjy-ring vir sy Alexa nie. Hoe op aarde moet hy nou dit bekostig? Dan word 'n vroueliggaam gevind en sy word Bennie en Vaughn se probleem toe daar besef word sy's 'n buitelander: Alicia Lewis, 'n kunskenner op die spoor van 'n ou skildery. Wanneer Lithpel Davids die naam Billy de Palma in Alicia se skootrekenaar vind, weet Vaughn daar's groot fout. Want hy ken vir Billy, en Billy is bad, bad news . . .

    Deon Meyer

    R 220.00

    Not safe to deliver by Christmas NOTSANTA SAFE
  • Die Familiebybel

    Die Familiebybel

    Die Familiebybel het die volledige Bybel in die 2020-Afrikaanse vertaling met bykomende materiaal deur Johan Smith, spesiaal gemik op gesinne. Dit bevat artikels oor die gesinslewe deur die familiekenner, dr Johan Smith van Vita Amp; kaarte en 'n woordelys, Bybelstudiemateriaal vir ’n jaar; Bybelleesplan; ruimte vir julle familiestamboom en 'n bladsy om trou- en geboortedatums aan te teken. Hierdie Bybel sal 'n kosbare erfstuk vir julle gesin en groter familie word. 

    Bybelgenootskap van SA, Johan Smith

    R 180.00

    Not safe to deliver by Christmas NOTSANTA SAFE
  • Spertyd

    Spertyd

    Hierdie boek is die voltooiing van Elsa Joubert se outobiografiese drieluik wat ingelei is deur 'n Wonderlike geweld (2005) en Reisiger (2009). Dit fokus hoofsaaklik op die skrywer se latere jare, in die aftreeoord in Kaapstad waar sy nou al geruime tyd woon, maar haar belewenis van die hede en onlangse verlede word onlosmaaklik vervleg met herinneringe aan veel verder terug, alles geteken met die kenmerkende woordvaardigheid van een van Afrikaans se mees gevierde skrywers.

    Elsa Joubert

    R 290.00

    Not safe to deliver by Christmas NOTSANTA SAFE
  • In die Nimmer-Immer-Bos

    Linda Rode

    R 160.00

    Not safe to deliver by Christmas NOTSANTA SAFE
  • Demokratiese Republiek van Braai 2

    Demokratiese Republiek van Braai 2

    “Dis jou demokratiese reg om ordentlik gebraaide kos te eet. Die Demokratiese Republiek van Braai is ’n plek waar jy saam met vriende en familie om ’n vuur staan om ons nasie te vier, waar jy geselsies maak en stories deel. Dis ’n plek waar jy nooit weer swaar hoef te sluk aan swak braaikos nie.” – Jan Braai. So belowe Jan Braai se Demokratiese Republiek van Braai. In dié nuwe uitgawe deel Jan sy heel lekkerste braairesepte om te voldoen aan jou reg om net die beste te braai. Met uitsonderlike resepte vir bees, hoender, skaap, vis en wat nog is daar geen verskoning om ooit weer smaaklose braaikos voor te sit of te eet nie. Jan gebruik bekende, maklik verkrygbare bestanddele en sit die resepte duidelik en in logiese stappe uiteen. Hierdie braaihandves sal jou help om geleidelik van die kombuis na die vriendelike braaivleisvuur te beweeg!

    Jan Braai Jan Braai

    R 514.00

    Not safe to deliver by Christmas NOTSANTA SAFE
  • Eugene

    Eugene

    Eugene ken van skollies, gangsters en crooks. Hy is streetwise, al lyk hy nou soos iemand uit die upper-middle class. Hy kom immers uit die ghetto se killing fields van die 60's, 70's en 80's. Maar nou is dit baie jare later. En die ou alliances met sy kindervriende Alan, Huey en Jenny na alles destyds in Hillbrow tussen hulle skeefgeloop het, bestaan nie meer nie, en Eugene word aangekla van moord. 'n Aangrypende roman oor vriendskap en verraad.

    Kirby Van der Merwe

    R 260.00

    Not safe to deliver by Christmas NOTSANTA SAFE
  • Jakkals en Wolf

    Jakkals en Wolf

    Dit is nie net Wolf wat onder Jakkals se streke deurloop nie, maar die ganse diereryk - van koning Leeu tot die kleinste diertjie ry aan die pen. Niemand is bestand teen die uitgeslape Jakkals se poetse nie, en die een wat hom probeer terugkry, kom steeds die slegste daarvan af. Maar soms loop Jakkals tog sy rieme styf en dan moet hy net bontstaan met sy slim bek om uit die moeilikheid te kom, want dis gewoonlik diep moeilikheid!

    Pieter Grobbelaar

    R 202.00

    Not safe to deliver by Christmas NOTSANTA SAFE
  • Voorouer. Pelgrim. Berg.

    Voorouer. Pelgrim. Berg.

    ’n Vrou, Katerina Steenkamp, haar oog ferm op die berg, gaan op ’n aanlyn dating site en ontmoet mense met onverwagse gevolge. ’n Man, sy kop vol apokaliptiese frases, patrolleer die strate sonder enige sigbare voorneme of doel. ’n Ander man hou die naghemel dop en wag op die koms van ’n elliptiese tuig. Nog ’n vrou, aan die einde van haar lewe, besin oor haar huwelik, en die lewens van haar drie susters. ’n Uitdagende roman, wat bowenal dui op vernuwing in Winterbach se werk.

    Ingrid Winterbach

    R 305.00

    Not safe to deliver by Christmas NOTSANTA SAFE
  • Kyk na My

    Kyk na My

    Met hierdie unieke boek vertel Nataniel die verhaal van'n kindertyd in drie klein dorpies en een groot voorstad, 'n era waartydens reels blindelings gevolg is en oor 'n jong seun met 'n oorweldigende vrees vir die gewone. 'Kyk na my' is Nataniel se eerste volwaardige memoir.

    Nataniel

    R 260.00

    Not safe to deliver by Christmas NOTSANTA SAFE
  • Plaasmoord

    Plaasmoord

    Plaasmoorde het nooit juis vasstrapplek gekry in die ylbevolkte Noord-Kaap nie - maar dan word Freddie Swarts, 'n dertigjarige opkomende skilder, en haar aangenome dogter aaklig vermoor.

    Karin Brynard

    R 360.00

    Not safe to deliver by Christmas NOTSANTA SAFE
  • Biblioteek aan die Einde van die Wêreld

    Biblioteek aan die Einde van die Wêreld

    Prokureur Ian Brand stuur ’n ondeurdagte twiet die kuberruim in en sy lewe word oornag pure hel. Thuli Khumalo, studenteaktivis op ’n kampus wat stink na petrol en traangas, moet kies tussen vaderverraad of haar beginsels versaak. En al hoe gereelder slaan ’n kruisboogmoordenaar in die Moederstad toe . . . Dié tergend aktuele roman sê veel oor die tyd waarin ons lewe, waar “die waarheid” klaarblyklik ’n onhaalbare ideaal is.

    Etienne van Heerden

    R 330.00

    Not safe to deliver by Christmas NOTSANTA SAFE
  • Spreekwoorde en Ander Segswyses

    Spreekwoorde en Ander Segswyses

    Spreekwoorde en ander segswyses bevat: 10 765 spreekwoorde en segswyses, 1400 nuwe spreekwoorde en segswyses, interessante inligting oor en verklarings en vertaalekwivalente vir die spreekwoorde en segswyses. Spreekwoorde en ander segswyses is ’n handige naslaanwerk vir Afrikaanse en Engelse gebruikers.

    Anton Prinsloo

    R 230.00

    Not safe to deliver by Christmas NOTSANTA SAFE
  • Skepsel

    Skepsel

    Aan die Kaapse Weskus versorg Rebecca Maas haar sterwende pa in 'n tegnologies gevorderde slimhuis, 'n huis wat praat in 'n halfbekende stem. Op die horison, 'n olietenkskip. 'n Posthuman biohacker trou met die enorme skip, en maak kuns oor die wittebroodsreis. En in die yswildernis van Svalbard verdwyn 'n navorser se minnaar spoorloos. Hulle is daar om geheimsinnige spierwit items te ondersoek - dalk beendere, maar dan beendere wat vertak en ineensmelt soos geen bekende skepsel s'n nie.

    Willem Anker

    R 280.00

    Not safe to deliver by Christmas NOTSANTA SAFE
  • Maan is Swart

    Maan is Swart

    Hierdie keur bevat van Adam Small se gewildste - en gee ook aandag aan sy minder bekende - gedigte. Die doel van hiedie versameling is om sy bydrae tot Suid-Afrikaanse letterkunde, en Kaaps, te vereer. Die klem word geplaas op die tersaaklikheid en veelsydigheid van sy stem. Adam Small se eerste bundel het in 1957 verskyn en dekades later gee sy woorde steeds 'n stem aan die gemarginaliseerdes en die werkende stand. Die maan is swart is saamgestel deur Ronelda S Kamfer.

    Adam Small, Ronelda Kamfer

    R 305.00

    Not safe to deliver by Christmas NOTSANTA SAFE
  • Chokers en survivors

    Chokers en survivors

    This overwhelmingly honest debut collection of poems, written in the Kaaps dialect, present the reader with the stark reality of life on the Cape Flats in a voice that is courageous, compassionate and unflinchingly unapologetic.

    Nathan Trantraal

    R 260.00

    Not safe to deliver by Christmas NOTSANTA SAFE
  • Speurhond Willem in Australië

    Speurhond Willem in Australië

    Willem is weg! Adriaan doen speurwerk en vind uit dat Sherlock, Willem se seun, as snuffelhond in Australie werk. Maar daar word berig dat Sherlock daarvan verdink word dat hy kop in een mus is met 'n berugte smokkelbende. Adriaan weet dat Willem hom beslis nerens anders as in Australie bevind nie - besig met sy eie snuffelwerk om sy seun se naam in ere te herstel. Adriaan en Willem se eerste avontuur doer onder is vol aksie. Boonop maak 'n paar ou bekendes hulle verskyning . . .

    Elizabeth Wasserman

    R 120.00

    Not safe to deliver by Christmas NOTSANTA SAFE
  • Eilande

    Eilande

    Eilande is nie net 'n titel nie - dis 'n gebeurtenis. In hierdie onstuitbare epos word die eerste jare van die Kaapse nedersetting herroep in sewe grootse taferele uit die lewe van ses historiese manfigure wie se lewens op byna onnaspeurbare maniere in mekaar vervloei. En om wie vloei hulle? Om die wese van 'n vrou, Pieternalla in wie se liggaam wit en bruin bloed saamgevloei het tot 'n noodlot. Hierdie sewe mans is almal deur haar aangeraak. Sy is die spilpunt van 'n genadelose geskiedenis van dood, liefde en oorlewing. Die verhaal strek ver en wyd: oor drie oseane, drie vastelande en 'n handvol eilande. Dit loop, soos 'n groot rivier, met geweldige versnellings wat die leser insluk en meevoer. Maar oraloor kom dit ook tot rus in die lewe van gewone mense. Dit beantwoord baie vrae. Hoe ervaar 'n honger inboorling die driemaster wat stadig op die rotse loop reg daar op die lykus waar hy woon?

    Dan Sleigh

    R 435.00

    Not safe to deliver by Christmas NOTSANTA SAFE

Login

Forgot your password?

Don't have an account yet?
Create account